Page 1 of 1

Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Sun Apr 17, 2016 9:59 pm
by Morne Van Der Merwe
Naand Almal,

Soos ek verstaan kan die agster gedeelte wat inskroef in K98 slot, dit kan verander word, my veiligheid op slot druk op met hoek van 45 grade, met die moet ek hoƫ ringe gebruik anders vang die clip die teleskoop. Weet iemand dalk van n geweersmid wat die volgende aanhou in Pretoria soos in foto aangedui. Lyk my jy vervang die ou een met die "Winchester-Style For Custom Mauser Rifles
" Dit het n 3 posisie slot veiligheid.

Groete
Morne

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Sun Apr 17, 2016 10:30 pm
by Frikkie Coetzee
Kontak vir Thor. Hulle maak sulke eenhede. Meeste geweersmede kan dit koop ook by hulle. Sover ek weet moet jy jou ou een inruil.

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Sun Apr 17, 2016 10:38 pm
by Morne Van Der Merwe
Hi Frikkie,

Dankie vir die informasie. Ek nie n probleem om ou ene in te ruil nie. Is Thor plaaslik? Jy dalk Thor se besonderhed, ek dit gegoogle en wat op gekom het niks met gewere te doen nie ;D

Groete
Morne

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Mon Apr 18, 2016 4:12 am
by Mukiwa
More Morne,

Hoop dit gaan jong ek sien jy is aan die gang met jou gewere.

Frikkie is korrek Thor engineering maak hulle, hulle is buite Pretoria op die Witbank pad as ek dit reg het kontak 012 802 0294.

Jy hoef nie n "shroud" in te gee nie maar die prys is dan heelwat meer, indien jy een het om in te gee dink ek hy is in die omgewing van R1200,00.

Groete,

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Mon Apr 18, 2016 6:07 am
by Morne Van Der Merwe
More Stephen,

Ja nee ek speel nou lekker met die gewere, lank gewag vir die lisensies. Baie dankie vir die kontak besonderhede. Die eenheid wat hulle maak, pas hy direk, of moet n geweersmit dit modifiseer om te maak pas? Want die K98 slot haal baie maklik uitmekaar en sit ook maklik aanmekaar, te danke aan youtube.

Lekker dag Stephen,
Groete
Morne

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Mon Apr 18, 2016 7:05 am
by Mukiwa
Jy skroef hom net op. Dit is gewone K98 "shrouds" wat hy net verander om soos die Winchester se safety te werk, dit is hoekom hy graag die ou een wil he, hulle raak dalk skaars.

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Mon Apr 18, 2016 1:46 pm
by Monster
Jy kan hom net na Arms toe vat. Hulle het myne op my vector 375 gedoen. Is altyd gelukkig met hulle werk!

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Tue Apr 19, 2016 7:45 am
by Morne Van Der Merwe
More almal,

Baie dankie, ek het vir Thor gebel, hul kan my help, net nie nou voorraad nie.
Monster, het Arms van die shrouds gewoonlik? Die uit mekaar haal en terug inmekaar sit is nie 'n probleem nie.

Groete
Morne

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Tue Apr 19, 2016 10:36 am
by Dries101
Ek wil nie vol strooi wees nie- ek het n Thor op my K98 laat sit toe ek hom laat bou het- ek het seker maar n dud gekry maar ek het daai lever binne n week met my vinger gebuig. Die bestes wat ek nog gesien het of eerder die wat ek nog nie kon buig nie is die wat SABI vervaardig asook Recknagel sin

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 9:52 am
by Morne Van Der Merwe
More manne,

Waar kan n mens dan van Recknagel sin in die hande kry? Ek het Sabi sin gesien, maar ek moet glo Nelspruit toe kom dat hulle dit vir my opsit. Ek het gevra kan ek nie net my shroud pos en die nuwe shroud vir my terug pos nie.

Groete
Morne

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 10:03 am
by Dries101
Jy kan met oom steve Fourie kontak- dit is waar ek myne gekry het. Morne ek kan verstaan aangesien daar n mate van fitting is wat gedoen moet word op jou slot- wat jy self kan doen met n dremel en geduld as jy bietjie handig is

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 1:45 pm
by Morne Van Der Merwe
Dries101 wrote:Jy kan met oom steve Fourie kontak- dit is waar ek myne gekry het. Morne ek kan verstaan aangesien daar n mate van fitting is wat gedoen moet word op jou slot- wat jy self kan doen met n dremel en geduld as jy bietjie handig is
Hello Oom Dries,

Dankie vir die informasie, maar shourds van Thor pas klaar reg as ek dit nou reg verstaan? Sal bietjie by Oom Steve hoor.

Baie dankie.
Groete
Morne

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 1:50 pm
by junglejulian
Lekker OOM Dries!

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 1:56 pm
by Dries101
Morne eks 3 jaar ouers as jy!!!! Stoppit!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 2:15 pm
by DWB
Dries101 wrote:Morne eks 3 jaar ouers as jy!!!! Stoppit!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hy het ook seker jou hairdo gesien....

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 2:47 pm
by Dries101
Jis tjom as hy jou man boobs sien dan noem hy jou tannie

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 2:50 pm
by DWB
Hahahaha

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 3:10 pm
by Morne Van Der Merwe
Sorry Dries oor die Oom storie.
Groete
Morne

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 4:29 pm
by dsmerrills
Dries101 wrote:Jis tjom as hy jou man boobs sien dan noem hy jou tannie
Hahaha Oom Dries!

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 4:33 pm
by Dries101
Sharup stretch you are hijacking the thread

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Apr 20, 2016 4:37 pm
by dsmerrills
[SMILING FACE WITH OPEN MOUTH AND SMILING EYES]

Re: Slot verander op n Musgrave K98

Posted: Wed Jun 01, 2016 9:02 pm
by Morne Van Der Merwe
Naand Manne,

Stephen (aka Mukiwa) was so gaaf om vir n shroud te gee. Weereens dankie Stephen. Was lekker om jou te ontmoet.
Ek die shrouds nou geruil, maar my slot wil nie toe maak nie. Dries101
Iets genoem sal dalk n fitting moet doen. Kan iemand dalk vir my se waarna ek moet kyk?

Groete
Morne