Page 1 of 1
Kruit en Koele
Posted: Fri May 13, 2016 10:47 am
by marno
Hi julle
Ek is in Roodepoort.
Het iemand enige idee waar kan ek kruit hier naby kry?
Dan wil ek ook hoor met watse koele jag julle? Ek soek Barnes maar sukkel my dinges af.
Groete
Marno
Re: Kruit en Koele
Posted: Fri May 13, 2016 10:49 am
by tripodmvr
Kyk by die Herlaaitafel vir koele. Daar is nou nuwe kruit op die mark. Weet nie wanneer dit beskikbaar sal wees nie.
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 8:28 am
by gbvl
Die nuwe kruit, is dit n nuwe lot nommer of nuwe tipe?
Sent from my SM-G900H using Tapatalk
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 9:03 am
by Askari
Dit is heel nuwe kruit van 'n plaaslike vervaardiger. Op die oomblik is dit slegs beskikbaar van City Guns in die Kaap, die vervaardiger is nog besig om sy verspreidings netwerk op te stel.
http://whitesmoke.co.za/powwow/viewtopic.php?t=11124
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 12:35 pm
by WesMerw
Lyk vir my soos kruit vir voorlaaiers, of is ek verkeerd?
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 12:51 pm
by gbvl
Tyd om die "cap & ball" uit te haal
Sent from my SM-G900H using Tapatalk
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 4:56 pm
by Askari
WesMerw wrote:Lyk vir my soos kruit vir voorlaaiers, of is ek verkeerd?
Dit is vir voorlaaiers ja
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 5:26 pm
by marno
Thanks julle. Sjoe hoop hulle kry dit gou versprei.
My TC Impact moet nou begin werk. Het hulle gepraat oor wat die local kruit gaan kos?
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 5:38 pm
by tripodmvr
R500 per kilo?
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 6:17 pm
by marno
Magtig dis glad nie sleg nie
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 6:26 pm
by tripodmvr
Askari se link het die inligting op.
Price R400 for Half a Kilo.
Ek wou hom te goedkoop maak.
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 6:31 pm
by Askari
Die nuwe swartkruit kos R400/500gr. Let wel daarop dat dit baie minder dig is as Wano. Dit beteken dat as jy per gewig laai, moet jy jou Wano/Swiss gewig lading halveer en vandaar opwerk. Jy kry dus baie "volume" in 500 gr kruit. As jy per volume laai (soos wat jy moet met swartkruit), behoort daar nie 'n groot verskil te wees nie, maar dit is nogsteeds wys om met so bietjie laer lading te begin en op te werk na jou roer se optimum. Ek hoop dit maak sin.
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 6:34 pm
by Askari
Ek glo meeste vd wapenwinkels wat Wano/Sannadex/Buschalk aangehou het sal binnekort ook Obatex aanhou
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 6:34 pm
by Askari
NSN in Silverton het reeds aangesien dat hulle dit gaan aanhou
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 6:41 pm
by marno
So as mens 250gr SST skiet en ek dink dit was gewoonlik 90gr kruit gaan mens dan so tussen 45gr en 50gr van die nuwe kruit gooi?
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 6:57 pm
by Askari
marno wrote:So as mens 250gr SST skiet en ek dink dit was gewoonlik 90gr kruit gaan mens dan so tussen 45gr en 50gr van die nuwe kruit gooi?
Het jy 90gr kruit per volume of per gewig gegooi?
As jy per volume gegooi het behoort daar nie 'n groot verskil te wees nie, maar begin nogsteeds by 80gr en werk op. As jy jou swartkruit per gewig gegooi het, moet jy egter 45 gr vd nuwe kruit gooi en vandaar opwerk.
Hou ingedagte dat swartkruit per volume gelaai moet word, nie per gewig nie. Selfs met lading ontwikkeling is dit meer as voldoende om met 5gr inkremente "aan te beweeg". Swartkruit is baie minder effektief as moderne dryfmiddel en 'n 1 of 2 gr verskil in lading gaan nie 'n verskil maak nie.
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 7:01 pm
by marno
Baie dankie maat! Ek waardeer.
Hopelik kry ons gou van daai nuwe kruit.
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 7:05 pm
by Askari
marno wrote:Baie dankie maat! Ek waardeer.
Hopelik kry ons gou van daai nuwe kruit.
Ek het darem nog so bietjie Wano en Swiss, maar hou ook duim vas dat die nuwe kruit sommer gou beskikbaar sal wees.
Hou ons op hoogte hoe jou lading ontwikkeling net die nuwe kruit verloop
Re: Kruit en Koele
Posted: Sat May 14, 2016 7:07 pm
by marno
Ek sal verseker so maak! Thanks
Re: Kruit en Koele
Posted: Tue May 31, 2016 7:53 pm
by jungleson
Nuwe kruit se naam obatex. Ek verstaan dis vinniger,ook gehoor die vervaardiger gaan weer na die resep kyk om die spoed van branding te verminder. Ek gaan op hoorse.
Re: Kruit en Koele
Posted: Wed Jun 15, 2016 11:39 pm
by Dirkonius
Craig by Blunderbuss in Alberton het vandag laat weet dat hy volgende week sy voorraad Obatex sal kry. R500 / 500 gram.
Sien baie uit om die rookstok te laat loop!
Re: Kruit en Koele
Posted: Thu Jun 16, 2016 7:07 am
by marno
Jis dit is awesome nuus!! Baie dankie dat jy laat weet het.
Re: Kruit en Koele
Posted: Thu Jun 16, 2016 7:20 pm
by Dirkonius
Jy's welkom. Ek en my swaer sien bitterlik uit daarna!
Re: Kruit en Koele
Posted: Fri Jun 17, 2016 7:57 am
by marno
Ja nee self. Ek het klaar als reg. 250gr Barnes ook gekry so is net die kruit wat gekort het. Lol