Page 1 of 1
Soek goeie twee rigting radios
Posted: Fri May 13, 2016 11:18 pm
by Jackalsniper
Manne, watter radios kan julle aanbeveel, dis maar om jakke te gaan optel en seker ni nodig om meer as 2 Km op te vang nie. Hoe is die zartec wat CUmart verkoop?
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Sat May 14, 2016 7:26 am
by TheBus
Jy kan nie verkeerd gaan met Zartek nie - ons gebruik hulle as ons flyfish & skoonpa gebruik n hele arsenaal op die plaas. Goeie range en nog geen issues gehad nie
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Sat May 14, 2016 8:12 am
by Jakkie07
Ek het n stel baofengBF 888 en dan die UV-5R (meer vir amateur band) baie happy. Ek het begin met n stel Zartek maar die kleintjies hulle klank was maar swak, maar ek glo en verstaan die grooter Zartek is baie goed.
Hulle almal word maar gelimit tot 0.5w vir die PMR band waarop hulle werk,
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Sat May 14, 2016 9:39 am
by dehacked
Ek het met klein zartek ontrent 2km opvangs. Weet nie watse model maar goed genoeg om comms in veld te hou met jag maat.
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Sat May 14, 2016 9:52 am
by Sako 2
Bosvark werk vir my baie goed.
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Sat May 14, 2016 5:11 pm
by Pvdw
Kirisun PT3600. So om en by 5km opvangs. Lekker klein end lig en dra gemaklik.
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Sat May 14, 2016 7:34 pm
by Frikkie Coetzee
Midland XT 1050.
Voer net self in. Icasa like hulle nie. Enigste radio wat ek in klowe mee regkom. My een het verloor op 'n jag. Ses maande later opgetel. Aangesit en gepraat. Sonder probleme. Batterye was net bietjie pap.
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Sun May 15, 2016 8:34 pm
by Yogi
Puxing 777. Werk baie lekker,baie lig en klein. Afstand ongelooflik goed. Voer dit net self in. Battery hou paar dae met een laai. Kan hom op repeater instel as jy die frekwensie het.
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Mon May 16, 2016 7:45 am
by Jackalsniper
http://www.typeapproved.com.au/not-appr ... ng-px-777/
Yogi hy moet seker goed wees as hy illegal is in AUS.

Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Mon May 16, 2016 8:58 am
by Frikkie Coetzee
Ek sien daai Midlands is ook nie approved nie. Ek weet dat hulle in A nie goedgekeur is nie oor hulle outpout en frekwensie. Maar hulle is goed. Baie goed.
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Mon May 16, 2016 10:23 am
by Willie
Ek het veskeie radios maar verkies Baofeng UV-5R omdat ek hom self kan programmeer . Hulle het 'n redelike groot frekwensie wydte in beide VHF en UHF . Hulle het ook verskeie handige funksies.
Al probleem so ver is dat daar stof by die aan/af/volume kontole in gaan en dat dit dan nie meer 100% werk nie (hulle word baie mishandel en hou eintlik verbasend goed as mens pryse ens in ag neem)
Wat reik afstand aan betref is die Baofend beter as die Zartek. Zartek wen weer as dit by gewig en grote kom . Zartek sal jou 2km haal maar dan moet daar lyn van sig wees of min/klein voorwerpe in die pad. Hulle werk beslis nie oor 'n berg al is hulle net 'n paar honderd meter van mekaar af nie. Die Baofeng kan 'n eksterne antenna gebruik wat die afstand probleem nog so bietjie beter maak.
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Mon May 16, 2016 10:35 am
by hierswolf
Sako 2 wrote:Bosvark werk vir my baie goed.
Ek het ook hierdie roete gegaan en hulle werk great! Ek kry heelwat verder as 2km met hulle.
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Mon May 16, 2016 12:16 pm
by James Wilson
Ek kan met my Bosvark +- 10km praat, as die een n eksterne antenna op het en die ander een n gewone antenna. Ek het nog nooit getoets hoe ver ek dit kan rek as ek albei n eksterne antenna opsit nie.
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Mon May 16, 2016 12:33 pm
by Dumbluck
Ek het self 5 Bosvarke en hulle werk goed. Ek het vir die licence free radio's gegaan omdat die VHF radio's a paar jaar terug 'n nagmerrie was om lisensies te kry.
Ek verstaan die lisensie proses is nou baie makliker. Gaan lees bietjie op 4x4community.co.za
Ek sal nou graag wil oorgaan na VHF oor die goeie range, maar ek sal dit die dag doen wat die bosvarke nie meer die mas opkom vir wat ek wil doen nie.
Weeg maar die opsies op tussen VHF/Licencefree en prys/verrigting
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Mon May 16, 2016 7:04 pm
by Jackalsniper
Wie is agente vir Bosvark radios?
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Mon May 16, 2016 8:12 pm
by Sako 2
Jackalsniper wrote:Wie is agente vir Bosvark radios?
Kontak vir D Bothma by 0837500057 en hulle webtuiste is
www.rtsradio.co.za
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Thu May 04, 2017 8:16 am
by Jjjbay
Sako 2 wrote:Bosvark werk vir my baie goed.
+1
Re: Soek goeie twee rigting radios
Posted: Thu May 04, 2017 12:24 pm
by Tikka_25-06
Jjjbay wrote:Sako 2 wrote:Bosvark werk vir my baie goed.
+1
+2
Sent from my EVA-L19 using Tapatalk