Page 1 of 1

Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plekke

Posted: Fri Jan 08, 2016 1:26 pm
by Geno
Manne,
Johan se vrou het so pas laat weet:
Hi Geno,

Die enigste oop tyd is 24 April vanaf 14:00 tot 27 April 10uur. Dan is daar vanaf 21 Augustus vanaf 14:00 tot 31 Augustus 10:00 weer plek. Die ander dae is oopgehou vir reperasies en gidse om te rus voor groot groepe inkom.

Groete,
Janine


Pryse is as volg:
CLICK OM TE VERGROOT
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/WGV2015.JPG


Om die jag reƫls af te laai:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/497 ... %20AJK.doc

Om te bespreek, mail vir Janine by: janinemouton224@gmail.com

Fotos van die plaas en bokke kan hier gesien word:
https://www.facebook.com/groups/386171091576054/

Die plaas is al hier bespreek:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 8&start=25

Groete
Eugene

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Fri Jan 08, 2016 1:45 pm
by Geno
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/wgveland2.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/WGVkoedoe.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/wgvelande.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/wgvgems.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/wgvrooibok.jpg

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Fri Jan 08, 2016 2:16 pm
by baas
Sal nie om gee om daai eland te skiet op daai foto nie, maar my budget laat dit nie toe nie.

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Fri Jan 08, 2016 2:40 pm
by OU VOORSLAG
Daai bul sal ek darem ook graag wil laat val.

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Fri Jan 08, 2016 7:38 pm
by Ashley
Die diere lyk baie mooi as ek so na daai fotos kyk

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Fri Jan 08, 2016 8:13 pm
by Chris (vdB)
Stop die mense Steenbokkies op of wat doen hulle met die bokkies om daai pryse te regverdig? Net vir interresantheid, ek sien oral vra hulle vreeslikke pryse vir Steenbokke en Duikers.

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Fri Jan 08, 2016 8:50 pm
by Johan Nel
Brandewyn Ratel wrote:Stop die mense Steenbokkies op of wat doen hulle met die bokkies om daai pryse te regverdig? Net vir interessantheid, ek sien oral vra hulle vreeslike pryse vir Steenbokke en Duikers.
Of dit in hierdie geval so is weet ek nie, maar vir mense wat nie nee vir 'n antwoord wil vat nie, bring dit die boodskap soms tuis deur die persoon deur sy ore te laat betaal vir iets wat die boer nie regtig wil laat jag nie... 8)

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Fri Jan 08, 2016 9:15 pm
by VdWalt
Daai eland is nie op die spyskaart nie.

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Sat Jan 09, 2016 12:01 am
by Chris (vdB)
Johan dankie, dit maak sin

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Sat Jan 09, 2016 7:22 am
by VdWalt
Maar ek het planne vir daai rhb met die 6.5.

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Tue Jan 12, 2016 11:53 am
by Geno
Manne,
Sien asb my eerste post. Hy is aangepas.
Ek het 2015 se pryslys opgehad.
2016 se pryse is as volg aangepas. R30 verhoging vir jagters. R20 verhoging vir gaste en kinders.
Alle elandbulle toe vir jag.

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Wed Jan 13, 2016 10:01 am
by Baasvark
Drop box pryslys maak nie oop nie maar van die wildspryse op die pryslys lyk nie te bad nie....

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Wed Jan 13, 2016 10:10 am
by Geno
Baasvark wrote:Drop box pryslys maak nie oop nie maar van die wildspryse op die pryslys lyk nie te bad nie....
Pryslys in die eerste post is die korrekte een.

Re: Wildegansvlei - Rooibokkraal 2016 - Laaste paar oop plek

Posted: Wed Jan 13, 2016 5:00 pm
by Johan Nel
Die pryse op die waterbok koeie lyk heel aantreklik. Waar is Capt Oblivious nou, hy soek mos een vir die jaar... O0