Page 1 of 1
GSP grawe na China
Posted: Thu Nov 26, 2015 8:02 pm
by Forester
Naand almal,
Ons het 2 GSPs, 'n reun van 'n jaar ou en tefie van 5 maande. Die reun was relatief maklik om groot te maak, hy het nie veel skade aangerig nie. Die tefie aan die ander kant is 'n hele ander storie. Sy het al die hele tuin opgegrawe, dit lyk of sy oppad is China toe!!! Het iemand asb vir my raad? Sy grawe so baie dat sy amper nie meer naels oor het nie. Hulle kry albei genoeg oefening, het baie speelgoed en bene om hulle besig te hou.
Groete
Wynand
Re: GSP grawe na China
Posted: Thu Nov 26, 2015 8:43 pm
by Frikkie Coetzee
Vra haar om my Pointers daar te ontmoet en takeaways terug te bring. Sit R100 onder die collar en vra vir sweet en sour pork.
Ernstig n oomblik. Oefen haar baie moeg. Baie baie moeg. Dit verminder dit
Re: GSP grawe na China
Posted: Thu Nov 26, 2015 11:53 pm
by Carel Kolesky
My 2 was albei tuiniers tot op n jaar-daarna vanself rustiger.Mooi hond wat jy daar het.
Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Nov 27, 2015 4:42 am
by hennief
Myne was ook dieselfde tot op so 18 maande.
Byt maar vas...
Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Nov 27, 2015 7:42 am
by Baasvark
Op daardie ouderdom bestaan daar amper nie so iets soos "genoeg oefening" nie!
Dit verskil maar van hond tot hond maar jy kry dit!
My tefie is nou 2 maande en my reun 2 jaar......
Sal sien of sy dieselfde doen!
Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Nov 27, 2015 7:55 am
by Johnnie De Wet
Sy is duidelik onbewus dat hul honde in China eet.

Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Nov 27, 2015 10:17 am
by johannvdg
Wynand,
Ek het al 2 sulke GSP's gehad, en hulle draai die beste honde uit, as 'n mens hulle reg hanteer, hulle forseer jou om bietjie meer kreatief te raak met hul opleiding.
So pas jou opleiding aan, deur dit meer challenging te maak, as jy dit regkry gaan jy met 'n yster van 'n hondjie sit.
Sterkte en geniet die "ride"
Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Nov 27, 2015 4:22 pm
by Forester
Baie dankie vir julle replies! Sy is reeds 'n yster van 'n hondjie, ek het nog nooit 'n hond gesien wat so gretig is om goed te "fetch" nie. Klink of ek maar net geduldig moet wees.
Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Feb 19, 2016 9:28 am
by Forester
Ek kom staan alweer met my hoed in my hand en vra vir raad. Hierdie hond is besig om ons onder te kry en baie moeilikheid te veroorsaak. Sy grawe verwoed sodra mens die huis verlaat. Ek het al peper gegooi, haar eie stront in die gate gegooi, pakslae gegee, selfs plek gemaak waar sy kan grawe en klomp bene en kloutjies daar begrawe, enige iets waaraan ek kon dink maar niks help nie. As ek dit nie kan stop nie sal sy 'n nuwe baas moet kry. Dit sal baie jammer wees want sy is 'n puik jaghond, glad nie gun shy nie, hard mouth nie en is super gewillig om te werk. Kan iemand dalk help asb?
Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Feb 19, 2016 10:22 am
by Forester
Baie dankie vir jou reply Ludwig! Ek het gehoop daar is 'n goedkoper oplossing, maar sy het 'n sportdog collar, ek sal kyk of daar dalk 'n "add-on" of iets is dat mens dit vir die heining ook kan gebruik. Ek het al gedink om ogiesdraad oor daai deel te span, maar weet nie of dit net 'n mors gaan wees nie...
Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Feb 19, 2016 10:24 am
by Forester
Die ander probleem is dat sy op verskeie plekke grawe, maar haal gunsteling is by die voordeur natuurlik sodat almal dit kan sien...
Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Feb 19, 2016 10:32 am
by ruaanb
gaan wreed klink maar wat van 'n groot genoeg plek waar jy haar kan toe maak bedags? Dit kan ook 'n tipe van skeidings angs wees.
Lees bietjie hier:
http://dogtime.com/dog-health/dog-behav ... on-anxiety
Google ook seperation anxiety in dogs.
Dit kan oorbrug word maar daar is werk wat voorle. Sterkte.
Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Feb 19, 2016 10:36 am
by matewis
Forester ek glo nie vir een oomblik dat daai gesiggie moeilikheid kan maak nie!

Botter sal nie smelt nie..
Pragtige hond
Re: GSP grawe na China
Posted: Fri Feb 19, 2016 10:47 am
by Forester
Dit klink definitief soos skeidingsangs, dankie Ruaan! Nou vir die oplossing vind...
Re: GSP grawe na China
Posted: Thu Mar 24, 2016 12:01 pm
by Forester
ruaanb wrote:gaan wreed klink maar wat van 'n groot genoeg plek waar jy haar kan toe maak bedags? Dit kan ook 'n tipe van skeidings angs wees.
Lees bietjie hier:
http://dogtime.com/dog-health/dog-behav ... on-anxiety
Google ook seperation anxiety in dogs.
Dit kan oorbrug word maar daar is werk wat voorle. Sterkte.
Net so bietjie terugvoer... Ek het Ruaan se raad gevolg en 'n gedeelte van die erf afgeskort, maar hulle het steeds genoeg plek en toegang tot die garage waar hulle bedags kan bly. Sy grawe nogsteeds asof dit uit die mode gaan, maar dis nou beperk tot slegs daardie area en die atmosfeer in die huis is 1000x beter! Ons het ook 'n punt daarvan gemaak om nie meer te groet as ons ry nie, maar dit eerder as 'n "non-event" te hanteer.
Re: GSP grawe na China
Posted: Thu Mar 24, 2016 12:13 pm
by ruaanb
Bly ek kon help maar daar lĂȘ nog baie werk voor as ek so luister. Wat jy ook kan probeer is obedience training met die sit en stay command waar jy geleidelik die afstand rek. Belangrikste is dat sy beloon word wanneer sy dit reg doen. Sterkte verder maar dit lyk of jy begin wen.
Re: GSP grawe na China
Posted: Sat Aug 20, 2016 12:38 pm
by Forester
Ek wou sommer kom wys hoe mooi hond sy word. Sy het nog baie werk nodig, maar grawe al baie minder. As ek 'n afleiding kan maak is die grawe en afskeidingsangs agv 'n tekort aan selfvertroue. Met tyd sal als wel regkom...
Re: GSP grawe na China
Posted: Sat Aug 20, 2016 12:52 pm
by SakoTrippel2
Baie mooi woef daai!
Groete
Frans