Page 1 of 2
460 G&A
Posted: Sun Jan 10, 2016 1:30 pm
by Gerhard
Ek het n ruk terug begin soek na n werks geweer in n groot kaliber wat een van die dae elke dag saam met my veld toe moet gaan as veld gids en veral as ek begin trails gudiing doen.
Daar was n klomp kalibers om na te kyk 458 Win, 458 Lott, 450Rigby, 500Jeff en selfs die 505 Gibbs.
En toe loop ek n kaliber raak wat ek nooit voorheen regtig raak gelees het nie. 460 Guns & Ammo
Eers toe ek die kaliber sien het ek mis gelees en asn geneem dis die 460 Weatherby maar hoe meer ek begin lees het hoe meer hou ek van die kaliber.
As veld gids is skiet die heel laaste opsie om jouself en jou gaste te beskerm, dit betekin jy skiet n olifant, buffel, leeu of wat ookal jou wil trap of byt op baie kort afstand.
Hier het jy dus n kaliber nodig wat n stopper kaliber is en met n 500gr mono reguit en diep kan penetreer want n olifant bul afhangende van die hoek van waaruit geskiet word moet moet die 500gr tot 2m diep kan penetreer om by die brein uit te kom en die ligte af te sit.
Die 460G&A is gebaseer op die 404 Jeff dop, skiet n 458 kaliber koel.
Die kaliber kan n 500gr teen 2350fps skiet as hy warm gelaai is en n 550gr teen 2100fps.
Die dop het meer kapasiteit as die 458 Lott wat dit ideaal maak vir Somchem kruit.
Ek het ook na n Mauser aksie of Bruno 602 aksie gesoek vir die groot kaliber en dinge het toe ook so bymekaar gekom dat ek n Bruno 602 raak geloop het te danke aan DWB wat sy ore op die grond gehou het vir my.
Ek was nuwe jaar vir n paar dae by die huis vir my ouers se "memorial service" en kon toe gou na die geweer gaan loer en ook die lisensie in gee,
Ek was aangenaam verras toe ek sien die die aksie het n ingeboude pop up gaatjie visier.
Die V visiere gaan af kom en ek gaan net met die gaatjie visier skiet.
Die voorste visier gaan n rooi optic fiber pennetjie op kry.
Die hout kolf gaan ge pillar bed word as hy nie reeds is nie.
Uit en uit presies waarna ek gesoek het as n groot kaliber werks geweer.
Nou is dit die gewag vir die lisensie...
Re: 460 G&A
Posted: Sun Jan 10, 2016 1:34 pm
by JPS
Gerhard,
Maak jy nou klaar daar in Lapkop land?
Groete
Jan
Re: 460 G&A
Posted: Sun Jan 10, 2016 1:36 pm
by Gerhard
JPS wrote:Gerhard,
Maak jy nou klaar daar in Lapkop land?
Groete
Jan
Jan,
Einde Okt.
Dan is my 3de kontrak klaar.
Reeds genoeg gehaad vd woestyn en die lapkoppe,
Byt nou net vas vir laaste stuk.
Re: 460 G&A
Posted: Sun Jan 10, 2016 7:51 pm
by JPS
Sterkte,
Dis nog entjie, maar as hy loop soos laasjaar is dit vinnig verby.
Groete
Jan
Re: 460 G&A
Posted: Sun Jan 10, 2016 8:16 pm
by DWB
Bly ek kon help mater! Jy gaan hom baie geniet!
Re: 460 G&A
Posted: Sun Jan 10, 2016 8:55 pm
by tripodmvr
Is dit die kolf wat jy gaan gebruik. Indien wel lyk dit na laterale krake net onder diie aksie?
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:38 pm
by toelie
Regtig een besonderse kaliber en glo dat jy hom baie gaan geniet
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:41 pm
by Gerhard
JPS wrote:Sterkte,
Dis nog entjie, maar as hy loop soos laasjaar is dit vinnig verby.
Groete
Jan
Ons gee maar gas soveel as moontlik...
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:43 pm
by Gerhard
tripodmvr wrote:Is dit die kolf wat jy gaan gebruik. Indien wel lyk dit na laterale krake net onder diie aksie?
Ek het gekyk vir krake en daai streep is nie n kraak nie.
Sal wel as di geweer gebed word meer details kan sien as di metaal weg is vd hout.
Indien daar n kraak is sal ek n sintetiese kolf op sit
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:44 pm
by Gerhard
toelie wrote:Regtig een besonderse kaliber en glo dat jy hom baie gaan geniet
Dankie,
Ek dink ek en Suzie gaan lekker saam werk
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:47 pm
by NEGE3
Mooi roer Gerhardt.
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:49 pm
by Gerhard
NEGE3 wrote:Mooi roer Gerhardt.
Dankie baie.
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 3:10 pm
by Wouter Roets
Hallo Gerhard
Goed van jou weer vir n slag te hoor. By voorbaat welkom terug. Askuus as ek dit mis lees of verkeerd verstaan maar het jy klaar besluit/aansoek gedoen op die 460 G&A of oorweeg jy dit nog?
Groetnis
Wouter
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 3:12 pm
by Gerhard
Wouter Roets wrote:Hallo Gerhard
Goed van jou weer vir n slag te hoor. By voorbaat welkom terug. Askuus as ek dit mis lees of verkeerd verstaan maar het jy klaar besluit/aansoek gedoen op die 460 G&A of oorweeg jy dit nog?
Groetnis
Wouter
Dagse Wouter,
Nee ek het nog n hele klompie maande oor in die woestyn voordat ek die stof finaal kan af vee van my skoene en vars Afrika lug in asem.
Ek het reeds di geweer gekoop en lisensie in gegee las Dinsdag oggend voor ek terug gevlieg het Saudi toe.
Mooi loop
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 3:17 pm
by Wouter Roets
Gerard
Dan kan ek net se geluk met die kaliber en mag hy jou en jou kliente n geruste en veilige wandeling in die Afrika natuur besorg. Hoe gaan jy maak met doppe? Ek hou ook van die kaliber, maar as ek nou hiper krities moet wees sou ek hom net as n verlengde weergawe van die 458 African wou sien. Maw min body taper en 30 grade skouer.
Groetnis
Wouter
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 3:24 pm
by Gerhard
Wouter Roets wrote:Gerard
Dan kan ek net se geluk met die kaliber en mag hy jou en jou kliente n geruste en veilige wandeling in die Afrika natuur besorg. Hoe gaan jy maak met doppe? Ek hou ook van die kaliber, maar as ek nou hiper krities moet wees sou ek hom net as n verlengde weergawe van die 458 African wou sien. Maw min body taper en 30 grade skouer.
Groetnis
Wouter
Wouter,
Doppe is 404 Jeff brass wat gefire form word.
Ek het ongelukkig nie baie tegniese data hier in die woestyn op kantoor nie.
Maat doppe vergelyk tussen die twee kaliber doppe wat ek gesien het is die 460G&A dop langer met meer dop kapasiteit.

Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 3:46 pm
by Wouter Roets
Hallo Gerhard
Ek ken die kaliber redelik en dus my opmerking oor die ontwerp. Ek weet hy is langer maar sou minder body taper en skerper skouer wou sien soos met die 458 African. Maar moet jou geensins hierdeur laat afsit nie want dit is n bul van n rondte met baie wat vir hom tel. Met ons poeiers(S355) en n 500gr en 24 duim loop sal jy net onder die 2300ft/sek draai teen 60 000psi wat verseker baie medisyne is.
Groetnis
Wouter
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 3:53 pm

Dankie vir die info Wouter,
Ek gaan heel waarskeinlik die 550gr roete volg en hulle so teen 2100fps stoot as ons poeier dit toe laat.
n 550gr Dzombo mono solid gaan verseker n diep en reguit penetreer op enige gedoente wat wil byt of trap of skep...
Die ladings sal egter eers later in die jaar aan gewerk word as ek terug is by die huis.
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 3:59 pm
by Wouter Roets
Gerhard
Ja daai behoort haalbaar te wees. Skree maar as ons moet help.
Groetnis
Wouter
Re: 460 G&A
Posted: Mon Jan 11, 2016 4:01 pm
by Gerhard
Wouter Roets wrote:Gerhard
Ja daai behoort haalbaar te wees. Skree maar as ons moet help.
Groetnis
Wouter
Dankie Wouter,
Ja ek sal heel moontlik moet gaan skoor soek met n Blou Willie Dood Bees om te sien of die geweer werk ....

Re: 460 G&A
Posted: Tue Jan 12, 2016 7:34 pm
by Johan van Wyk
Die .460 G&A is 'n vergete MENEER kaliber. Min mense weet dit maar die oorspronklike lading ontwikkeling is vir Tom Siatos en Bob Petersen hier in SA gedoen deur Hennie Oosthuizen en Swannie Swanepoel. Hulle het ook die heel eerste .460 G&A hier gebou vir Tom Siatos op 'n Brevex aksie (as ek reg onthou).
Ek sou 'n lading van soorte kry wat 'n 500-grein Dzombo uitspoeg teen so 2 250-2 300 vps en net daar stop. Dis genoeg vir enigiets, en meer. Vergeet van 550's.
As die lewe regverdig was (wat dit nie is nie, helaas) was die .460 G&A sowel as die .460 G&A Short (wat soos 'n droom uit 'n standaard-lengte M98 werk) baie jare terug al gestandariseer gewees het deur 'n ieder en elk wat fabrieks-swaarkalibers vervaardig het.
Re: 460 G&A
Posted: Wed Jan 13, 2016 7:10 am
by Gerhard
Johan van Wyk wrote:Die .460 G&A is 'n vergete MENEER kaliber. Min mense weet dit maar die oorspronklike lading ontwikkeling is vir Tom Siatos en Bob Petersen hier in SA gedoen deur Hennie Oosthuizen en Swannie Swanepoel. Hulle het ook die heel eerste .460 G&A hier gebou vir Tom Siatos op 'n Brevex aksie (as ek reg onthou).
Ek sou 'n lading van soorte kry wat 'n 500-grein Dzombo uitspoeg teen so 2 250-2 300 vps en net daar stop. Dis genoeg vir enigiets, en meer. Vergeet van 550's.
As die lewe regverdig was (wat dit nie is nie, helaas) was die .460 G&A sowel as die .460 G&A Short (wat soos 'n droom uit 'n standaard-lengte M98 werk) baie jare terug al gestandariseer gewees het deur 'n ieder en elk wat fabrieks-swaarkalibers vervaardig het.
Johan,
Baie dankie vir die Info.
Dzombo's gaan my werks ladings wees.
Ek sal maar net moet loer hoe die geweer hou van 500's of 550's.
Ek sal later kyk na iets soos n Barnes TSX 475gr as daar so iets is vir wanneer ons agter katte aan stap.
Ek sien regtig uit om die geweer te skiet en die kaliber prakties te leer ken.
Mooi loop
Re: 460 G&A
Posted: Wed Jan 13, 2016 3:16 pm
by Johan van Wyk
Gerhard,
Ek twyfel of jy verskil gaan sien tussen 500's en 550's, veral op tipiese .460 G&A afstande. Jy gaan egter wel die verskil VOEL. 550's in enige van die warmer .458's trap hard!
Ek sou eerder die dopkapasiteit benut het om 'n 500-grein solid van soorte te skiet teen gesonde snelheid. Jy gaan dwarsdeur buffels skiet op die lang kant en deur meeste olifante ook. Meer as dit is nie nodig nie. Dood is dood.
Dis merkwaardig hoe seer 500-grein teen selfs 2 000 vps maak op groot goeters. In jou geval kan jy 250-300 vps bytel. Dis baie eina wat ons hier van praat.
Nogmaals geluk met 'n goeie kaliber.
460 G&A
Posted: Wed Jan 13, 2016 3:34 pm
by Gerhard
Johan van Wyk wrote:Gerhard,
Ek twyfel of jy verskil gaan sien tussen 500's en 550's, veral op tipiese .460 G&A afstande. Jy gaan egter wel die verskil VOEL. 550's in enige van die warmer .458's trap hard!
Ek sou eerder die dopkapasiteit benut het om 'n 500-grein solid van soorte te skiet teen gesonde snelheid. Jy gaan dwarsdeur buffels skiet op die lang kant en deur meeste olifante ook. Meer as dit is nie nodig nie. Dood is dood.
Dis merkwaardig hoe seer 500-grein teen selfs 2 000 vps maak op groot goeters. In jou geval kan jy 250-300 vps bytel. Dis baie eina wat ons hier van praat.
Nogmaals geluk met 'n goeie kaliber.
Johan,
Jy praat waar woorde...
Die groot geheim is belaans met interne en eksterne balistiek.
Soos jy se 500gr teen 2200/300fps gaan dinge mooi werk.
As die baas sy kant bring...
Re: 460 G&A
Posted: Fri Jan 15, 2016 9:29 am
by Gerhard
Ons het die kolf mooi bekyk en Koos het bevestig daar is n kraakie in die hout wat reg gemaak is.
Nou dis nie n groot train smash nie want ek wou in elk geval die hout kolf met n Armtec (jeffery) kolf vervang het op n stadium.
Later vanjaar sal ek die metaal laat Ceracoat wat saam met die sintetiese kolf mooi gaan werk as n werks geweer.
Behoort baie die selfde te lyk as my 375H&H as ek klaar is.