Page 1 of 1

7x57 Musgrave MOD 1908/34

Posted: Wed Feb 03, 2016 9:22 am
by Eric van Zyl
More Kerels.

Seblief kan iemand my help met informasie oor my geweer. Ek vra omverkoning as die vrae al voorheen gevra was maar ek kry nie n thread met die tiepe informasie nie.

Die geweer is n 7x57 mauser gemaak deur musgrave, maar die op die aksie staan "CESKOSLOVENSKÁ ZBROJOVKA, A.S., BRNO" en op die ander kant staan "MOD 1908/34". En die serial nommer begin met S98

Wat ek graag wil weet?
Is dit ongewoon om Musgrave gewere met BRNO aksies te sien?
Waneer en waar is die geweer vervaardig +-?
Is dit n K98 tiepe aksie?

As julle enige inligting oor die geweer kan bied sal ek baie dankbaar wees.

Groete
Eric

Re: 7x57 Musgrave MOD 1908/34

Posted: Wed Feb 03, 2016 9:39 am
by Gawie(13mm)
Daai roer van jou is nie deur Musgrave gebou nie.
Dit is heel waarskynlik deur hul herloop op 'n stadium.
Gaan loer bietjie op die skakel:
7 x 57

Die roere is deur CZ of dan BRNO vervaardig vir die Brasiliaanse polisie en weermag.
Dit is wel 'n "Model 98" tipe aksie en is rondom 1925 vervaardig.

Re: 7x57 Musgrave MOD 1908/34

Posted: Wed Feb 03, 2016 9:41 am
by Gawie(13mm)
Welkom op Jaracal.
Plaas 'n foto of twee van jou roer. Ek is vrek nuuskierig om te sien hoe hy lyk. Hoe het jy aan die wapen gekom en gebruik jy hom?

Groetnis,
Gawie.

Re: 7x57 Musgrave MOD 1908/34

Posted: Wed Feb 03, 2016 9:57 am
by tripodmvr
Eric

Gaan vertel ons meer oor jou en jou geweerpaadjie in die link hieronder

http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126

Re: 7x57 Musgrave MOD 1908/34

Posted: Wed Feb 03, 2016 10:06 am
by Eric van Zyl
More Gawie.

Ek het ook die storie raak gelees op die internet, maar die geweer het nie die Brasiliaanse "crest" op hom in gegrafeer soos die internet voorstel nie, en nog boonop het hy SA proefmerke op die loop en die aksie.

Re: 7x57 Musgrave MOD 1908/34

Posted: Wed Feb 03, 2016 10:09 am
by Eric van Zyl
Nog so n paar fotos.

Re: 7x57 Musgrave MOD 1908/34

Posted: Wed Feb 03, 2016 10:28 am
by Gawie(13mm)
Jy kan vir Daan Els hier op Jaracal kontak.
Hy sal meer lig op die saak kan werp.
daane@Dacapo.co.za
Hy was werksaam by Musgrave en is 'n wandelende ensiklopedie. ;D

Re: 7x57 Musgrave MOD 1908/34

Posted: Wed Feb 03, 2016 11:04 am
by swc-tr
Die geweer (loop en kolf) is wel deur Musgrave gebou, bemark as die Musgrave Sport 98.
Musgrave het net voor hulle toegemaak het, baie gewere gebou op verskeie Mauser 98 aksies wat hulle kon kry.

Re: 7x57 Musgrave MOD 1908/34

Posted: Wed Feb 03, 2016 11:42 am
by Eric van Zyl
Dankie manne. Ek het vir Daan n e-pos gestuur. Sal bietjie deel met die terugvoering wat ek kry.

Re: 7x57 Musgrave MOD 1908/34

Posted: Tue Jun 05, 2018 12:20 pm
by fluisterbuis
Hallo Eric,
Kon jy al meer uitvind oor die navraag van jou?
Ek sit met soortgelyke roer, net ander kaliber