Page 1 of 1
Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Mon Jan 04, 2016 8:51 pm
by Bernhardt
Hi julle. Ek is opsoek na iemand wat lang haar, aka wire hair Jack russells verkoop. Sal graag n baba hondjie wil he
Ek is van Secunda, maar is nog tot 7de of 8ste Januarie in Mosselbaai area.
Sal julle hulp waardeer as iemand kan help.
Groete
Bernhardt
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Tue Jan 05, 2016 8:21 am
by vaalseun
Jy kan vir Thys du Toit bel hy boer net so 40 km van Geoege af agter die Outeniqua berge in die lang kloof
Hy het kleintjies gehad so ruk terug weet nie of hulle nog beskikbaar is nie ma probeer ma. Dis die moeite werd
om net te gaan kyk na sy honde . Sy nr is 082 854 2585
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Tue Jan 05, 2016 9:41 am
by Geno
Hallo Bernhardt,
Ons het van hulle. My Pa is op Secunda. PM my om te reel dat jy na sy honde gaan kyk. Ons kan jou dan op die regte telers sit.
My teef behoort volgende maand of Maart op hitte te kom, dan gaan ons haar by 'n bitter goeie reun sit, sou jy wou wag.
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Tue Jan 05, 2016 3:54 pm
by vossie1
Geno ek sal ook later belang stel,ek soek al lank na n steekbaard teef vir my reun. Hy word nou 11 die 2de April en is die beste slimste hond met uitstekende temperament en snot vinnig (was). Hy is n medium been en my plan was om hom by n mooi steekbaard teef te kty want dit sal n absolute sonde wees om sy gene tot nuut te laat gaan. Ek het al een van sy kleintjies vir n vriend van my gegee en hy het presies dieselfde eienskappe as sy pa.
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Tue Jan 05, 2016 10:23 pm
by Bernhardt
Dankie Vaalseun en Geno. Ek sal verseker bietjie met Thys kontak maak en Geno ek sal jou kontak sodra ek terug is in Secunda!
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Wed Jan 06, 2016 8:14 pm
by Geno
Pieter Matthee het hierdie reun beskikbaar.
11Julie gebore. Een van ons tewe kom uit dieselfde werpsel uit. Sy is die hond met die meeste jagdryf wat ek nog gesien het.
Pa - Crunch uit Zinzan en Sprite.
Ma - Moyra uit Fred en Moya.
R1500.00
Thabazimbi.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160106/42984923ee3053081c7e350cdd091bb5.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160106/95a07b6217ea3f2e62d7984236483187.jpg
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Fri Jan 08, 2016 11:05 am
by Bernhardt
Hi Geno. Dankie maar wil graag op 8 weke he. Het nou al met JR's gesien jy moet eintlik al van 6 weke af hul leer om daai hardkoppigheid te verminder. Het my reun wat oorlede is op 6 weke gekry en dit is ongelooflik dat hy binne 2 dae geleer het om te sit. Hulle leer ontsettend vinnig as hul so klein is. Ek is weer maandag in Secunda dan sal ek graag na jou pa se JR wil gaan kyk
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Fri Jan 08, 2016 11:07 am
by Geno
Dood reg. Ek het weer die teenoorgestelde ervaar.
My een teef wou niks weet van leer tot sy 'n jaar oud was nie. Nou is sy 'n plesier om mee te werk.
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Fri Jan 08, 2016 11:19 am
by Hein (Haan)
My buurman se jack russel het my seun se wirehaired terrier bygekom ek die 6 hondjies is die naweek gebore. As jy belangstel in een kan jy met my praat ek sal hulle hier op die forum sit vir n goeie huis as hulle oud genoeg is.
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Wed Jan 13, 2016 8:55 am
by Bernhardt
Dankie aan Geno en sy pa met die hulp om die meneer op te spoor. Is baie opgewonde en kry hom 12 Feb
IMG-20160112-WA0004.jpg
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Wed Jan 13, 2016 3:23 pm
by vossie1
Lekker man,geniet daai brak as hy mooi geleer is dan is hy net n plesier.
Re: Lang haar Jack Russel gesoek
Posted: Fri Feb 05, 2016 10:57 am
by honda2
Ons het self so een en hy is n muisjagter duisend. Hy is geweldig intelligent en as hy die dag besluit hy wil iets doen dan sal hy. Daar is min drade wat hom sal binne hou. Baie lojaal maar soek baie aandag. Sal n fantastiese plaashond maak.