Wildman Ghongskietkompetisie
Posted: Sun Nov 15, 2015 5:29 pm
Saterdag, 14 November 2015, het die Durbanville Skietklub die jaarlikse Wildman Ghongskiet-kompetisie aangebied. Vier bane met vyf ghongs elk is opgestel waar skuts uit verskillende posisies vyf skote binne twee minute moes skiet. Die posisies was : 1. uit-die-vuis, 2. sit-oor-'n-mikstok, 3. staan-oor-'n-skietstok en 4. sit-by-'n-tafel-oor-'n-"X-bag". Ghong-grootte het gewissel van 150 mm tot 200 mm.
Uit die aard van die afgstande, was nr. 4 die moeilikste. Toe ek die oggend by die baan opdaag, was daar ‘n “rangefinder”, netjies op ‘n driepoot, by nr. 4 opgestel. Baie het daar deur die apparaat kom loer en daar was ‘n dame wat die voordele van hierdie optiese intrument besing het. Uiters insiggewend, sou ek reken, as hierdie afstande nou vinnig gememmoriseer kan word. Die naaste 276 en die verste 406 meter en dan nog die tussenin-drie ook.
Maar, O wee, dit is waar die ”paw-paw die fan gestrike” het. Ek sal maar eerder nie die “rangefinder” se naam noem nie. Die verste ghong was toe eintlik 490 meter en die tussenin-klomp ook nie heeltemal wat die apparaat gesê het toe die knoppie gedruk is nie. Nodeloos om te sê, hier het my en baie ander ouens, se wiele toe afgeval.
Hier is die top tien uit die 76 mans en dames wat meegeding het – naam en getal ghongs uit 20.
1. N Laubscher 19
2. JC Van Niekerk 18
3. JP De Smidt 18
4. W Els 17
5. JE Livingstone Louw 16
6. F Danzfuss 16
7. Pillip Olivier 16
8. MJ Harmse 15
9. Thomas Theron 15
10. Corné vd Vyver 15
Thomas Theron is een van ons moderatore en ons hoor ook baie van Corné vd Vyfer en Nico Laubscher hier op die forum. Die Ou Ballie se broek het, nadat hy verlede naweek sy bors uitgestoot het, afgeval.
Ns. Waar skuts dieselfde telling gehad het, is ‘n uittelsisteem gebruik om die posisie te bepaal.
Baie dankie aan Wildman, wat talle pryse voorsien het en belowe het om volgende jaar weer so te maak.