Page 1 of 1
Werfkatte eet lammers
Posted: Thu Dec 03, 2015 8:49 pm
by tripodmvr
Vanmiddag by my fisio gewees om my skouer te oefen.
Sy vertel dat die werfkatte by haar pa op die plaas ingeperk is binne die elektriese omheining buite om die huis. Hy het gevind dat die katte van die swak lammers wat op kraal gehou word, lewendig gevreet het. Selfs die jong katte het ook deelgeneem. Baie van die lammers moes vernietig word synde die buikwande weggevreet is.
Iemand op die plase al so iets beleef?
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Thu Dec 03, 2015 11:21 pm
by 222 Sako
Ek het al baie gesien dat hulle lammers vreet wat dood aankom of gevrek het net na geboorte. Maar self vang en dood byt nog nooit.
As mens sou wou weet of die lam geleef het na geboorte kan jy die longe in water gooi, as dit dryf het die lam geleef en kon die kat hom dalk vrek gebyt het as hy sink het hy nooit asem gehaal nie.
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Fri Dec 04, 2015 3:35 am
by tripodmvr
222 Sako wrote:Ek het al baie gesien dat hulle lammers vreet wat dood aankom of gevrek het net na geboorte. Maar self vang en dood byt nog nooit.
As mens sou wou weet of die lam geleef het na geboorte kan jy die longe in water gooi, as dit dryf het die lam geleef en kon die kat hom dalk vrek gebyt het as hy sink het hy nooit asem gehaal nie.
Dankie vir inligting oor nadoodse ondersoek.
Hier is dit 'n geval van swak lammers wat lewend in 'n beperkte gebied geplaas word. Die katte vreet net gedeeltes en byt nie noodwendig dood nie. Die dood tree later in a.g.v. bloedverlies en skok.
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Fri Dec 04, 2015 4:43 am
by Finfan
222 Sako wrote:Ek het al baie gesien dat hulle lammers vreet wat dood aankom of gevrek het net na geboorte. Maar self vang en dood byt nog nooit.
As mens sou wou weet of die lam geleef het na geboorte kan jy die longe in water gooi, as dit dryf het die lam geleef en kon die kat hom dalk vrek gebyt het as hy sink het hy nooit asem gehaal nie.
Baie interessant hierdie.
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Fri Dec 04, 2015 7:35 am
by 222 Sako
tripodmvr wrote:222 Sako wrote:Ek het al baie gesien dat hulle lammers vreet wat dood aankom of gevrek het net na geboorte. Maar self vang en dood byt nog nooit.
As mens sou wou weet of die lam geleef het na geboorte kan jy die longe in water gooi, as dit dryf het die lam geleef en kon die kat hom dalk vrek gebyt het as hy sink het hy nooit asem gehaal nie.
Dankie vir inligting oor nadoodse ondersoek.
Hier is dit 'n geval van swak lammers wat lewend in 'n beperkte gebied geplaas word. Die katte vreet net gedeeltes en byt nie noodwendig dood nie. Die dood tree later in a.g.v. bloedverlies en skok.

. Ek verstaan so. Ek het dit maar gese vir wat dit werd mag wees.
Ek self glo die storie want katte is tog goeie jagters en op die ou end leer jy n dier baie dinge met kos.
As die lot dalk nog so af en toe oorgeslaan word met kos des te meer.
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Fri Dec 04, 2015 7:38 am
by Baasvark
tripodmvr wrote:Vanmiddag by my fisio gewees om my skouer te oefen.
Sy vertel dat die werfkatte by haar pa op die plaas ingeperk is binne die elektriese omheining buite om die huis. Hy het gevind dat die katte van die swak lammers wat op kraal gehou word, lewendig gevreet het. Selfs die jong katte het ook deelgeneem. Baie van die lammers moes vernietig word synde die buikwande weggevreet is.
Iemand op die plase al so iets beleef?
Ek het al gesien dat hulle klein varkies vang en vreet!
So ek kan dit glo ja!
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Fri Dec 04, 2015 8:12 am
by andre007
Marius. Ek het al op paar plase dieselfde / soortgelyk ondervind. In my geval was dit maar stoorkatte of die volk se katte wat wildgeraak het en marakkas gemaak het. Op 2 spesifieke plase vra die boere dat hulle moet omgedop word weens lammers byt.
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Fri Dec 04, 2015 8:22 am
by Geno
Finfan wrote:222 Sako wrote:Ek het al baie gesien dat hulle lammers vreet wat dood aankom of gevrek het net na geboorte. Maar self vang en dood byt nog nooit.
As mens sou wou weet of die lam geleef het na geboorte kan jy die longe in water gooi, as dit dryf het die lam geleef en kon die kat hom dalk vrek gebyt het as hy sink het hy nooit asem gehaal nie.
Baie interessant hierdie.
Baie leersaam! Dankie!
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Fri Dec 04, 2015 8:27 am
by tripodmvr
222 Sako wrote:Ek het al baie gesien dat hulle lammers vreet wat dood aankom of gevrek het net na geboorte. Maar self vang en dood byt nog nooit.
As mens sou wou weet of die lam geleef het na geboorte kan jy die longe in water gooi, as dit dryf het die lam geleef en kon die kat hom dalk vrek gebyt het as hy sink het hy nooit asem gehaal nie.
Dr G - medical examiner

Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Sat Dec 05, 2015 8:50 am
by johans
ja hier by my het wilde huiskatte dag oud persie lammers gevang.hulle sal dit doen as hulle honger word
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Thu Jun 09, 2016 8:04 pm
by Johann Marais
Baasvark, ek het ook al gesien hoe daai katte varkies vreet. Sommige boere sukkel regtig daarmee.
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Fri Jun 10, 2016 7:57 am
by Delrico
Nie heeltemal dieselfde onderwerp nie, maar ek het eenkeer op die plaas 'n klein katjie gaan haal waarvan die Pa 'n wilde groukat en die ma 'n gewone huiskat was. Ons het al ons dae gehad om te keer dat die kat nie my dogter se miniatuur Doberman vang nie. As die hondjie tjank moet ons hol laat dit vrek, want dan het die kat die hond aan die keel beet.
Re: Werfkatte eet lammers
Posted: Fri Jun 10, 2016 10:51 am
by Hein M.
Delrico wrote:Nie heeltemal dieselfde onderwerp nie, maar ek het eenkeer op die plaas 'n klein katjie gaan haal waarvan die Pa 'n wilde groukat en die ma 'n gewone huiskat was. Ons het al ons dae gehad om te keer dat die kat nie my dogter se miniatuur Doberman vang nie. As die hondjie tjank moet ons hol laat dit vrek, want dan het die kat die hond aan die keel beet.
Dit sal ek beslis glo. My pa het so 'n kat gehad. Daardie wilde nuk bly maar in hom. Hy het die buurt se honde gas gegee. As 'n vreemdeling naby hom kom, knor hy