Page 1 of 1
Windhond leer om draad te spring
Posted: Tue Mar 22, 2016 8:46 am
by Swarthaak
Haai
Ek het êrens op die forum gelees van 'n handleiding of iets om mens te help om honde te leer draadspring.
Is dit nog êrens beskikbaar?
Re: Windhond leer om draad te spring
Posted: Tue Mar 22, 2016 1:52 pm
by Baasvark
Sorg net dat jou buurman dit nie in die hande kry nie

Re: Windhond leer om draad te spring
Posted: Sun Mar 27, 2016 7:19 pm
by Swarthaak
Kan iemand my 'n paar wenke gee?
Re: Windhond leer om draad te spring
Posted: Sun Mar 27, 2016 8:26 pm
by Bakkies303
Kyk of daar nie dalk agility klub erens in jou omgewing is nie. Hulle behoort jou miskien te kan raad gee.
Re: Windhond leer om draad te spring
Posted: Sun Mar 27, 2016 8:32 pm
by Bakkies303
Nou net gesien daar is op youtube 'n clip hoe om hond te leer. Ek weet ongelukkig nie om clips te plaas nie.
Re: Windhond leer om draad te spring
Posted: Sun Mar 27, 2016 9:04 pm
by Banzo
Waar in die land is jy?
Bakkies303 se voorstel om 'n opleidingsentrum te soek sal seker die gouste resultate lewer en dan leer jy ook sommer hoe om die hond ander goed te leer. Ek kan SADTC voorstel (
http://www.sadogtraining.co.za) in die suide van Johannesburg.
Maar met bietjie geduld kan jy vêr kom met 'n YouTube les.
Re: Windhond leer om draad te spring
Posted: Sun Mar 27, 2016 9:15 pm
by Johan Nel
Ululo,
Miskien kan jy net meer detail gee van wat se draad hindernis die hond moet kan oorsteek. Diamant draad kan jy die hond leer oorsteek tot bepaalde hoogtes en mits dit die hond nie gaan seermaak nie. Gespande lyndrade en doringdraad gaan jy jou hond leer om deur te klim mits die lyne nie te na aan mekaar is nie, anders sal jy die hond moet help deurgaan. Lemmetjies draad is om ooglopende redes nie veilig vir 'n hond om te probeer oorsteek nie.
Re: Windhond leer om draad te spring
Posted: Mon Mar 28, 2016 10:11 am
by Bakkies303
Ululo, jy moet ook net pasop om die hond te jonk te leer draadspring. 'n Veearts het vir my gese deur op te 'n jong ouderdom ver ente met 'n hond te gaan draf, kan later heup probleme veroorsaak. Ek glo spring kan dieselfde effek he.
Re: Windhond leer om draad te spring
Posted: Mon Mar 28, 2016 10:44 am
by ruaanb
100% reg Bakkies. n hond moet nie hard werk op sy pote tot en met 18 maande nie. swem is hier die antwoord om jou hond te laat oefen en spiere te bou. Dit is veral van toepassing op jou groter rasse.
Re: Windhond leer om draad te spring
Posted: Mon Mar 28, 2016 1:19 pm
by Swarthaak
Baie dankie vir die inligting, mense.
Veral ook vir die wenk om liefs nie te gou te begin leer nie, van Bakkies303 en ruaanb.
Johan, die draad wat ek my honde wil (of dalk) wou leer om oor te spring is geroeste hakiesdrade. Ou veeheining wat seker in die 1940's opgesit is, soos dit vir my lyk. Meestal hou ek my honde dig by my as ons gaan stap, maar dit het al gebeur dat my reun (tefie nog nie, sy's maar elf weke oud) sommer dwarsdeur die draadheining gaan en homself beseer.
Ek het destyds 'n wolfhond gehad wat sy been 'n lelike sny gegee het deur so dwarsdeur die draad te gaan. Sy lang hare het die wond bedek, maar by 'n windhond sien mens mos als.