Dagroep waarnemings

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Post Reply
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Dagroep waarnemings

Post by C.J. »

Dagse almal,

Ek het in die laaste maand sukses gehad met dagroepe. Ek het 'n Critter call fluitjie gebruik. Ek het baie geoefen om verskillende geluide te kan blaas (jakkalsroep wat soos elsneus klink, jak distress, klein bokkie distress, knor en blaf, haas, voel distress ens) en kan vandag se dat 'n fluitjie baie effektief is en dat 'n "openreed" fluitjie baie verskillende geluide kan maak. Wat ek waargeneem het is dat Jakkalse volgens my nie so erg op reuk staatmaak in die dag nie. Ek het sukses gehad waar ek Jakkalse kon roep na paaie toe, sodat hulle dit kon gebruik. Hulle sal altyd in die pad af hardloop om te kom ondersoek instel. Veral as die gras lank is. Ek het gister saam met 'n vriend in die Oos-Vrystaat teen 'n berg gaan opstel, daar is 'n reguit pad wat 'n gras land en die berg skei. My vriend het in die pad gele en ek was 'n end in die gras in om die aandag op my te fokus. 20 min later was die Jakkalse in die pad en haastig oppad na my rigting toe. My tip is m.a.w. vir dagroep om reguit paaie te gebruik, die Jakkies vat die kortste en vinnigste pad na die geluid toe, en deur paaie te gebruik is dit seker makliker vir Jakkie om gou te kom kyk, en dit is vir jou makliker om net op twee rigtings te fokus. En laastens, die fluitjie werk, hy is goedkoop en mobiel. Kry vir jou een en leer hom.

Hoop dit help,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Roelo
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am

Re: Dagroep waarnemings

Post by Roelo »

watter klanke het jy geroep met fluitjie
Geweldig man Geweldig
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Dagroep waarnemings

Post by .::Alwyn-U::. »

CJ

Hoeveel kos die fluitjie? En dink jy mens kan hom gebruik vir rooikatte in die aand of selfs in die dag?

Hier by ons is nie jakkies nie maar ek wil graag leer roep. Hier is net rooikatte..

Groete
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: Dagroep waarnemings

Post by Kleinpiet »

Dink jy die afstand beheer of foxpro sal werk. My probleem is die mater om my te help.
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Dagroep waarnemings

Post by C.J. »

Roelo,

Ek het begin met kos, klein bokkie, maar ek was maar kreatief, ek dink ek prikkel meer nuuskierigheid, ek het wel al 'n Duiker ooi laat kom kyk so ek glo ek klink soos 'n bokkie. Na omtrent 15 min het ek 'n Jakkals geluid gemaak wat klink soos Elsneus se teef, toe weer kos en later knor en blaf geluide. As jy kreatief is, is daar baie geluide wat jy uit 'n open reed fluitjie uit kan kry.

Alwyn-U

Hulle kos so R140- R180. Ek dink jy sal defnetief 'n Rooikat kan roep, dit sal seker net meer aanhoudend moet wees sodat die kat nie belangstelling verloor nie, die ou manne sal beter weet hier, ek sal graag 'n paar opinies  wil hoor.

Kleinpiet,

Ek dink die belangrikste wat ek gesien het is om 'n pad tot jou voordeel te gebruik. As jy weet waar die Jakkalse rus bedags, soos bv. as jy hulle vroeg oggend hoor roep, kan jy in daardie rigting jouself so opstel dat hulle 'n pad sal kan gebruik om te kom ondersoek instel. Veral as daar lang gras is of 'n digte bos werk dit lekker. Wat ek gesien het is dat hulle wil sien wat die geluid maak, en dit is waar die pad hulle ook baie help. Net nog een reel, as jy die roeper aansit moet jy reg wees om te skiet.

Hoop dit help
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Dagroep waarnemings

Post by .::Alwyn-U::. »

Ek het maar nog baie om te leer voor ek dit sal aanpak!
User avatar
Pitbull
Full Member
Full Member
Posts: 237
Joined: Wed Dec 07, 2011 9:05 am

Re: Dagroep waarnemings

Post by Pitbull »

Hi CJ
Ek het critter call en preditor call fluitjie jag so drie jaar al met hulle. Die preditor caller is bietjie groter en het 'n meer natuurlike klank. Hy werk ook lekke vir mooi huil. Het nog nie 'n roeper nie maar het een bestel. Het 'n paar groot rooikate met die preditor caller platgetrek. Nog nie die dagroep probeer nie,wil eers inligting kry.
I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Dagroep waarnemings

Post by johans »

c.j ek dink dit gaan moeilik wees as jy net 1 persoon is en jy moet roep en skiet,want jy gaan al die aandag op jou fokus.maar julle plan sal werk
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Dagroep waarnemings

Post by C.J. »

Johans,

Ek verstaan wat jy s?, die truuk is egter om min te roep, kort en hard, dan "soek" die Jak jou. Maar ja, jy moet wakker wees, gelukkig waarsku vo?ls ens jou gewoonlik as vlekkie oppad is, dan bly jy stil en wag.

As die omgewing lekker oop is sal ek eerder die Foxpro gebruik, juis om die aandag van my af te kry. Maar daar is net iets aan 'n jak met 'n fluitjie uitoorl?, dit bly maar die lekkerste as jy dit regkry..

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Dagroep waarnemings

Post by johans »

ek moet juis vanmiddag weer gaan roep,jakkals vang nou my lammers klaar :-[weet nie meer wat om te doen nie,hy kom op geen klanke in nie
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
Post Reply