Thabazimbi Jagplek beskikbaar
Posted: Sun Jun 05, 2016 2:43 pm
Hello almal
Ons plaas is geleë in die hartjie van die Bosveld - ongeveer 280 km uit Pretoria, 80 km noordwes van Thabazimbi, op die Cumberland pad. Dis 1500 hektaar groot.
Ons het nog enkele jagnaweke beskikbaar hierdie seisoen.
Die jagkamp beskik oor 'n lapa, sitkamer, eetkamer, volledig toegeruste kombuis en slaapgeriewe vir 7 persone: 4 persone in 'n eenheid met 'n volledige badkamer, en 3 persone in 'n ander eenheid met 'n badkamer wat 'n stort, toilet en wasbak het.
DSTV kan op versoek aangeskakel word. Daar is ook 'n koelkamer en slaggeriewe beskikbaar.
'n Addisionele 7 persone kan in die woonhuis slaap. Die woonhuis en jagkamp is omtrent 100m van mekaar af.
Die pryse, BTW uitgesluit, is soos volg:
Akkommodasie: R350 per persoon per dag/nag
Wild (nie volledige pryslys):
Rooibokram - R1 500
Blouwildebeesbul - R3 500
Rooihartbeesbul - R4 500
Vlakvark - R600
Elandbul - R8 500
Zebra - R5 000
Indien enigiemand belangstel, of meer inligting verlang, e-pos ons by brakbult31@gmail.com. Ek sal dan vir julle die volledige pryslys en foto's stuur.
Groete
Johan