Page 1 of 2

Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Wed May 04, 2016 8:47 pm
by gocam
Hier is dit nou - nou kan jy jou skootplasings "sien" tot en met 2km vanaf jou teiken. Gocam is die antwoord! Saam met ons App kan jy met gemak oefen, ladings toets of sportskiet sonder n' heen en weer gery of hitte waas. Geen internet of selfoon sein nodig omrede hy sy eie wifi netwerk skep.

Hier is ons produkte:

Gocam Base Unit
Hy sal jou tot 300 meter afstand en beeld gee.

Gocam Booster
Hy sal jou vanaf 300 meter na 2km afstand en beeld gee.

Besoek ons webtuiste vir pryse vir meer inligting.

Sagteware en toekomstige opdaterings ingesluit.

www.cammolab.com

Groetnis
Regardt


Gocam - your premium sight-in solution

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160504/f950f685cc35d9b10d9ec0426f04fa88.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160504/19870aacd0f700d9a4751916035436e9.jpg

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Wed May 04, 2016 8:56 pm
by Lukie
Die ding op Huntex gesien. Het enige lede dit al in die veld probeer?

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Wed May 04, 2016 9:23 pm
by FDV
Ek het reeds wifi gedeelte. Is net opsoek na die sagteware. Hoe gemaak?

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Wed May 04, 2016 9:26 pm
by gocam
Hi Francois, ons sagteware sal slegs werk saam met die Gocam.


Gocam - your premium sight-in solution

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Thu May 05, 2016 8:26 am
by Beyers C
Regardt het die sisteem op Kamdeboo se baan getoets
Daar is geen selfoonsein en daar is 'n 3 lyn eskom lyn op omtrent 150m 90 grade oor die skietbaan
Ontvangs was 5/5

Beyers

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Thu May 05, 2016 8:34 am
by henried
Kan jy meer as een kamera se beeld op een device sien?

6 kameras, een iPad wat beel op groot TV wys via Apple TV, waar al die teiken sigbaar is...

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Thu May 05, 2016 8:39 am
by gocam
henried wrote:Kan jy meer as een kamera se beeld op een device sien?

6 kameras, een iPad wat beel op groot TV wys via Apple TV, waar al die teiken sigbaar is...
Hi Henried, ja dit kan gedoen word d.m.v n' App of Skootrekenaar sagteware. Baie in dieselfde manier hoe sekuriteits kameras uitgebeeld word met elke kamera langsmekaar. Jy sal tot en met 16 kameras so kan uitbeeld. Maar onthou met wifi en 16 kameras kan daar drag op die feed wees, m.a.w n' delay.

@Beyers C. Dankie vir die geleentheid om die Gocam op julle mooi karoo baan te toets.

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Thu May 05, 2016 8:45 am
by FCLoretz
wat kos die stelsel?

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Thu May 05, 2016 9:19 am
by gocam
FCLoretz wrote:wat kos die stelsel?
@FCLoretz die stelsel werk soos volg.

http://www.cammolab.com/shop/

Die Gocam Base Unit wat jy voor jou teiken neersit wat jou tot 300 meter beeld sal gee d.m.v wifi en ons App
R 6999

Die Gocam Booster wat jou sein sal versterk na tot 2km.
R 4200

Die Gocam Combo saam is R 10545
Sagteware is ingesluit en ook koerieraflewering.

Ons laai vandag n' video wat sal illustreer hoe hy werk.

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 8:10 am
by Trompie
Baie nice konsep. Hoekom kan die main unit net 300m cover en die repeater 1.7km? Kan mens die main unit upgrade om at least 800meter te kry?

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 8:23 am
by PWV
Een ding is seker: daai pryse skrik vir niks!
Moet aanvaar soos die "bumper sticker" op die Rolls Royce: "Fu#k the poor."

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 8:54 am
by gocam
Trompie wrote:Baie nice konsep. Hoekom kan die main unit net 300m cover en die repeater 1.7km? Kan mens die main unit upgrade om at least 800meter te kry?
Ons se 300m maar ek het self al 400m gekry met hom. Omrede die Base unit op die grond staan en geen hoogte het, bemoeilik dit die afstand van die eenheid. Onthou dit is nie net die repeater wat n' wifi sein afstand het nie, maar ook jou device waarop die App gelaai is. As jy jou Gocam Base unit op n' tripod monteer behoort die sein nog verder te strek. Die grootste uitdaging is dat elke device hetsy dit Apple of Android is, het verskillende wifi kaarte en sterktes. Ons moes n' middeweg vind waarop dit altyd sal werk.

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 8:56 am
by gocam
PWV wrote:Een ding is seker: daai pryse skrik vir niks!
Moet aanvaar soos die "bumper sticker" op die Rolls Royce: "Fu#k the poor."
Selfs jou beste spotting scope kan nie sien wat die Gocam sien nie ;D

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 9:18 am
by PWV
gocam wrote:
PWV wrote:Een ding is seker: daai pryse skrik vir niks!
Moet aanvaar soos die "bumper sticker" op die Rolls Royce: "Fu#k the poor."
Selfs jou beste spotting scope kan nie sien wat die Gocam sien nie ;D
Jy is reg. Uitstekende produk!

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 9:51 am
by blaser
vriend se hy laat maak nou in china gaan blykbaar die helfde kos

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 9:58 am
by Arnold
Sterkte met julle produk Reghardt

Hoe lank hou die battery en hoe word hy herlaai op die twee eenhede?

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 10:01 am
by gocam
blaser wrote:vriend se hy laat maak nou in china gaan blykbaar die helfde kos
Wat is die support wat hulle sal kry vanuit sjina sou iets skeefloop, asook die skryf van sagteware?

Ons produk word plaaslik vervaardig en so ook die sagteware. Almal wil altyd die beter pryse betaal, wie wil nie??? Maar bereken die langtermyn kostes i.t.v volhoubaarheid.

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 10:05 am
by Smitstertjies
Hi Reghardt

Ek wens julle alle sterkte toe met die produk. Dis lekker om te sien ons eie mense doen sulke goed. Ek het laasjaar uit VSA die Bullseye target kamera ingevoer wat op dieselfde prinsiep as julle sin werk. Hy was bietjie duurder gewees as julle produk, so ek dink julle prys is reg.

Groetnis

Martin

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 10:06 am
by gocam
Arnold wrote:Sterkte met julle produk Reghardt

Hoe lank hou die battery en hoe word hy herlaai op die twee eenhede?
Ons gebruik n' 12V 8AH Gel battery wat hitte en rondskyf kan hanteer. Ons het n' stadig laaier ingesit wat die battery sal deeglik vol laai in 18-20 ure.

Die battery behoort jou 12ure feed te gee.

Beide die Gocam en die Gocam Booster laai dieselfde - maar die Gocam Booster wat sonder n' kamera kom behoort jou seker n week te hou voordat jy moet herlaai.

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 10:10 am
by gocam
Smitstertjies wrote:Hi Reghardt

Ek wens julle alle sterkte toe met die produk. Dis lekker om te sien ons eie mense doen sulke goed. Ek het laasjaar uit VSA die Bullseye target kamera ingevoer wat op dieselfde prinsiep as julle sin werk. Hy was bietjie duurder gewees as julle produk, so ek dink julle prys is reg.

Groetnis

Martin
Dankie Smitstertjies - ons beoog om die produk te verbeter in die toekoms en wil dit eenvoudig makliker en lekkerder maak vir alle skutte.

Ons kyk onderandere na goed soos Windmeter by jou teiken, Sonpaneel krag ens.

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 10:13 am
by alecjohnson
Magies! Ek sal eendag as ek groot is daai ding wil koop.

dink net hoe gan die man huil wat op 1.7km daai kamera raakskiet!


Sal julle nie dalk in die toekoms beplan om so 'n boosterpack vir 'n gopro of soortgelyke aksie kamera te bou nie? Ek het reeds Aksie kamera, net 'n ding nodig wat sy sein van 100m na 1km kan boost

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 10:28 am
by Eugene
alecjohnson wrote: dink net hoe gan die man huil wat op 1.7km daai kamera raakskiet!
Dit gebeur makliker as wat mens dink! :-[ :-[ :-[ Sukkel om 'n gong 3 keer die kamera se grootte raak te skiet, maar daai kamera het gewoonlik 'n koeelmagneet in.....

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 10:31 am
by Arnold
Dankie Reghardt

Wat is die resolusie van die kamera en kan sy fokus gestel word? Ek sal graag die kamera 10 of 20m weg van my teiken af wil hê.
Wat is die moontlikheid om die booster ook in die kamera se boks te sit en van dieselfde battery af te laat loop?

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 10:57 am
by gocam
alecjohnson wrote:Magies! Ek sal eendag as ek groot is daai ding wil koop.

dink net hoe gan die man huil wat op 1.7km daai kamera raakskiet!


Sal julle nie dalk in die toekoms beplan om so 'n boosterpack vir 'n gopro of soortgelyke aksie kamera te bou nie? Ek het reeds Aksie kamera, net 'n ding nodig wat sy sein van 100m na 1km kan boost
Die manne kan n plaatjie maak en voor die kamera sit, indien hy raak geskiet word. Selfs n sandsak of klip!

Re: Gocam - jou teiken skiet oplossing

Posted: Fri May 06, 2016 11:00 am
by gocam
Arnold wrote:Dankie Reghardt

Wat is die resolusie van die kamera en kan sy fokus gestel word? Ek sal graag die kamera 10 of 20m weg van my teiken af wil hê.
Wat is die moontlikheid om die booster ook in die kamera se boks te sit en van dieselfde battery af te laat loop?
Ons gebruik n 4mm 2mp Kamera. 10 Meter sal te ver wees om daardie klein gaatjie te sien. Ons kan beter kameras insit maar hy sal duurder kos en meer krag tap.