Dagroep hierdie tyd van die jaar
Posted: Sun Apr 17, 2016 9:43 am
Manne,
As n mens voltyds jag dan mis n mens so bietjie uit op wat aangaan in die jakkals wereld en wat watter tyd van die jaar gebeur, so wil gou hoor of julle my kan help. Het verlede week n teef saam met n klient geskiet op n dagroep. Dit het haar seker 40min gevat om in te kom. Ek het n jakkals gesien daar hardloop in die pad met iets in sy mond in die oggend. Een van n paartjie wat ons seker 6/10 keer sal sien wanneer ons daai area jag. Ek het begin met Enkel jakkals, stil gebly vir 20min. Elsneus, en stil vir so 15min, toe, ek dink dit was Tafjak 1, of 3, wat n enkel jakkals behels. Verder net stil gesit. Sy het stil ingekom, niks geantwoord nie. Die klient het haar geklop op so 15m.
Ek het hom nog laat sit, en jakkals baklei en jakkals distress, net so vinnig gespeel, om te hoop ek kan die maat inkry. Na so 8 minute, het ons opgestaan en spoorsnyer geroep om bakkie te bring. Onmiddelik toe skreu die maat reg oorkant die kloof, wat vir my redelik aggresief geklink het. Die lig het ons gevang, so kon nie langer sit nie. Die kans is goed dat hy/sy naby was toe ons die ander een geskiet het of oppad was na die jakkals baklei.
Hoe sou julle te vore gaan om die ander een in te kry. Ek het die volgende middag weer gaan sit, en net n enkel Whaa whaa geroep, maar dit was doodstil.
Ek het nou hierdie week tyd om tenmenste 3 tot 4 middae om te gaan roep oor so 3000Ha aangesien my PH jag, en ek werk met die bulldozer. Watter kwalitiete behoort ek nou hierdie tyd van die jaar te probeer prikkel van die jakkalse. Wat gaan die grootes bring, en die jonges weg hou, en wat behoort die jonges weer te bring? Ons is seker bietjie vroeg vir paartyd, of hoe? Gaan ons aggressief in, of hou maar by standaard metode, begin met kos?
Ek skiet n jong jakkals. Hulle word ook groot.
Hoor graag van julle.
Mooiloop,