Page 1 of 1

QL hulp vir beginner asb

Posted: Tue Apr 05, 2016 4:16 pm
by 2shot
Middag almal

Het onlangs begin herlaai en leer maar soos ek aan gaan.

Laai vir Howa 1500 .308
Loop lengte 20"/22" (nie 100% seker)
1:10 twist
Norma doppe 51mm
H2O 54.1
Hornady sst 150gr
Primers cci br
S335 lot 714
43.1gr
Tpl 71mm (2mm van lands)
2800 fps
2772 fps
2806 fps

Hoop dit help om my op die regte pad te kry.

Dankie
Chris

Re: QL hulp vir beginner asb

Posted: Tue Apr 05, 2016 4:21 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê Chris.

Ek sal jou sterk aanraai om die skrywe van Wouter te gaan deur lees.
Jy sal dan weet hoe om alles te meet en waarom jy dit moet meet.
Klik op die blou skakel: Quick load 101
Soos Tripod sê:" Om te meet, is om te weet!"
Wanneer jy nou al die relevante inligting verskaf, sal die manne jou kan help sonder 'n oor en weer bespreking.
Groetnis.

Re: QL hulp vir beginner asb

Posted: Tue Apr 05, 2016 4:42 pm
by 2shot
Maak so dankie. Het Hendrik v Rensburg se herlaai kursus gedoen. So ek weet so min of meer hoe die dinge werk. Hulle sê mos "knowledge is power" so hoe meer inligting en raad ek kan kry hoe beter

Re: QL hulp vir beginner asb

Posted: Tue Apr 05, 2016 4:47 pm
by Gawie(13mm)
Geen probleem.
Die manne gaan jou heen en weer stuur..
Een keer huiswerk doen en jy is reg vir die Hoër graad vra stel. ;D

Re: QL hulp vir beginner asb

Posted: Thu Apr 07, 2016 9:36 pm
by 2shot
Uiteindelik loop gemeet. 20"
Enige ander informasie nodig om te sê of ek op regte spoor is?

Re: QL hulp vir beginner asb

Posted: Thu Apr 07, 2016 9:55 pm
by tripodmvr
Dopvolume is nog nodig. Wil net noem dat Somchem 'n maksimum spoed van 2795vps verkry het met 'n 24 duim loop. As jy 100vps aftrek vir jou 20 duim loop dan kan jy verstaan as ek se dat jy baie oor maksimum spoed en dus maksimum druk is. Moet dus nie meer van sulke ladings skiet alvorens ons nie regstellings bereken het nie.

Re: QL hulp vir beginner asb

Posted: Sun Apr 10, 2016 10:34 pm
by 2shot
Dopvolume is 54.1 met h2o.
Maak n silencer n verskil aan spoed?

Re: QL hulp vir beginner asb

Posted: Sun Apr 10, 2016 10:35 pm
by 2shot
Of liewer hoe grote verkil maak silencer aan spoed?

Re: QL hulp vir beginner asb

Posted: Mon Apr 11, 2016 7:28 am
by tripodmvr
'n Knaldemper behoort geen invloed op spoed te he nie. Hy het eers invloed buite die loop en kan jou POI verander sodat jy jou teleskoop sal moet stel.

Hier is my berekening van jou 43.1gr lading.
2shot 308W Node 4.JPG

Die hoogste veilige spoed is by 'n chrony spoed van 2625vps. Gebruik 40gr en kom ons kyk hoe naby is jy aan die spoed. Druk is nou by 55K psi van maksimum 60K psi.

Re: QL hulp vir beginner asb

Posted: Mon Apr 11, 2016 1:06 pm
by 2shot
Baie dankie. Sodra daar weer n tydjie is sal ek toets en terugvoering doen