Page 1 of 1

Nuweling

Posted: Sat May 07, 2016 8:44 am
by Guillaume Nel
Goeie môre aan almal.

Ek wil net begin om te sê dat ek n nuweling is as dit kom by jakkals jag. My Pa is n vee boer en as ek kon sou ek ook een gewees het. Hy is naby Leonardville, Namibia en die Jakke in daardie werld word al vir baie jare gejag en met die gevolg is hulle BAIE WAKKER.

Ek het n vriend wat baie gewillig is om raad te gee rondom jakkals jag en die die fynner detail daar rondom. Hy het my vertel van JARACAL en ek moet sê dat met al die kenners en kennis hier kan n jong man soos ek net leer.

Ek het toe so 5 weke terug begin om vir my n stoel te maak want ek het ervaar dat sonder een gaan dit maar swaar. Laat weet asb. as ek dit kan verbeter en hoe. Ek plaas n foto.
IMG_2879.jpg
Ek gebruik n baie ou FoxPro caller ( model 416 ) en leer maar met hom. Ek kyk ook nou na die ICOTEC want FoxPro se prys is maar styf. Laat asb. weet wat jullie dink van die ICOTEC.

Ek het darem al n paar jakke in gekry met die hulp van die kenners hier. Ek sit fotos by.
IMG_2898 (3).jpg

Re: Nuweling

Posted: Sat May 07, 2016 9:19 am
by tripodmvr
Welkom. Sien jy is nie skaam oor jou blyplek nie.

Jou stoel lyk baie gemaklik. Ek dink die aanbeveling sal wees dat jou lig nader aan jou geweer moet wees en dus saam met die geweer moet beweeg.

Re: Nuweling

Posted: Sat May 07, 2016 9:04 pm
by visser
Welkom.
Op daardie hoogte van jou stoel sou ek die lig onder die geweer monteer.Ook n plek vir jou remote of wat jy ook gebruik.
Voorspoed

Re: Nuweling

Posted: Sun May 08, 2016 6:03 am
by Guillaume Nel
Dankie. Ek Sal die veranderinge aan bring.

Re: Nuweling

Posted: Sun May 08, 2016 11:26 am
by Boesman10
Welkom op die forum

Re: Nuweling

Posted: Sun May 08, 2016 11:49 am
by Guillaume Nel
Dankie

Re: Nuweling

Posted: Mon May 09, 2016 9:58 am
by DawieKotze
Baie welkom op die forum!

Het vir jou 'n pm gestuur.

Dawie

Re: Nuweling

Posted: Mon May 09, 2016 10:18 am
by Toyrsi
Baie welkom.

Re: Nuweling

Posted: Mon May 09, 2016 3:14 pm
by jamalley
Welkom mater, geniet hom