Page 1 of 1
Rooibok, waterbok en nyala te jag
Posted: Thu Apr 07, 2016 12:27 pm
by Sako75
More manne,
Ek het naby Paterson (80km van PE) te jag die volgende:
5x Penkop rooibokramme - vir vleis (R1000 elk)
2x Waterbokbulle - R5000 elk
3x Nyalabulle - R7000 elk
Dag jag, self-help
Groete
OPGEDATEER VIR 2017
Re: Rooibok en nyala te jag
Posted: Thu Apr 07, 2016 1:52 pm
by Boesman10
Teen wanneer moet hulle gejag word? Is die Rooibokke darem 'n mooi horing of is dit knypkoppe?
Re: Rooibok en nyala te jag
Posted: Thu Apr 07, 2016 2:11 pm
by Sako75
Ek wil alles maar so vinnig as wat moontlik is af he.
Die rooibokke is groot, nie meer krypkoppe nie, maar het 'n snaakse horing vorm wat ek nie mee wil teel nie. Ek het 'n groot ram in gesit en ek wil net seker wees hy doen alleen die werk.
Soortgelyk met die nyala. Die een horing is gevaarlik vir die ander teelbulle en ek wil hom liewer uit he voor hy skade maak.
Re: Rooibok en nyala te jag
Posted: Thu Apr 07, 2016 3:08 pm
by Thunderhead
Is die bokke in kampe?
Re: Rooibok en nyala te jag
Posted: Thu Apr 07, 2016 3:21 pm
by Boesman10
Ek kom 31 Mei daar verby. Indien die Rooibokke dan nog beskikbaar is sal ek belangstel.
Re: Rooibok en nyala te jag
Posted: Thu Apr 07, 2016 3:23 pm
by Sako75
Ons plekkie is 80 ha groot, bosveld, en daar is 'n heining om. So hulle is seker in 'n "kamp", maar nie in 'n kraal of in kampies soos vir 'n "teelprojek" nie.
Dit sal nie werk vir manne wat die gevoel van 5000+ ha se plaas wil kry nie.
Re: Rooibok en nyala te jag
Posted: Wed Apr 27, 2016 9:49 pm
by Boersonderroer
PM gestuur
Re: Rooibok en nyala te jag
Posted: Fri Jun 09, 2017 3:30 pm
by Sako75
Wild is weer vir 2017 beskikbaar