Page 1 of 2

Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 6:54 pm
by JTM
Ek het die' springbokke support. Die wenspan!
14656641548350.jpg

Re: Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 7:27 pm
by joe rocket
As ek jy steek ekke daai kas aan die brand. ++>:

Re: Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 7:43 pm
by 6mmMusgrave
Ek gan koop more n allblack trui. As die iere dit met ons doen sien ek swaar tye voor ons. Die gan n lang jaar wees manne

Re: Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 8:08 pm
by tripodmvr
Se by die Iere met 14 man.

Re: Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 8:17 pm
by PWV
Springbokke, "brute force and ignorance", terwyl die Iere (met 14 man) kliniese rugby gespeel het!
0/20 volg dieselfde paadjie!

Re: Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 8:19 pm
by PWV
Jannie, drank is 'n euwel en brandewyn het nie brieke nie! ++>:

Re: Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 8:47 pm
by JPS
:-X Ja nee en daar stamp Argentinee die o/20's ook

Re: Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 8:47 pm
by Philip_R
Hoskins het Desember al gesê, hulle plaas nie meer wen eerste nie, toe bedank ek as ondersteuner. Hulle het n teiken gemaak en die Minister is gelukkig, so hulle word betaal en drink self bietjie vanaand.

Re: Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 9:44 pm
by Ashley
Philip_R wrote:Hoskins het Desember al gesê, hulle plaas nie meer wen eerste nie, toe bedank ek as ondersteuner. Hulle het n teiken gemaak en die Minister is gelukkig, so hulle word betaal en drink self bietjie vanaand.
Ja ek dink vnnd se game het meer gegaan oor politiek, en oor om die grootkoppe gelukkig te kry, as oor die wen....

Re: Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 9:53 pm
by Jurgen Visser
Ek was op nuweland , so teleurstellende game gewees , eintlik alby kante , ek kon nie eers aan die drink kom nie , was nie nice game gewees nie

Re: Springbok supporter

Posted: Sat Jun 11, 2016 11:21 pm
by dehacked
Wat ons rasistiese politikuste nie verstaan is dat die gemiddelde rugby ondersteuner die trui ondersteun, nie die man se vel in die trui. Solank hy talent het en die punte aanteken gee ek nie om of hy soos 'n jersy koei lyk nie. Nou gaan fzk hulle die rugby ook op nes die res van die land.

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 6:52 am
by honda2
Ek dink nie die spankeuse was swak nie. Daar is miskien hier en daar 'n uitsondering maar daai manne is die beste wat ons het. Aai - ek het so gehoop Alister gaan nuwe vuur in die manne blaas - maar lyk my hy gaan ook bul rugby afrig.

Jy kry nie meer voorspelbaar as wat ons gisteraand gedoen het nie. Waneer gaan ons ophou om elke beweging met die voorspelers net in te ... Dink dit was Eddie Jones wat gese het" "Rugby is a contact sport where you have to try and avoid contact as far as possible". GOOI DIE BAL WYD!

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 7:05 am
by Gawie(13mm)
Jannie het die foto onder die Lagspier afdeling geplaas. Nou sanik en kerm julle alweer oor politiek en spankeuses. :-[

Gaan begin julle eie draad as julle wil kla en hou om hemelsnaam op om ander mense s'n te skaak met julle negatiewe uitkyk op die lewe.

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 7:35 am
by Capt. Yoda
Hahaha SA sport hoort hier onder die lag afdeling, is vir my mooi laat daar tog nog mense is wat na dit kyk

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 7:47 am
by ruaanb
lekker ou jan kan nie wag vir my supporter's toer nie!

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 9:32 am
by spekieries
Weet jy wat is snaaks, almal het gekla oor die hardloop rugby wat ons moet speel. Het ons nie nou pragtige hardloop rugby gespeel nie. Daar is 'n verskil tussen wen rugby en hardloop rugby. Nee manne dit is nie Allister of Heineke nie daar is 'n veel groter skroef los. Ek dink ons spel patroon van skole vlak af laat al leemtes.

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 11:39 am
by Jurgen Visser
Maak die lyn reguit , hulle hardloop 3 manne teen die kantlyn vas , skole leer gaan vorentoe en pass dan en so en so

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 12:20 pm
by J le Roux
Ek dink ons afrigtets verwar hardloop rugby met blindelings "pass" teen die lyn af. Opponete lees die patroon en druk ons teen die kantlyn vas. As die patroon nie afhewissel wors deur senters of loskakel wat bresse slaan nie eindig dit net teen die kantlyn op.

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 7:39 pm
by PWV
.

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 7:42 pm
by PWV
Weet nie hoekom is daar twee prentjies nie?

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 7:52 pm
by honda2
Want dit is 2 keer waar....

Re: Springbok supporter

Posted: Sun Jun 12, 2016 10:18 pm
by JK
Ek wonder wat gaan SARU doen as die paviljoene begin leeg loop!

Hoop maar AC kom by, hy het maar min tyd gehad met n redelike klomp nuwe splers.

Re: Springbok supporter

Posted: Mon Jun 13, 2016 5:56 am
by spekieries
Van kleins af leer ons spelers dat vir elke tree wat jy reguit maak in die middelveld wen jy 5 tree op die punt. Ons leer ons spelers moet nooit 'n bal aangee na 'n persoon in 'n swakker posisie as jy nie. Ons leer die seuns as jy by die 5 tree lyn kom naby aan die kantlyn moet jy terug middelveld toe want jy loop die risiko om balbesit te verloor met 'n oponente lynstaan. Ons leer ons seuns om nie op die man af te hardloop nie maar om spasie links of regs aan te val. 'n Vinnige bal word wyd gepeel en die voordeellyn word aangeval want oponente het nie tyd gehad om verdedigingslinies op te stel nie 'n stadige bal word eers weer opgedra deur 'n voorspelers om verdedigers in te trek. en en en..........

En so is daar baie ou goedjie wat 'n afrigter wat ten minste vlak twee SARU afrigting gehad het moet weet. My probleem is dat die teorie en die praktiese nie met mekaar praat nie . Professionele spelers kry dit nie reg nie. Daarom dat ek sê 'n skroef is los.

Lees wat is die mense se mening. Alles miskien nie waar nie, maar tog insiggewend.

http://www.thesportfreak.com/rugby/sout ... -end-near/

Re: Springbok supporter

Posted: Mon Jun 13, 2016 3:30 pm
by Chevvy SS
Gawie(13mm) wrote:Jannie het die foto onder die Lagspier afdeling geplaas. Nou sanik en kerm julle alweer oor politiek en spankeuses. :-[

Gaan begin julle eie draad as julle wil kla en hou om hemelsnaam op om ander mense s'n te skaak met julle negatiewe uitkyk op die lewe.
Ek is bly jy is so postief oor die uitslag my maat! ++>:

Re: Springbok supporter

Posted: Mon Jun 13, 2016 3:31 pm
by Chevvy SS
Rugby.jpg