Page 1 of 1

Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Wed Apr 06, 2016 9:39 am
by BJ Welgemoed
Goeie dag

Ek is op soek na Australiese beeshondjies, weet iemand dalk van 'n teler wat ek kan kontak?

Groete
Bennie

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Wed Apr 06, 2016 11:42 am
by BeesBreet
My teuf gaan volgende maand reun toe... Waar is jy?

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Wed Apr 06, 2016 12:30 pm
by JuanVE
Skakel vir Charlene Buchner van Paterson by 082 - 6555333. Hulle teel die hondjies. Sy het 3 weke gelede nog oorgehad. Weet nie of daar nog is nie. Groete Juan

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Wed Apr 06, 2016 1:46 pm
by JuanVE
Bennie, die vrou van Paterson se hondjies is almal weg. Hulle is telers as jy haar wil kontak en jou naam op hul lys wil sit.

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Thu Apr 07, 2016 7:58 am
by BJ Welgemoed
BeesBreet wrote:My teuf gaan volgende maand reun toe... Waar is jy?
BeesBreet ek is van Postmasburg in die Noord Kaap. Waar is jy vandaan?

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Thu Apr 07, 2016 7:59 am
by BJ Welgemoed
Baie dankie JuanVE. Ek sal haar bietjie kontak

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Thu Apr 07, 2016 8:02 am
by BeesBreet
Ek is op Nottingham Road in Natal... Ek sal jou op hoogte hou as jy nie intussen regkom nie

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Thu Apr 07, 2016 10:24 am
by BJ Welgemoed
Baie dankie ek waardeer dit

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Fri May 13, 2016 8:39 am
by BeesBreet
BJ, lyk my die ou teufie is n queen... Sorry man sy het nie gevat nie

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Fri May 13, 2016 10:27 am
by Tal
My teef ook ongelukkig nie gevat nie.

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Wed Jul 06, 2016 7:32 am
by Tal
More Menere, my teefie het 7kleintjies gehad, 2reeds gevat, het nog 3teefies en 2reuntjies oor
Kontak my gerus vir details
0sewe22sewe68ses54

Hulle sal middel Augustus reg wees om te gaan.

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Wed Jul 06, 2016 10:47 pm
by LouisR
Tal van waar is jy?

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Sat Jul 09, 2016 5:33 am
by Tal
Kroonstad

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Sat Jul 09, 2016 6:54 pm
by LouisR
Dankie,ek het reeds jou nr deurgegee, dink vriend sal jou kontak Tal.

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Mon May 29, 2017 6:15 pm
by Tal
Ek het weer beeshondjies beskikbaar!
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170529/6cb24399f7792e4f5f3e9bfff2a90933.jpg

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Mon May 29, 2017 6:43 pm
by JPS
Ek moet bieg,

In my gedagtes het ek baie groter hondjies gesien in die benaming van hulle.

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Mon May 29, 2017 7:58 pm
by F.L.A.S.H
Tal

Werk ma en pa elke dag?

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Tue May 30, 2017 12:18 pm
by jankraay
Tal se honde staan nie stil nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Thu Jun 01, 2017 1:04 am
by Tal
F.L.A.S.H wrote:Tal

Werk ma en pa elke dag?
Honde werk gereeld. Maar nie elke dag nie. Die teef se instink is baie goed en het min werk nodig gehad vir skape, die reun is bietjie rof met skape.

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Fri Dec 29, 2023 4:05 pm
by BJ Welgemoed
Goeie dag

Ek is weer opsoek na Australiese beeshondjies, het iemand dalk n kontak van iemand wat moontlik beskikbaar het?

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Fri Dec 29, 2023 5:10 pm
by Ds J
PM op pad

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Mon Jan 08, 2024 11:10 am
by BeesBreet
Hierdie gaan nou dalk laf klink, maar as iemand beeshond kruis terriƫr (wire haired/jack russel/ foxy) kleintjies perongeluk kry, Ek soek so n teufie!

Dankie

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Tue Jan 09, 2024 2:00 pm
by ruaanb
Daai gaan n Wilde ding wees!

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Thu Jan 11, 2024 4:34 pm
by Dirkvh
BJ Welgemoed wrote: Wed Apr 06, 2016 9:39 am Goeie dag

Ek is op soek na Australiese beeshondjies, weet iemand dalk van 'n teler wat ek kan kontak?

Groete
Bennie
Daar is nou opregte kleintjies beskikbaar in Rouxville by Sarie Odendaal
072 594 2255

Re: Opsoek na Australiese Beeshond

Posted: Fri Jan 12, 2024 6:15 am
by BJ Welgemoed
Baie dankie Dirk, ek sal haar kontak