Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MOAR
Posted: Sun Nov 22, 2015 12:00 pm
Ek het lank uitgesien om hierdie teleskoop te toets, nadat ek die eerste een gesien het wat n MilRad kruishaar gehad het. Daar het onlangs n besending in gekom met die MOA kruishaar. Ek wil juis die MOA toets, omdat ek al my kompetisie en baan gewere nou toerus met MOA teleskope in die FFP (First Focal Plane) formaat.
Ek verkies MOA kruishare aangesien die Turret verstellings ook in MOA is, en dit dus baie maklik is om n vinnige aanpassing te maak op lang afstande as jou eerste skoot nie op teiken is nie. Die App wat ek gebruik gee ook vir my die elevasie en wind aan in MOA, en ek kan dus n baie vinnige afmik punt kry op my kruishaar wat vir my die presiese windskuif gee.
Ek verkies die FFP teleskope deesdae vir baanskiet nadat ek met my eerste Nightforce ATACR gesien het hoe effektief ek die wind en afstande afmik punte kan skat met die FFP wat se afmikpunte waar bly, ongeag die vergroting waarop die teleskoop gestel is. Die rede daarvoor is dat die kruishaar indelings groei en krimp saam met die verstelling van die vergroting, en jy op enige vergroting gebruik kan maak van die afmik strepies vir wind, en ook om gonge te skat, aangesien die afmikpunte altyd waar is, ongeg die vergtoting. Jy kan ook as daar baie Mirage is, afkom in jou vergroting en al jou mikpunte bly nogsteeds reg. Omdat die kruishaar ook dukker en dunner word soos jy aan die vergroting verstel, kan die kruishaar lyk of hy te duk raak op 25 x vergroting. Maar as jy in die veld of op n baan skiet, sien jy vinnig dat dit nie n probleem is nie.
VLT het vir my hierdie teleskoop geleen om deur sy passies te sit. VLT behoort nou aan African Hunting Supplies wat ook dan nou die nuwe invoerders van die Burris reeks teleskope is.
Eerste indrukke van die teleskoop is dat hy regtig baie goed gemaak is en beslis baie rigied en sterk is. Die 34mm buis lyk sommer na besigheid, en die turrets is groot en verstel baie positief, en is ook baie mooi gemerk. Op sy paralax verstelling aan die kant, het hy ook n ekstra verstelknop wat sy Illumination skakelaar is. Hy kan baie flou tot baie helder stel, met n af skakellaar tussen elke helderheid verstelling, wat baie oulik is en baie handig kan wees. As jy van n bepaalde helderheid hou, hoof jy nie die hele verstel knop weer terug te draal na af, jy klik hom net een klik vorentoe of agtertoe om hom af te skakel.
Ek het die Burris op my .260 Rem gemonteer met n stel Ken Farrell ringe wat ek by Geno gekry het vir n toets. (meer oor die ringe later). Ek was beindruk toe ek hom wou boresight en toe ek sien hy is reeds presies op teiken. My eerste skoot op 25m was reg onder die plakkertjie, soos ek hom wou he. (dit getuig ook hoe presies die Ken Farrel ringe oplein, asook die scope se interne opleining uit die fabriek uit. My tweede skoot was op 100m en ek was vebaas toe hy presies in die plakkertjie sit. Dit het nog nooit met my gebeur dat ek in slegs 2 skote presies reg was nie.
Ek het sommer dadelik 17 klicks opgestel en die 300m ghong aangevat. Daar het n geskatte 8mph wind vanaf 10uur gewaai (ek skat altyd die wind eerste, en meet hom dan nadat ek geskiet het om my eie skils te toets). Bullet Flight het gese hy gaan my 1.2 MOA afdruk la regs, en ek het op die kruishaar die nodige afmik strepie gesoek en op hom ge mik. Ek moes eers die handleiding bekyk, aangesien die MOA afmerk punte nie soos my ATACR sin gelyk het nie. Ek sien toe dat die "widage" merkies in 1/2 MOA indelings is, en dit het veroorsaak dat die kruishaar bietjie besiger gelyk het as my Nightforce sin. Toe ek dit eers uitwerk, was dit baie maklik om presiese afmikpunte te kry vir die wind. Die afmerkpunte bo en onder die kruishaar is in 1 MOA strepies afgemerk. Toe die skoot loop het die ghong gelui.
Ek het die turret verstel na 29 clicks, 1.7 MOA wind gegee en die 400m ghong laat sing. Opgewonde het ek die turret na 42 clicks gedraai, 2.2 MOA wind gegee en ook die 500m Ghong gelui. Volgende was die 575m ghong se beurt met 2.5 MOA wind, en toe die 625m gong teen die kranslys met 2.8 MOA wind. My tevredenheid was hoog toe ek die gonge in n ry kon raakskiet met my eerste skoot op elke afstand. Dit getuig van die teleskoop se verstel vermoee.
Om dit te bevestig het ek weer na zero teug verstel, en toe op 100m in die plakkertjie geskiet met my eerste skoot. Ek het die teleskoop 20 clicks regs, en toe 20 op, 40 links, en weer 20 af, en weer 20 regs verstel met n skoot op elke verstelling. Die laaste skoot was weer in die plakkertjie. Ek was 100% oortuig dat die teleskoop presies verstel soos hy moet. Ek was baie beindruk. Ek het ook gekyk hoeveel hy skuif met elke 4 clicks en gesien dat hy presies skuif soos ek vra. Ek was baie beindruk.
As dit by helderheid kom, was hy beslis nie in die klas van my Nightforce ATACR of my Zeiss Diavari's nie, maar nog heeltemal duidelik genoeg om my skote baie mooi te kon sien op 300m voordat die Mirage te erg geraak het. Toe die Mirage erg loop, kon ek met geen van my teleskope meer my skote sien op 300m nie. As ons in ag neem dat ek hom met die helderste teleskoop in die wereld vergelyk nl: die Zeiss Diavari Victory, en ook die nuwe ATACR wat nie veel agter hom is, dan is sy helderheid meer as voldoende. As ek net deur hom gekyk het, en nie deur die ander twee, sou hy vir my heeltemal duidelik genoeg gewees het. Maar daar is honderde ander teleskope wat ook maar swaar sou opweeg teen die bogenoemde twee.
Die kruishaar werk regtig baie lekker as jy so bietjie met hom gewerk het en hom gewoond geraak het. Sy kruisie in die middel "float" en is dus los van die res van die kruishar wat maak dat jy die kruishaar baie vinnig optel en alhoewel die kruishaar redelik besig is, pla dit dus nie. Die "holdover lines" is gemerk in 1 MOA afmerk lyntjies, en op die horisontale kruis op die kante het hy 1/4 MOA afmerkies wat jy kan gebruik vir afstand skat indelings wat baie lekker kan werk.
Kyk hier hoe hy lyk http://www.burrisoptics.com/reticles/scr-moa
Nadat ek n dag met die teleskoop gewerk het, dink ek dat dit n uiters lekker teleskoop is vir baanskiet, en veral Veldskiet, teen n redelik bekostigbare prys. Hulle verkoop tans so tussen R 21, 795 en R 22, 600.00. As jy kyk na soortgelyke teleskope wat jou dieselfde bied, met beter glas, is die prys ten minste dubbeld wat die Burris kos.
Die teleskoop kom ook met opwip lens klappe voor en agter en n sunshade wat voor op skroef.
Ek is so beindruk met hom gewees, dat ek beslis vir myself een gaan aanskaf. Ek wag net om te hoor of my volgende geweer lisensie goedgekeur is. (natuurlik nog n .22 250 met 1/9 twist loop - Howa) As dit te lank gaan neem, gaan ek in elk geval een koop en vervang hy een van my ander teleskope.
So lyk hy gemonteer met die Ken Farrel ringe.
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8207_zpstzlvvggw.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8215_zpsrrtuum2u.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8208_zps7cg28dop.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8216_zpsru42nkng.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8214_zpsn6xgaokt.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8217_zpsf0rszxvs.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8220_zpsmxkwxqlu.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8214_zps02hcwzp3.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8221_zpspaj3ujj3.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8222_zpstf9zxzup.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8219_zpsfwenyip4.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8218_zpsxl67iawy.jpg