Ek en Gé het onlangs 'n plaas se rooibok ramme en BWB bulle uitgeskiet met die helikopter.
Ons het +-75 rooibok ramme en +-25 BWB bulle geskiet.
Ek het ook 'n eland bul en blesbok ram geskiet.
Die rooibokke is met die haelgeweer geskiet en die wildebeeste met haelroer en AR-15
Die elandbul is ook met die AR geskiet.
Die kamera het geskuif toe neem hy te laag op met meeste skote...
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 10:14 am
by LDV
Geno hoe weet die bakkie waar en hoeveel bokke om optetel?
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 10:25 am
by Geno
Ons merk elke bok wat geskiet is met 'n GPS.
Die bakkie vat dan die GPS en tel bokke op.
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 10:26 am
by Jakkels 223
Dit lyk mos nou na lekker harde werk!!!
Het die videotjie nou geniet!!!
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 10:48 am
by NicoSmit
As julle so nou uit die chopper skiet waarna mik julle kop/lyf en hoe lyk die vleis skade?
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 10:51 am
by Geno
Geen lyfskote word aanvaar deur die afset nie.
Ek eet nie harsings nie, so vleisskade pla nie .
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 11:03 am
by Basson
Baie smart video! Dankie vir die deel
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 11:39 am
by JohanvanZyl
Was nou lekker om te kyk! Hoe gemaak met die haelgeweer en skootplasing?
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 11:47 am
by NicoSmit
Kyk jy moet seker jou storie ken om teen 100km/h+ buite 'n bewegende chopper te hang en op 'n hardlopende bok 'n kop skoot te skiet nee julle manne wil nie julle kan .Kry julle so nou en dan 'n oepsie ook? Hoe hoog bo die grond vlieg julle dis moeilik om te skst op die video
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 12:12 pm
by Frederik
Hoe lank het alles geval?
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 12:20 pm
by Geno
JohanvanZyl wrote:Was nou lekker om te kyk! Hoe gemaak met die haelgeweer en skootplasing?
Ons skiet steeds vir die kop. Soos kleiduif, maar net met verskillende "lead" om te kompenseer vir die verskillende hoeke en spoed.
NicoSmit wrote:Kry julle so nou en dan 'n oepsie ook? Hoe hoog bo die grond vlieg julle dis moeilik om te skst op die video
Jip. Ek het een rooibok mooi pitsenter op die boude geskiet van agter af met 'n AAA.
Hy het onverwags gespring toe ek skiet.
Ons vlieg gewoonlik so 15m as ek moet skat. Soms as dit oop is so naby as 3m.
Frederik wrote:Hoe lank het alles geval?
Seker so 5ure as ek moet skat. Sal die pilot vra.
Re: Chopper oes
Posted: Wed Apr 20, 2016 12:21 pm
by joe rocket
Hoe sê hulle: " art in motion" mooi geskiet dit is nie maklik nie!