Page 1 of 1

Sterkies geelvis

Posted: Tue Jan 05, 2016 7:21 am
by Pvdw
Manne hier was so 2 of wat manne wat voorgeneem het om Sterkies te besoek.

Vertel bietjie hoe en met wat julle die vis ingebring het.

Hier is so foto of wat van my vis.

Re: Sterkies geelvis

Posted: Tue Jan 05, 2016 7:25 am
by Pvdw
Hier is van my 2 seuns se vis.

Re: Sterkies geelvis

Posted: Tue Jan 05, 2016 7:26 am
by Pvdw
Sonsondergang vanaf die kortwal.

Re: Sterkies geelvis

Posted: Tue Jan 05, 2016 7:31 am
by Pvdw
ons het aanvanklik erg gesukkel met die vis. Hulle het aktief gespawn maar die vis buite die spawn beddens wou niks droeëvlieë vat nie.

Ek het toe maat besluit om 'n klein nymfie te suspend so 30cm onder die dry. So het ek darm 6 van my 8 vis op die nymf gevang. Die ander 2 was in swak lig op die droeë vlieg gevang.

Die dam is die leegste wat ek hom ooit gesien het en moes ons al ons bekende spots verby loop en na nuwe plek gaan soek. Dit was lekker om nuwe dele te gaan verken en so leer mens elke keer iets nuuts op Sterkies.

Re: Sterkies geelvis

Posted: Tue Jan 05, 2016 7:41 am
by henried
Nice!
Daai dam se geelvis is darm besonders.
Ek het dalk 'n geleentheid om Feb daar te gaan vang. Ek hoor die dam is baie laag...

Re: Sterkies geelvis

Posted: Tue Jan 05, 2016 8:15 am
by JacquesT (Stompe)
Lekker man, 'n paar mooi goue stawe wat julle daar gevang het. Moet bieg ek ken die dam glad nie, al net 'n keer of wat daar verby gery.

Groete,
Jacques Theron

Re: Sterkies geelvis

Posted: Tue Jan 05, 2016 8:17 am
by Carl
https://lh3.googleusercontent.com/7lifnAHXWV0XIpDAugm3iS8Z7JeO0ZMTmPU6ARjj0-CrCz2WQrzYl3cse94zn1vwsU-IXjaWgFMSIQiL5mq6O3OWHp398gA7bQj-HtyuPWBhHs7EPexW_7InFhhQDy5ujSjgOCUwycbkhCsr7enOEq9zxzNJ45L6eMq-KmQZz2ZOCAMvxyUeYBeMZEpnhbh4Dyj2vmBNR2NFH8Vm8HuOocvfH0j_Jjch2D6EQKiZjjwSbSYRD6iiI2t7BLsp3lAbbaHqGkspnnSQUZG9NOsVFdW6hUQBU9BCC_DvaMImL4ycv0H2GXSrHgAC5NZvNcJRlsw80GlkkiavIsePknfz4_XO2_hQUL7W2dCqSprsLsUiFTU8Edhd39azUUcmqOv8BTRNivHXnK9H9zZSoi6c--UZgQFGQ1Y9932grO3RpgybIWhyHmwkjG4Gw3xADZegmAkuAu3njV0eC4AiZ2PWMVaENcM2hzfpayRYq85mKlx2Hq90B0l9D9tES6n2GK0BpuRluZw-1opaQL55fTSiEm4wN0BphVv5catgG5cBmIS11icTUA99holJxlCMkdSxoW89=w1020-h776-no
Ek was so paar dae daar. Die vissie het uitgekom op 'n "Foam Beetle" ;D

Lekker Peet, mooi visse!

Re: Sterkies geelvis

Posted: Tue Jan 05, 2016 9:09 am
by Pvdw
Carl daai is 'n lekker vet vis!!! Lyk vir my meer soos 'n largie??

Die 2 dae wat ons daar was was daar amper zero oppervlak aktiwiteit. Ons moes maar aanpas by die omstandighede.

Re: Sterkies geelvis

Posted: Sat Jan 09, 2016 11:47 pm
by Jake1
Geluk man, paar mooi visse so saam die seuns.