Page 1 of 1
Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Wed May 18, 2016 6:40 pm
by F.L.A.S.H
Dagse manne
Hoop dit gaan goed met almal.
Verskoon asb my spel. Ek try maar (Engels en Afrikaans lol)
Ek het hier by my 4500h bees grond (geen hoe heinings). Daar loop natuurlik kudus en varke op die plaas.
Ek sit my voelers uit om te sien of iemand so belangstel om hier te kom jag.
Ek wil graag nie van bakkies af skiet nie, en dis "amper" onmoontelik om te walk en stalk aangesien klippe en swarthak. Dis het ek gevind die beste metode om vleis huistoe te vat is om by die waters te sit.
Ek dink om so R3500 vir kudu (net bulle) en R600 vir varke te vra. Die kanse is goed om mooi volwase bulle te skiet. Ons gemiddelde groot bull is so tussen 45 en 47 duim.
Daar is geen infrastruktuur vir jagters nie, so as daar mense is wat naby is wat vir die dag wil kom sal dit reg wees. Die ander opsie is "rof" kamp, daar is niks jy sal als self moet voorsien (ek sal hout aflaai)
Ek dink R 200 per dag, dit sal bok optel en afslag insluit en dan ook aflaai en optel van mense by waters. (Die is net om die aarbeid en diesel te dek) dis vir 1 mens of n groep mense nie PP nie.
As julle wil kamp sal dit ook R200 per nag wees
Ook vir almal nie PP nie. (Dis vir houd en aarbeid)
Daar was nog nooit deur ander mense behalwe famielie op die plaas gejag nie en die sal die eerste keer wees wat ek so iets reel.
Ek will weet wat dink julle manne. Is my pryse reg? Wat moet ek nog insluit.
Ek vra advies en bied die geleentheid ter selvde tyd aan.
Baie dankie manne
Mooiloop
Dave
0839509667
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Wed May 18, 2016 6:55 pm
by junglejulian
Dave Hoeveel koedoes het jy in gedagte?
Ek skakel jou more.
Mooi loop
Julian
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Wed May 18, 2016 7:00 pm
by F.L.A.S.H
Hi Julian
Ek is nie seker nie.
Die goed is nie gewaarborg nie. Omtrent hoeveel soek jy?
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Wed May 18, 2016 10:49 pm
by Gernie
As jy net nader was....
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 6:48 am
by Ashley
Gernie wrote:As jy net nader was....
+1

Daai pryse klink baie goed..
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 7:10 am
by LoveHenties
Gernie, Ashley, dit maak drie van ons... Vier pas gemaklik in n bakkie.
Dis 550km van pretoria. Ek is in as julle is?
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 7:31 am
by LoveHenties
F.L.A.S.H wrote:... Dis het ek gevind die beste metode om vleis huistoe te vat is om by die waters te sit....
Flash, sien nou net die. Wat's mens se kans andersins? Daai voel soos vleis koop by die slaghuis.
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 7:48 am
by F.L.A.S.H
Kom ek stel dit so, ek is opsoek na n jong bul vir biltong en n paar varke vir die mark.
Ek ry die afgeloope 6 dae met die geweer saam in die bakkie en die eenigste bulle wat ek gekry het was 2 groot bulle by die waters..
N mens kan net omtrent 100m tot omtrent verste 200m sien van die bakkie af (daar is ander plekke waar mens verder kan sien maar dis nie algemeen nie. En die plaas is so dig met swarthak dat as jy afklim sien jy 50m maar raas baie as jy wil loop (swarthak is rerig baie)
Ek weet die gaan nie vir almal wees nie, dus het ek gese dit sal goei plek wees vir boog jagters.
Ek is jammer. Ek self is baie lief vir walk en stalk en sal se ek is nie te sleg met n bekruip nie maar het al so deur die jaare net n paar bokke do gesiet en meeste van hulle was maar naby die water.
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 7:55 am
by Dolf014
LoveHenties wrote:F.L.A.S.H wrote:... Dis het ek gevind die beste metode om vleis huistoe te vat is om by die waters te sit....
Flash, sien nou net die.
Wat's mens se kans andersins? Daai voel soos vleis koop by die slaghuis.
Manne ek ken daai haakbos. Het 3 jaar terug daar gejag. Jy loop jou letterlik vas in die haakbos, dat jy in jou spore moet omdraai. Jy kan ook nie oor die hakbos sien nie.
En as jy n bul tussen daai bosse skiet is dit bloedsweet (letterlik) om hom daar uit te kry.
As die bees voet paadjies uitgetrap het; is dit n oplossing.
Maar ek sê nie jy moet nie probeer nie.
Hierdie is n harde jag, maar n lekker uitdaging.
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 7:59 am
by ruaanb
Ek het as jong knaap ook baie in daai area agter hulle aan geloop. Dit is harde werk om die minste te sê as gevolg van daai haakbos.
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 8:01 am
by F.L.A.S.H
Dankie Dolf
Jy slaap die spyker op die kop met wat jy se
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 8:41 am
by PWV
Dolf014 wrote:LoveHenties wrote:F.L.A.S.H wrote:... Dis het ek gevind die beste metode om vleis huistoe te vat is om by die waters te sit....
Flash, sien nou net die.
Wat's mens se kans andersins? Daai voel soos vleis koop by die slaghuis.
Manne ek ken daai haakbos. Het 3 jaar terug daar gejag. Jy loop jou letterlik vas in die haakbos, dat jy in jou spore moet omdraai. Jy kan ook nie oor die hakbos sien nie.
En as jy n bul tussen daai bosse skiet is dit bloedsweet (letterlik) om hom daar uit te kry.
As die bees voet paadjies uitgetrap het; is dit n oplossing.
Maar ek sê nie jy moet nie probeer nie.
Hierdie is n harde jag, maar n lekker uitdaging.
Om hierby aan te sluit:
En as jy die koedoe daar in die digte bos skiet, hoe kry jy hom daar uit?
Om koedoes by watergate voor te lê, verg kennis van hul gewoontes. Hulle drink in die nag of vroegoggend en ook in die aand by sononder. As jy en 'n maat gaan, moet julle 'n pak kaarte saamneem en in die "af tye" poker speel!

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 8:45 am
by LoveHenties
Toemaar Oom. Reeds daarteen besluit.
Sent from my D6603 using Tapatalk
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 9:19 am
by sako 30-06
LoveHenties wrote:F.L.A.S.H wrote:... Dis het ek gevind die beste metode om vleis huistoe te vat is om by die waters te sit....
Flash, sien nou net die. Wat's mens se kans andersins? Daai voel soos vleis koop by die slaghuis.
Ek dink die slagter gaan ongelukkig wees as jy met n geweer by die slaghuis instap
Slaghuis hang die vleis ook klaar, op die jag moet jy hom self skiet. Glad nie dieselfde nie.

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 9:59 am
by F.L.A.S.H
Oom PWV
Dis nie baie aangenaam om bokke uit die digte goed te haal nie. Die bloed loop gou.
Die bokke is nie geguarantee nie. Hierdie is n oop plaas waar hulle loop soos hulle wil. Ons naaste hoe heining is 4 plaase weg.
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 10:58 am
by PWV
F.L.A.S.H wrote:Oom PWV
Dis nie baie aangenaam om bokke uit die digte goed te haal nie. Die bloed loop gou.
Die bokke is nie geguarantee nie. Hierdie is n oop plaas waar hulle loop soos hulle wil. Ons naaste hoe heining is 4 plaase weg.
Dit is soos jy sê, F.L.A.S.H, geen waarborg dat jy 'n bok gaan kry nie. As jy tyd het ('n week), sal jy wel, maar dan moet jy weet wat jy doen. Ek ken daardie tipe jag maar te goed.
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 11:24 am
by musgrave270
Die manne wat ek ken wat in daai wêreld jag sit 'n stel jagtralies bo-op hul bestaande stel tralies, so jy sit omtrent 3m hoog wat dit moontlik maak om meer wild te sien.
Groete
Ruan
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 2:10 pm
by F.L.A.S.H
Ok manne, na betjie dinkwerk gaan ek die vark pryse laer maak
Varke is dis nou R600 eenige groote
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 5:00 pm
by F.L.A.S.H
Manne ek tik hierdie post met my gumguard al kla in.
Ek vra net eers onverskoning.
Ek en die baas van die plaas (my ouma) het mekaar nie so mooi verstaan nie.
Daar is nog jag biskikbaar hier by my maar dit is ongelikig net vir boog jagters.
Ek is self nie baie bly oor die hele storie nie.
Ek vra weerens onverskoning.
Lekker aand
Dave
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 5:18 pm
by PWV
F.L.A.S.H wrote:Manne ek tik hierdie post met my gumguard al kla in.
Ek vra net eers onverskoning.
Ek en die baas van die plaas (my ouma) het mekaar nie so mooi verstaan nie.
Daar is nog jag biskikbaar hier by my maar dit is ongelikig net vir boog jagters.
Ek is self nie baie bly oor die hele storie nie.
Ek vra weerens onverskoning.
Lekker aand
Dave
Flash, ek nou nie by nie. Het jou ouma besluit dat daar nie gejag mag word nie?

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 5:23 pm
by Andre308
Presies hoekom my ouma nie mag inmeng in my jag besprekings nie... Of se eerder in niks van my dinge nie...
Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco
Posted: Thu May 19, 2016 5:41 pm
by F.L.A.S.H
Nee oom sy wil nie he mense moet met gewere jag nie maar mag met boog skiet.
Ai Andre is dinge net op daardie stadium kan kom sal ek bly wees.
Hoopelik by uinde die jaar vroeg in volgende jaar sal dinge beter gaan, maar man kan net hoop tot dan