Page 1 of 1
Aftsand tussen teëlgate?
Posted: Sat Dec 12, 2015 2:54 pm
by James Wilson
Ek het Donderdagaand 10 jakke geskiet waarvan 8 kleintjies was. Ek kon twee by een gat skiet en drie by n ander gat. By die eerste gat het ek n groot reun geskiet en by die volgende gat het ek n ou teef geskiet. Die ander twee het ek ver daarvan ook by n gat geskiet. Dit is op n saaiplaas wat al vir drie jaar oorlê. Die bietjie kos wat daar was is deur die beeste opgeëet. Daar is nog nooit op die plaas geroep nie. By elkeen van die gate was meer kleintjies oor as wat ek geskiet het. By die tweede gat was daar nog n groot jakkals, maar hy het nie naby genoeg gekom vir my om te skiet. Ek wou die gate bietjie anders hanteer het, maar die boer wat die bakkie bestuur het wou niks weet nie.
Wat my regtig verbaas het, is dat die teëlgate nie behoorlik 500m van mekaar is nie. Dit het ek nog nooit gesien nie. In aggenome die tetoriale strukture en sosiale kenmerke van jakkalse, wat sou die moontlike verklaring wees vir die gate om so buitengewoon naby aan mekaar te wees?
Re: Aftsand tussen teëlgate?
Posted: Sat Dec 12, 2015 4:10 pm
by Heinz Petersen
James, ek vra ook maar net. Kan dit nie wees dat daai jakalse nie gesteur word nie en dat daar heelwat kos aan die anderkant van die draad is.
Re: Aftsand tussen teëlgate?
Posted: Sat Dec 12, 2015 4:20 pm
by tripodmvr
Het dieselfde gedink oor voldoende kos sodat daar min kompetisie is. Moontlik is van die jakkalse familie - susters of broers uit 'n vorige werpsel.
Re: Aftsand tussen teëlgate?
Posted: Mon Dec 14, 2015 7:49 am
by James Wilson
Ek weet gladnie hoeveel kos daar is nie. Die buurplaas is ou grondboointjie lande, en ek weet jak se kind is lief vie die lande. Kan dit wees dat dit dalk die helpertjie is wat die keer dragtig geraak het?
Re: Aftsand tussen teëlgate?
Posted: Mon Dec 14, 2015 7:54 am
by Heinz Petersen
Ja James. Dit het ek al ervaar dat die helper n tyd na die ou teef haar kleitjies gehad het, dragtig was.
Waar is Cassie. Hy sal ook weet.
Re: Aftsand tussen teëlgate?
Posted: Mon Dec 14, 2015 8:21 am
by Geno
Hier is 'n kaart van 'n onlangse plaas wat ons gejag het.
Die neste van vanjaar is gemerk, met afstande tussenin aangedui.
27 jakkalse is op daardie plaas gedood die aand. Nog 5 is by sy buurman geskiet.
Let veral op hoe die neste om die huis (by die 920m merk) gekonsentreer is.
Die boer jag gladnie, en besit nie 'n geweer nie. Dis lekker om daar te kom dan wys hy elke nes vir jou uit, en hy vertel jou hoeveel kleintjies in elke nes is.
CLICK OM GROTER TE MAAK.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Neste.JPG
Re: Aftsand tussen teëlgate?
Posted: Mon Dec 14, 2015 9:46 am
by cassie_calvinia
dink nie helper sal kleintjies kry nie.
hier is gate darm so 1 in 2000ha.
hoe oud was kleintjies?
hul loop al lekker rond. en dan skiet mens hier 2, daar een, en so rol dit maar.
so ruk terug het iemand gepraat oor 'n boer wat net ry met lig, en as hy iets sien, skiet hy.
aanvanklik het ek nie gedink dit sal skade maak nie.
tot ek vrydag daar naby oom Heinz se plaas gaan jag het.
man ry ook met lig rond.
het 6 jakkalse ingeroep, maar as daai oe flash, draai hul om, en hol die rante uit.
was nie snaaks gewees nie(jammer vir hijack, moes dit net uit my gestel kry)
Re: Aftsand tussen teëlgate?
Posted: Mon Dec 14, 2015 10:31 am
by BeesBreet
By ons is stelle jakke se gebiede tussen 300 en 400ha... As daar kos is sal daar baie jakkalse wees... Landerye het baie muise en springhaas rotte assook baie voël lewe... Dus baie kos.
Re: Aftsand tussen teëlgate?
Posted: Sun Jan 17, 2016 5:34 pm
by Wayne
Cassie, we seem to also have a pair to 2000 - 2500 ha. I wish all farmers could give us as much info as Geno's clients, but again they are more concentrated in those areas.