Page 1 of 2
ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon May 23, 2016 10:19 am
by Klopper
Goeie dag lang afstand skuts!
Hier is die inskrywings vorm vir ons volgende shoot, 25 Junie 2016.
Inskrywingsvorm,reels en inligting:
Inskrywing
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon May 23, 2016 10:43 am
by Eugene
Let daarop dat daar 2 klasse is, ’n LR Varmint en ’n Long Range Hunting klas. Die Varmint klas is ’n individuele kompetisie, terwyl die Hunting klas in spanverband met 2 skuts per span geskiet word.
Enige skut kan aan beide klasse deelneem, maar jy kan nie met dieselfde geweer aan beide klasse deelneem nie. Dus kan jy byvoorbeeld met jou 243 aan die varmint klas deelneem en met jou 300WSM aan die Hunting klas.
Daar is hierdie keer geen papierteikens nie en op elke afstand word daar net na gonge geskiet. Dit behoort die dag vinniger te laat klaarmaak, aangesien daar minder tyd spandeer gaan word aan teikens ruil en toeplak.
Hoop om julle almal daar te sien!
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon May 23, 2016 12:11 pm
by LoopSoosStroop
Laat ek bietjie hoor of my pel sy .308 so ver wil gooi.
Is die afstande vasgestel of sal mens moet kan range?
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon May 23, 2016 12:13 pm
by LoopSoosStroop
Nog 'n vragie. Ek het al vantevore iets daaroor gesien maar kan nie nou kry nie: Kan twee span lede een geweer deel?
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon May 23, 2016 12:20 pm
by Eugene
LoopSoosStroop wrote:Laat ek bietjie hoor of my pel sy .308 so ver wil gooi.
Is die afstande vasgestel of sal mens moet kan range?
Die afstande is vasgestel en bekend.
LoopSoosStroop wrote:Nog 'n vragie. Ek het al vantevore iets daaroor gesien maar kan nie nou kry nie: Kan twee span lede een geweer deel?
Julle kan, maar die 2 spanlede skiet direk na mekaar, so julle gaan dalk daardie loop lekker warm skiet met 10 skote na mekaar en julle moet as 'n span ook vir mekaar spot, so dan gaan die ander spanmaat wat nie skiet nie, 'n spotting scope moet bring.
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon May 23, 2016 12:40 pm
by LoopSoosStroop
Dankie Eugene. Laat ons sien hoe loop hy!
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Fri May 27, 2016 6:24 pm
by LoopSoosStroop
Ok, ons is tentatief in. Hoop nie ons hap te veel wind nie...hehe
Verdere vragies:
1. Watter tipe voor ruste word toegelaat?
2. Hoeveel tyd het mens rofweg vir elke stage/teiken?
3. Watter grote teikens kan ons verwag.
Wil net naastenby weet waarvoor om voor te berei.
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Sat May 28, 2016 11:21 am
by Eugene
1. Enige rus wat vas aan jou geweer kom of 'n X-bag. Geen BR tipe rests nie.
2. Ek praat onder korreksie, maar ek dink 8 min vir jou 5 skote op elke afstand. Meeste ouens is na 5 min klaar.
3. Die gonge is rofweg 1,5 moa groot.
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Tue May 31, 2016 11:40 am
by LoopSoosStroop
Righto, dankie Eugene. Ons sal hierdie ene kom skiet.
Hoe laat dink jy sal verigtinge begin en klaarmaak? Omtrend twee ure se ry soontoe en dan weer terug vir ons.
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Tue May 31, 2016 12:18 pm
by Klopper
Hi ons het die formaat vinniger gemaak deur net gonge te gebruik en nie papier hoef te ruil nie, asook dat die varmint en hunter klas gelyk saam gaan skiet, dis vrek moeilik om te se want dit hang ook af hoeveel mense gaan deelnaam. As ke vir my vrou moes n' tyd gee was dit ot laaste lig loop die skote noeg.....maar as ek regtig rof moet skat sou ek se hier by 15:00 tot 16:00...
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Tue May 31, 2016 1:00 pm
by LoopSoosStroop
Dankie Klopper.
Wegspring tyd?
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Tue May 31, 2016 1:04 pm
by Klopper
Die skote sal loop net na 08:00

Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Tue May 31, 2016 3:21 pm
by Eugene
Klopper wrote:Hi ons het die formaat vinniger gemaak deur net gonge te gebruik en nie papier hoef te ruil nie, asook dat die varmint en hunter klas gelyk saam gaan skiet, dis vrek moeilik om te se want dit hang ook af hoeveel mense gaan deelnaam. As ke vir my vrou moes n' tyd gee was dit ot laaste lig loop die skote noeg.....maar as ek regtig rof moet skat sou ek se hier by 15:00 tot 16:00...
Onthou, die Varmint manne skiet net 15 skote, 5 op elke aflos, so hulle maak so bietjie vroeer klaar. Dis maar die Hunters klas wat langer vat, want hulle skiet dubbeld die skote (30). Ons hoop altyd om op die laatste om 15h00 klaar te wees met almal, maar soms werk dinge nie altyd so uit nie....
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Tue May 31, 2016 3:50 pm
by Fanta300
Ek sal dalk eers so 9 uur daar kan wees maar wil graag saamskiet. Sal dit werk?
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Tue May 31, 2016 4:08 pm
by Eugene
Fanta300 wrote:Ek sal dalk eers so 9 uur daar kan wees maar wil graag saamskiet. Sal dit werk?
Ons sal ons bes probeer om jou in te pas erens!
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Tue May 31, 2016 4:12 pm
by Fanta300
Dankie Eugene
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Wed Jun 01, 2016 3:50 pm
by MrFive
Just paid and sent my entry forms for both the Varmint and Hunters shoot

.
As per my first shoot, I am not sure that I will have a partner to shoot with me, so I might have to find someone to join me for the day again.
I am also keeping my fingers crossed that I actually get my stock back in time, it is being modified to make long range shooting more comfortable. I am adding an adjustable cheek raiser, a 3 way adjustment at the rear and then I am also fitting an Anschutz rail.
I look forward to shooting with the ALRHA again.
André
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon Jun 27, 2016 10:45 am
by Eugene
Manne, dankie vir almal wat die shoot bygewoon het. Daar was baie nuwe gesigte en dit was lekker om julle almal te kon ontmoet. Ek dink die dag het weereens goed afgeloop en "Windheuwel" was ons die keer genadig gewees met die wind. Almal het maar bietjie gebloei met die "600m" gonge en ek dink ons het maar die wind en die hoek verkeerd gehad daar.
Daar is reeds 'n paar planne en idees bespreek om die dag gladder te laat verloop, sodat ons so naby aan 14h00 as wat moontlik is kan klaarkry. Dankie ook vir almal se geduld met die nuwe formaat van gonge vir die Varmint klas.
Hier is die Top 5 spanne se uitslae van die LR Hunters klas:
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Hunters%20scores_zps5h3lsbva.jpeg
Hier is die Top 5 Skuts se uitslae van die LR Varmint klas:
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Varmint%20scores_zpsii6n9rie.jpeg
Hier is die eerste 3 skuts wat suksesvol aan ons nuwe CBC1000 deelgeneem het:
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/CBC_zpsnxbgytn9.jpeg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/GErt_zpslk1gcskx.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Herme%20JNR_zpsym9avrtc.jpeg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Lukas_zpspiyawenq.jpg
Dan wil ek ook graag dankie sê vir ons borge:
Safari & Outdoor wat vir elke skietdag vir ons geskenkbewyse gee vir die eerste 3 plekke in elke klas.
En Henk Viljoen van Silent Hunter wat vir elke skietdag 2 van sy KD's skenk vir pryse.
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon Jun 27, 2016 11:02 am
by Capt. Yoda
My f$#@ ek dog dis 25 July eers
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon Jun 27, 2016 11:14 am
by Eugene
Capt. Oblivious wrote:My f$#@ ek dog dis 25 July eers
Gewonder waar was jy.....
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon Jun 27, 2016 11:51 am
by tripodmvr
Sien die Vuildriehoekers het die gonge gepiets!!!!!
Wessel ken ek van sy kindsdae af - het al in die jagveld gesien wat hy met die 300WM kan doen. Ons bly ook maar 'n kilometer van mekaar af.
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon Jun 27, 2016 12:14 pm
by Eugene
tripodmvr wrote:Sien die Vuildriehoekers het die gonge gepiets!!!!!
Wessel ken ek van sy kindsdae af - het al in die jagveld gesien wat hy met die 300WM kan doen. Ons bly ook maar 'n kilometer van mekaar af.
Yip! Daai span het besonders goed geskiet. Ek dink Marko het vir die dag, net 2 gonge gemis!
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon Jun 27, 2016 12:33 pm
by LoopSoosStroop
Sheesh dit was 'n moeilike dag vir amateurs soos ek en my skiet maat. Slegs 12 uit 60 skote raak geskiet. Het darem baie geleer.
Die 14:00 klaarmaak plan klink vir my goed.
Ek sal eers bietjie huiswerk doen voordat ek weer ene bywoon.
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon Jun 27, 2016 12:37 pm
by Eugene
LoopSoosStroop wrote:Sheesh dit was 'n moeilike dag vir amateurs soos ek en my skiet maat. Slegs 12 uit 60 skote raak geskiet. Het darem baie geleer.
Die 14:00 klaarmaak plan klink vir my goed.
Ek sal eers bietjie huiswerk doen voordat ek weer ene bywoon.
Dit was lekker om julle daar te sien!
Die volgende een is op 17 September 2016. Dit gee jou darem bietjie tyd om te oefen, maar moenie wegbly oor julle bang is vir die telling nie. Die hoofdoel is mos om dit te geniet en te leer en dis juis op sulke dae, wanneer daar biejie druk is, dat mens die meeste leer!
Re: ALRHA Long Range Gong Shoot, 25 June 2016, Heilbron
Posted: Mon Jun 27, 2016 12:50 pm
by Trompie
Volgende een Join ek verseker ook!!!!
Eugene wrote:LoopSoosStroop wrote:Sheesh dit was 'n moeilike dag vir amateurs soos ek en my skiet maat. Slegs 12 uit 60 skote raak geskiet. Het darem baie geleer.