Page 1 of 1
Hond leer om buite te bly
Posted: Wed Mar 23, 2016 7:37 am
by Bakkies303
Ek het die naweek 'n klein Rhodesian Ridgeback hondjie van so 11 weke gekry. Die probleem is dat die hondjie die hele tyd tussen mense wil wees, anders gaan hy mal tekere. My erf is redelik groot so daar is oorgenoeg spasie vir hom om rond te hardloop. Tussen mense is hy heel rustig.
Hoe kan ek maak om die hondjie te kry om rustig alleen buite te wees sonder om die bure te pla?
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Wed Mar 23, 2016 8:52 am
by ruaanb
Tien teen een 'n mate van skeidings angs. Lees by die post.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... gs#p559780
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Fri Mar 25, 2016 9:42 am
by Bakkies303
Dankie vir die raad Ruaan.
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Fri Mar 25, 2016 10:29 am
by ruaanb
plesier vra maar ek werk baie met honde
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Fri Mar 25, 2016 10:57 am
by andre007
Bakkies jammer vir die hi jack maar dit sluit by die onderwerp aan. Ruaan aangesien jy ons dogwhisperer is hiermee my vraag. Het n JR gekry en is nou 7 weke oud en ek wil haar stelselmatig uitskuif buite toe. Wat stel jy voor. Al nadeel die mense by wie ons haar gekry het, het hulle van geboorte binnenshuis grootgemaak. En nou neig sy om van buite in te kom en op die koerant wat ons neersit toilet toe te gaan ?
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Fri Mar 25, 2016 12:40 pm
by Bakkies303
Geen probleem Andre. So leer ek ook miskien iets wat ek nie geweet het nie.
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Fri Mar 25, 2016 12:53 pm
by Heinz Petersen
Andre, jy sit daai hond net buite en klaar. Dit gaan n paar keer n getjank afgee en dan is dit oor. Sy het al klaar opgetel julle gee vir haar in.
Bakkies, speel daai hond moeg en as jy klaar is, los hom net buite. Die ander uitweg is om nog een te kry.
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Fri Mar 25, 2016 2:37 pm
by ruaanb
Heinz is reg. Wat wel sal help is dat wanneer julle haar buite sit vir haar een van die groot beesbene daai lekker knoppe te gee. Belangrikste hier is om nie te gaan stil maak etc nie want dan weet sy dit is die trigger.
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Fri Mar 25, 2016 2:41 pm
by ruaanb
Skuif ook daai gemorste koerant uit na n plek buite dat sy kan leer sy moet dit hier doen. onthou sy is geleer om dit op die koerant te kom doen. As sy dan inkom en mik om dit te doen tel op en vat gras toe dadelik.
beloon mildelik as sy dit reg doen en moet nooit skel en slaan etc nie. dit is waar baie mense dit verloor.
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Fri Mar 25, 2016 3:58 pm
by Bakkies303
Dit is juis die slaan wat ek van wil wegbly. Ek is net bang die hond maak homself seer met al die getjank, want dan probeer hy deurkruip om by my uit te kom. Hy is in die agterste gedeelte van my erf.
My doel met die hond is om hom te leer spoorsny, so ek probeer alles reg doen, seker somtyds te veel in die hond se guns. Dankie vir al die raad.
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Fri Mar 25, 2016 7:01 pm
by ruaanb
Die geheim is om mildelik te beloon sodra enige iets reg gedoen word. nog n opsie is om die hond te krat. Aan die begin gaan dit drama wees maar hulle leer so vinnig dat as ek saam werk my beloning is om uit die krat te mag kom.
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Sun Mar 27, 2016 11:29 am
by Bakkies303
ruaanb wrote:plesier vra maar ek werk baie met honde
Met watter tipe honde werk jy Ruaan?
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Sun Mar 27, 2016 11:33 am
by ruaanb
hoofsaaklik rottweilers het n baie sagte plekkie vir hulle. Ek help iemand wat n expert is met alle rasse.
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Sun Apr 03, 2016 10:36 am
by Bakkies303
Ek wil darem net so bietjie terugvoer gee. My hond is nou heel rustig in die nag en selfs in die dag. Wat ek gedoen het was om elke keer as ek na die hond gegaan het en hy nie geblaf of getjank het nie, het ek hom iets gegee.
My ma het my ook in die week laat weet dat ek iets soos 'n ou kledingstuk wat ek aangehad het maar nog nie gewas het nie, in die hond se hok te gooi. Ek het toe 'n ou kombers van my wat op 'n stoel in die motorhuis was in sy hok gegooi. Hy het al klaar baie op die stoel gele, dus was ons albei se reuke op die kombers. Van toe af was dit asof hy baie rustiger was.
Ek is nou besig om hom te leer spoorsny.
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Sun Apr 03, 2016 1:28 pm
by ou Bles - Gert
Bakkies303 hoe gaan jy te werk om n hond te leer spoorsny? Ek het ook n JR wat ek wil leer sy is nou n jaar oud
Re: Hond leer om buite te bly
Posted: Sun Apr 03, 2016 2:26 pm
by Bakkies303
Ek gebruik maar metodes wat ek op die forum gelees het asook op ander forums. Dit is my 1ste probeerslag, so ek is geen kenner nie. Stuur my jou nommer, dan gesels ons verder.