Page 1 of 2
Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 1:34 pm
by Ockert1992
Middag Manne,
Ek wil sommer bietjie hoor. Watter leatherman Multitools gebruik julle?
Ek het tans 'n skeletool. Hy is baie nice en soos met alle leathermans is die kwaliteit uitstaande.
Ek soek egter nou iets met 'n bietjie sterker tang. Ek kyk na of die Wave 2 of die sidekick. Die wave is seker die gewildste van almal. Is daar ander wat ek ook kan oorweeg?
Dink julle daar is 'n mark vir 2de handse leatherman? As ek nou myne sou wou verkoop om optegradeer na 'n nuwe.
Groete
Ockert
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 1:35 pm
by Kallie Fernhout
Ek het die MUT baie sterk en lekker mes vir my
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 1:36 pm
by DWB
Wave 2 al vir jare
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 1:42 pm
by Arnold
Ek wil nog 'n Skeletool CX kry, tans het ek die Surge.
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 1:46 pm
by alecjohnson
Ek het die surge vir elke dag. Dan vir backup het ek supertool 300
Leatherman knipmes
En die hookia jagmes met groot bellyripper.
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 1:47 pm
by Geno
Ek het 'n Blast, Supertool, en Charge.
Die Blast is in my vis sak, die Supertool in my bakkie recovery kit, en die Charge in my Cruiser.
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 1:51 pm
by NJ_v_N
Wat ek van die Wave 2 hou is die ekstra bits wat kan uit ruil, het my al baie uit die moeilikheid gehelp by die werk en in die veld.
Van die ander mag ook dalk die fasaliteit hê
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 2:28 pm
by JTM
Ek het 'n Charge. Baie lekker tool, maar swaar om aan die belt te dra. Dit lewe in my skietboks en het al paar keer op die skietbaan gehelp in nood.
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 2:32 pm
by Striker.
Ek gebruik die Charge Tti. Vreeslike lekker multitool en baie handig. Ek kan die Supertool 300 ook sterk aanbeveel. En jy kan jou mes by 'n plek soos Cape Union Mart ingee, hulle stuur hom vir Leatherman, hulle diens hom, slyp en vervang gebreekte parte en stuur dit dan terug na die winkel toe. Sonder enige bykostes. By Nampo het hulle ook elke jaar 'n stalletjie wat dit vir jou slyp en diens. Goeie waarder vir geld en puik diens. Hy hou jou 'n leeftyd, as jy hom nie misplaas of ta hom by jou kollekteer nie.
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 3:09 pm
by kudu375
Ek dra elke dag my Charge Titanium, en ek gebruik hom elke dag.
my 10 jaar oue wave ingestuur deur cape union mart, hy was so opgebruik hulle het my 'n nuwe ene gegee, hy rus in my kluis.
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 4:21 pm
by alecjohnson
Ek ruil omtrend maandliks my leathermans om by Awesome tools self, eenkeer toe ek die tang se een helfde weggeweld het het hulle vrae gevra, maar ook sonder stress omgeruil vir 'n nuwe!
Re: Leatherman's
Posted: Thu Nov 19, 2015 4:30 pm
by Tienie
Supertool 300 (as jy plek op jou heup het)
Hys groot en lelik maar jy kan baie punch vat.
my ander leatermans le net in die kluis vandat ek so 5 jaar terug vir "ouboet " supertool 300 aangeskaf het.
Re: Leatherman's
Posted: Fri Nov 20, 2015 9:26 am
by Dirkvh
Ek dra die Juice C2 daagliks, die tang is nou nie so sterk soos die 300 nie, maar ek weet nie van hom aan my sy nie, lekker gemaklik.
Ons workshop verkoop die C2/Style combo by vir R695, asook die Wingman vir dieselfde prys.
Re: Leatherman's
Posted: Thu Jan 21, 2016 10:10 pm
by Dewan
Ek het 'n Charge XTi. Voor dit 'n Supertool 200 gehad (nou discontinued). As ek die Charge moet verloor sal ek dit met 'n Wave 2 vervang. Selfde funksies teen 'n meer 'sakpas' prys. Sterkte met die besluit-kan nie maklik wees met al die verskillende opsies nie!
Re: Leatherman's
Posted: Fri Jan 22, 2016 1:44 am
by Pappabeer
Victorinox swisstool al sedert 1998- die kwaliteit. Is baie beter as die leathherman, maar die diens is nie naby so goed by hulle agente soos by awesome tools nie.
Dan n Wingman by die werk. Lekker lig. En kompak, maar hhy doen die job. Lem word gou stomp, maar slyp net so vinnig.
Leatherman Micra aan die bakkie se sleutels. Die skêr is baie handig
Re: Leatherman's
Posted: Fri Jan 22, 2016 7:48 am
by cassie_calvinia
Dan n Wingman by die werk
ek kom nie na jou toe vir 'n operasie nie.
Re: Leatherman's
Posted: Fri Jan 22, 2016 8:10 am
by Gawie(13mm)
cassie_calvinia wrote:Dan n Wingman by die werk
ek kom nie na jou toe vir 'n operasie nie.
As jy by hom aanmeld, moet hy jou gewoonlik ontdooi voor hy jou boude en blaaie maak.

Re: Leatherman's
Posted: Fri Jan 22, 2016 2:04 pm
by Carl
Gawie(13mm) wrote:cassie_calvinia wrote:Dan n Wingman by die werk
ek kom nie na jou toe vir 'n operasie nie.
As jy by hom aanmeld, moet hy jou gewoonlik ontdooi voor hy jou boude en blaaie maak.

HAhaha JA

Re: Leatherman's
Posted: Fri Jan 22, 2016 2:33 pm
by vossie1
Ek het die Leatherman Charge tti wat baie handig vir elke dag dinge
Re: Leatherman's
Posted: Fri Jan 22, 2016 5:35 pm
by Pappabeer
cassie_calvinia wrote:Dan n Wingman by die werk
ek kom nie na jou toe vir 'n operasie nie.
Nee Cassie. Jy dink aan die Felco 4. Dis seker fair noudat n wheelspanner wettig op n vlakvark is?
Re: Leatherman's
Posted: Fri Jan 22, 2016 8:26 pm
by ALM
Ek geniet my Surge geweldig. Een van die groot vereistes was dat die grepe op die "body" nie 'n mens se hande moet knaag wanneer jy die tang gebruik nie. Nadeel is wel dat dit 'n bonkige ding kan wees vir sommige om aan die sy te dra die hele dag.
Re: Leatherman's
Posted: Fri Jan 22, 2016 11:57 pm
by Hein M.
Ek het maar sagte handjies, so die Skeletool is my beste pel die afgelope 6 jaar. Sonder probleme...

Re: Leatherman's
Posted: Sat Jan 23, 2016 1:58 am
by Tertius Steyn
Jis jis ek gebruik n Leatherman Rebar, het n pulse gehad maar het gebreuk toe stuur ek hom weg, kry toe die Rebar, baie gelukig met hom,,, sal graag n swisstool wil kry eendag

Re: Leatherman's
Posted: Mon Feb 08, 2016 2:34 pm
by tau
kudu375 wrote:Ek dra elke dag my Charge Titanium, en ek gebruik hom elke dag.
my 10 jaar oue wave ingestuur deur cape union mart, hy was so opgebruik hulle het my 'n nuwe ene gegee, hy rus in my kluis.
Ek het die crunch, ou standaard een en dan die Charge TI. Dra elkedag my Charge, maar hy is maar sag ek ruil ook gereeld, maar hy werk hard en ek ge hom geen genade nie. Die crunch is maar useless en die vicegrip funksie is nie so handig vir allerdaagse take nie.
My grootste issue is sakkies ek gaan deur 2 'n jaar. moet seker na leër verander een of ander tyd. Die klomp verskillende bits help baie op die trokke se dashboards ens.
Awsome tools is baie goed en vra nooit vrae nie.
Re: Leatherman's
Posted: Mon Feb 08, 2016 2:38 pm
by JuanVE
Ek gebruik die Wave nou al vir jare. Sy tang is nie vir draadmaak nie, maar wel vir alles rondom die huis. Baie lekker en handige tool om te he.