Page 1 of 1

Goeie diens Morkel And Crause.

Posted: Sat Apr 23, 2016 11:34 am
by M98mauser
Wil net n pluimpie gee vir Morkel en Crause by Safari in Lynwood. Hulle het my uigehelp nadat n ander geweersmit my lelik in die steek gelaat het.

Na ek maande gelede iemand genader het om vir my n knaldemper op te sit, en gewag het en elke tweede week n ander storie moes hoor oor hoekom dit nie gebeur het nie. Op die einde toe maar die aangewese knaldemper gekoop by die vervaardiger. Na vele rondgeskarrel om iemand te kry sonder sukses Morkel en Crause gekontak en hulle het my toe n afspaak gegee en my belowe dat die werk gedoen wees op die datum, die werk is gedoen en ek is baie tevrede. Baie Dankie Julle.

Vir die eerste geweersmit wil ek net se n mens moet bietjie integriteit ook he in die lewe. As jy nie die werk kan of wil doen nie se so as jy tebesig is se luister ek kan nie dit doen voor die datum nie. Jammer. Moet nie beloftes maak en dan vat jy na maand twee nie meer my oproepe nie dis uiters onprofesioneel en in vandag se lewe moet jy nie derde partye blameer nie wat die internet gee ons almal in baie gevalle direkte toegang tot daardie persone en hulle dink ook nou bietjie minder van jou, omdat jy hulle blameer het vir jou swak diens.

Re: Goeie diens Morkel And Crause.

Posted: Sat Apr 23, 2016 11:36 am
by Toyrsi
Dis baie swak. Dankie tog het Safari gehelp.

Re: Goeie diens Morkel And Crause.

Posted: Sat Apr 23, 2016 12:52 pm
by WesMerw
Vir die Lag spiere? Of is dit per ongeluk hier geplaas?

Re: Goeie diens Morkel And Crause.

Posted: Sat Apr 23, 2016 2:09 pm
by Gawie(13mm)
Toyrsi wrote:Dis baie swak. Dankie tog het Safari gehelp.
Safari het nie gehelp nie. Morkel en Crause het.
Laasgenoemde werk slegs vanaf Safari se perseel. Safari kan dus nie krediet vat vir hierdie goeie diens nie.

Niks teen Safari nie, maar krediet moet voor die regte deur gelê word. :)

M98, ek sien die ironie van jou plasing onder die humor seksie >:D

Re: Goeie diens Morkel And Crause.

Posted: Sat Apr 23, 2016 3:37 pm
by Toyrsi
Sorry. Dankie vir Morkel en Crause. Goeie diens is altyd n bonus.

Re: Goeie diens Morkel And Crause.

Posted: Sat Apr 23, 2016 5:27 pm
by Dawie
Mens moet maar goeie sin vir humor hê met baie "gunsmiths" :)