Page 1 of 1

Biltongjag Heilbron

Posted: Sun May 29, 2016 10:43 am
by Dyf
Springbokramme en een rooi hartebees bul. PM my asseblief.

Re: Biltongjag Heilbron

Posted: Sun May 29, 2016 3:30 pm
by Dyf
Jammer, ek het nie details verskaf nie. Dis n klompie bokke wat ek wil afhaal. Ek bedryf nie n formele jagplaas nie - net basiese fasiliteite is beskikbaar. Hier is n slagkamer waar ons kan vel aftrek en so maar verkoeling gebeur vanself. As jy wou oorbly is hier n boma vir kuier en spasie vir n tent of twee. Ek vra nie dagfooie nie maar groepe is beperk tot so 4 of 5 persone. Daar is ander vereistes soos inskiet voor jag, geweerveiligheid en drankgebruik voor ons veld toe gaan wat ek seker is elke regte jagter sal mee instem. Enige ander navrae kan ek op die forum of in n PM antwoord.
groete
D

Re: Biltongjag Heilbron

Posted: Sun May 29, 2016 3:34 pm
by Fanta300
Pryse?

Re: Biltongjag Heilbron

Posted: Sun May 29, 2016 3:45 pm
by Dyf
Springbokke R1100, rooihartebees R3500.

Re: Biltongjag Heilbron

Posted: Mon Aug 22, 2016 3:16 pm
by Hennie Oelofse
Dyf wrote:Springbokke R1100, rooihartebees R3500.
Ek stel moontlik belang. Gaan jou laat weet.