Page 1 of 1
Wat gaan aan mense?
Posted: Sun Mar 27, 2016 9:06 pm
by Louw123
Naand aan almal.
Word daar nie meer in die dag hier op forum geskiet nie.
Ek het lanklaas dagroep stories gelees. 2015 was die laaste gewees.
Kan nie wag om weer van die manne se suksese te hoor nie.
Groete.
Louw
Re: Wat gaan aan mense?
Posted: Sun Mar 27, 2016 9:11 pm
by tripodmvr
Louw, het jy dan nie sukses gehad nie? Vertel asb.
Ek loer ook in op 'n Aussie jagforum. Hulle het baie jagstories met fotos daarby. Kom manne!!!!!
Re: Wat gaan aan mense?
Posted: Mon Mar 28, 2016 7:03 am
by visser
Louw,jammer as ek dalk n bietjie hi-jack, maar oor dieselfde onderwerp;ek sal graag wil hoor waar ek die dagroep-dvd van heinrich kan koop.Ek is op Piketberg.
Ek het daar by my op die plaas n teef wat niks van n lig dink nie(nou al 3 reuns by haar geskiet in 8mnde)
Snaaks genoeg,antwoord elke liewe keer,kom ook nader maar kyk net een keer in die lig dan is dit verby.
Wil haar nou in die dag roep,maar wil darem eers daai dvd loer om sekere belangrike feite te leer om te prober om so min as moontlik skoolgeld te betaal
Groete
Re: Wat gaan aan mense?
Posted: Mon Mar 28, 2016 7:52 am
by Capt. Yoda
http://www.jaracal.net/catalog/, probeer hier
visser wrote:Louw,jammer as ek dalk n bietjie hi-jack, maar oor dieselfde onderwerp;ek sal graag wil hoor waar ek die dagroep-dvd van heinrich kan koop.Ek is op Piketberg.
Ek het daar by my op die plaas n teef wat niks van n lig dink nie(nou al 3 reuns by haar geskiet in 8mnde)
Snaaks genoeg,antwoord elke liewe keer,kom ook nader maar kyk net een keer in die lig dan is dit verby.
Wil haar nou in die dag roep,maar wil darem eers daai dvd loer om sekere belangrike feite te leer om te prober om so min as moontlik skoolgeld te betaal
Groete
Re: Wat gaan aan mense?
Posted: Mon Mar 28, 2016 9:50 am
by James Wilson
Louw, ek roep gereeld in die dag. Ons is n span manne wat so bietjie die dagroep metode afwissel. Veral as ons agter n skelm jakkals is. Ons sal so 200m uitmekaar sit, verkieslik beskut wees. Dan Die roepper bietjie verder as normaal uitsit. Lank wag en dan begin roep. Dit bly n lekkerte om te sien hoe kom daai hond in soos resiesperd
Re: Wat gaan aan mense?
Posted: Wed Mar 30, 2016 9:08 am
by Louw123
Goeie dag manne.
Bly om te hoor hiers nog lewe.
Tripod, ek het nog nie n dagroep gedoen nie en wil dit graag nog doen.
Ek het die 4de van die maand n wyfie kat geskiet. Eindlik gegaan vir jakke, maar niks gekry.
Die maan was lekker donker en net so onder n rand gestaan. Na so + - 30-35 min sien ek kieterkat kom lekker in geloop.
Lig pla rerigwàar nie vir kat nie. So + - 60-70 meter toe maak ek haar stil.
Meeste kere as ek vir jakke gaan , kry ek n kat.
Visser, jy hi - jack nie. Sterkte met daai skelm ligsku teef.
James ek moet ook gaan probeer soos jy daar se. Watse klanke gebruik jy in die dag dat daai honde soos perde hol.
Hoor graag jou resep as ek en ander mag ASB.
Dankie vir julle terugvoering manne.
Groete.
Louw
Re: Wat gaan aan mense?
Posted: Fri Apr 22, 2016 8:07 pm
by basie
Naand Tripod, wil graag weet op watter Aussie page jy kyk?
Al wat ek weet, jou hart moet sterk wees as daai jakkals so ingedraf kom na die roeper toe. Voel of hy uit jou borskas wil klim.
Mooiloop
Basie