Page 1 of 1

Vinnige Jakkals

Posted: Sun May 08, 2016 11:56 am
by Guillaume Nel
Goeie môre.

Ek het die dag roep ding probeer en ondervind dat hulle baie vinniger inkom as wat ek verwag het. Die eerste een het so vinnig ingekom toe ek weer sien Staan en ruik hy aan die bos waar die caller is en toe maak hy spore.

Nou my vraag. Hoe maak n man om hom weer in te roep???

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Mon May 09, 2016 9:05 am
by Jassie
:o STRIKE ONE!!!

Hy gaan jou hopenlik met 'n bietjie ander benadering dalk nog 'n kans gee. Aanvaar maar hy het verseker hierdie resepie van jou geleer. Net jy sal weet wat die detail daarvan was.

Is jy seker hy was alleen?

Groete
JAS

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Mon May 09, 2016 9:13 am
by Geno
Hy het tot dusver agtergekom dat:
1- Daardie haas soos 'n mens ruik.
2- Daardie haas eintlik 'n roeper is.

Ek sou hom so rukkie kans gee en met 'n ander sequence op 'n ander tydstip gaan roep.

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Mon May 09, 2016 5:14 pm
by Guillaume Nel
Die detail is as volg.

Dit is by n grond dam met nie baie groot oop spasie nie. So 50m van die water tot waar die bosse begin. Die wind het sterk gewaai en hy het van onder die wind in gekom. Ek het vir 5min kos geroep en toe die area gescan. Toe ek weer na die caller toe kyk staan die brak daar besig om om te draai vir die bosse. Die caller was so 10m van die rand van die bosse.

Die een wat dit nie gemaak het nie het van bo die wind in gekom maar die tarentale het hom weg gegee so ek was reg vir hom!

Al twee het in gekom met net die 5min se jack rabbit distress call.

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Mon May 09, 2016 5:29 pm
by NicoSmit
Ek het al hoender lewers getry op jakkalse waar die gras hoog staan lok hulle na die pad toe waar dit makliker is om te skiet en het al paar keer suksesvol gewees ek dink dit sal seker ook werk in die dag om die mens reuk te verberg

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Mon May 09, 2016 8:16 pm
by visser
Naand
Bestel vir jou Heinrich se dagroep dvd.Daar gaan jy sommer baie goed byleer en soos in my geval dinge wat al in verlede gebeur het rondom jakkals jag,beter verstaan.
Groete

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Tue May 10, 2016 8:43 am
by Guillaume Nel
Dankie Manne

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Wed May 11, 2016 3:49 pm
by Eduard Venter
Geno wrote:Hy het tot dusver agtergekom dat:
1- Daardie haas soos 'n mens ruik.
2- Daardie haas eintlik 'n roeper is.

Ek sou hom so rukkie kans gee en met 'n ander sequence op 'n ander tydstip gaan roep.
Middag Geno. Net vir interessantheid, dink jy in so n geval sal n fluitjie voordele bo n roeper hê wanneer mens weer probeer?

Groete

Sent from my LG-H735 using Tapatalk

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Wed May 11, 2016 3:51 pm
by Geno
Eduard Venter wrote:
Geno wrote:Hy het tot dusver agtergekom dat:
1- Daardie haas soos 'n mens ruik.
2- Daardie haas eintlik 'n roeper is.

Ek sou hom so rukkie kans gee en met 'n ander sequence op 'n ander tydstip gaan roep.
Middag Geno. Net vir interessantheid, dink jy in so n geval sal n fluitjie voordele bo n roeper hê wanneer mens weer probeer?

Groete

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Ek sou sommer net 'n ander klank of sequence gebruik. Maar dis net ek...

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Thu May 12, 2016 12:15 am
by Louis102
As jy my sou vra, sal jy meer as net jou klankies moet verander ... soos ek 'n jakkals ken gaan hy redelik baie versigtig wees vir daai selfde plek volgende keer ...

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Thu May 12, 2016 1:36 am
by Heinz Petersen
Ek het n geval gehad waar die jakals in n rivier loop was wat nie daar wou uitkom nie. Ek kon nie nader as 600m kom nie, weens die terein. Ek het n paar keer daar geroep. Ek het toe met Taffie gepraat. Hy het voorgesstel dat ek weer daar gaan roep sonder om te lig en dan skuif ek so 300m weg en roep nie weer nie. Sit net doodstil vir so 45min en skyn dan met die lig in die rigting waar ek geroep het. Toe ek die lig aansit, toe draai hy daar waar ek gestaan het. Het hom toe daar laat groet.

Re: Vinnige Jakkals

Posted: Thu May 12, 2016 6:05 am
by Geno
Louis102 wrote: jakkals ken gaan hy redelik baie versigtig wees vir daai selfde plek volgende keer ...
Spot on Oom Louis.