Page 1 of 1
Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Sat Jul 02, 2011 8:56 am
by Wiehan111
[img width=560 height=420]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... 0145-1.jpg[/img]
Het hom nou onlangs klaar gemaak en get hom van scratch af gebou.
Groete
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Sat Jul 02, 2011 4:44 pm
by Freddie101
Wiehan
Solank jou stoel jou die geleentheid bied om die jakkie op die doeltreffendste manier moontlik te dood sal hy reg wees. M. a. w. hy moet stil en nie wankelrig wees nie en jou toerusting moet maklik bekombaar wees.
En dit is darem ook lekker om iets self te bou.
Voorspoed. Ek hoop hy werk.
Freddie
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Sat Jul 02, 2011 4:47 pm
by .::Alwyn-U::.
Lyk baie goed vir 'n DIY projek. Was seker lekker om dit te doen!
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Sun Jul 03, 2011 8:53 am
by Wiehan111
Freddie
Hy werk baie lekker, ek het nuwe bearings ingesit(so hy loop doodstil) en die sit plek so na as moontelik aan die bearings gesit laat hy nie wankelrig is nie. Wil nog net 'n plek vir my dimmer maak. En dan net 'n plek naby die krag ports waar ek my koffie beker kan inpluk. Die geweer is ook baie stabiel.
Alwyn
Hier en daar was sekere goed 'n kopseer maar kon dit uitsorteer. Het net naweke aan hom gebou en het my 'n maand gevat tot hy klaar was en dit was lekker.
Groete
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Tue Jul 19, 2011 3:37 pm
by Francois Briedenhann
Dis nice!!
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Wed Jul 20, 2011 6:04 pm
by .::Alwyn-U::.
Wiehan
Waar mount jy jou lig? op die roer?
Wat is die mees gewildste manier deesdae?
Groete
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Wed Jul 20, 2011 9:02 pm
by Problem Animal Control
Wiehan
Dit lyk goed my maat,net een klein foutjie in my beskeie opinie: daardie sponsie waar die sitvlak op moet rus is n bietjie dun of hoe???? Na n uur op daardie dun spons dink ek gaan jou hele onderlyf dood wees

,weereens net my beskye mening.
PAC
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Sun Jul 24, 2011 8:24 pm
by Wiehan111
Alwyn
Nee daardie mounts wat jy moet koop om hom op die roer te sit is effens aan die duur kant. Het vir hom 'n ystertjie aan die regter kant langs die geweer mount gesit.
Problem control
Ek werk daaraan haha sit gewoontelik vir my 'n kussing op
Groete
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Tue Sep 27, 2011 5:06 pm
by cassie_calvinia
pasop vir kie koffie beker, het gehoor jakkelse ruik dit?
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Sun Oct 02, 2011 3:10 pm
by Giel S
Lyk baie netjies....Al raad wat ek vir jou het is hoer armleunings. Het agter gekom met my stoel dat jy die geweer baie meer stabiel en op die kol kan hou as jy jou elmbooge op n lekker rus het... my 2c... geen negatiewe kometaar op stoel, probeer net help.
Gooi lood pappa
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Sun Oct 02, 2011 5:39 pm
by Wiehan111
Giel
Ekt alweer 'n paar veranderinge gemaak. Het al die plat staal met square tubing vervang, nou is hy ligter en nog meer stabiel. moet nog net vir 'n briek in sit

(PS enige kommentaar is reg met my)
Groete
Re: Skietstoel Uiteindelik klaar
Posted: Sun Oct 02, 2011 8:39 pm
by Armand Steenkamp
Ai dis lekker! Ek moet nog met myne begin! Dit le soos n berg voor my! Ek is nou nie so handig soos julle manne nie!
Groetnis