Page 1 of 1

Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 7:54 am
by Geno
So kry ek die naweek weer n gier in my om my papgooi gerei af te stof.

Solomon's toe in Pta Noord om paar dippies en so te kry, toe tref dit my: Ek is heel uit gevoel met wat die manne deesdae mee hengel.

Toe ek laas gekyk het was dit SuperCast voor en SuperCast agter.

Nou sien ek groot name in hengel op ander fabrikate soos Twin Series en Conoflex bottels met name soos Loukie, Jumbo ens. op.

Is hulle nie meer betrokke by SuperCast nie? Indien wel, hoekom nie?
Is SuperCast se dips steeds goed? Of kyk man na iets anders?

As mens bv. 15 dips, 5 mielies en 5 floaties sal moet kies, watse geur en fabrikaat sou dit wees?
In watse kombinasie sal man dit gebruik?

Ek luister graag wat die ernstige manne soos Deeg en kie. sê...

Groete
Eugene

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 8:07 am
by Eugene
Geno, ek vang maar meestal net in ons plaasdam en in die Vaalrivier by ons, maar hier is wat ek gebruik:

Supercast se plein mieliebom;

Gegeurde mielies in Banjo, FX, Perdeby, Kersie, Honey en Piesang.

Dips: Dieselfde geure as bo en ook White Chocolate

Marshmellows en Floaties in dieselfde geure as bo en ook Pink sweets.


Dit is wat by ons werk......

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 8:20 am
by Schalk.vdB
Hi Geno

Eugene praat mooi. Voer is voer dit moet net op dieselfde plek gegooi word maar onthou dis winter en die vis is nie so aktief nie so gooi bietjie minder voer. En geduld. Jy kan dalk bietjie fluorosien bysit om hulle te trek.

Ek het baie probleme maar visvang en jag is deel van my probleme nie!

Lekker vis
Schalk

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 8:35 am
by Geno
Dankie julle.
Dips wat ek het en nog altyd gebruik het is as ek so vinnig moet dink:
Supercast:
FX, TjopTjop, Banjo, Perdeby, Devils Fork, Dynamite, Honey Glow, Peaches, Hasbeen en nog so paar wat ek nie nou aan kan dink nie.

Hookit:
Fruitmix en paar Bravo/Blik-sem dips.

TCP (die regte medisinale een)

Wat reken julle kan man by sit?

Ek het so paar mielies en floats ook.

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 9:47 am
by Carl
:angel: Gedink dis nog steeds Branna's en Coke >:D

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 10:14 am
by Lourens Potgieter
Geno, daai manne het van Supercast af gesplit, hoekom sal ek nie kan sê nie, maar as ek reg onthou was dit nie 'n aangename gebeurtenis vir almal nie.

Die geure wat jy daar noem is goed. Floats gebruik almal deesdae die sagte floats wat gegeur is. Vampire(garlic), banlic(banana-garlic) en honey werk vir my goed. Hoof aas is deeg wat jy met bietjie moirs amandel en water maak, of net plein deeg sonder geursel(koekmeel en water).

Ek maak my eie mielies, koop suikermielies aan stronk by Spar, met blare en al in mikrogolf vir 2 minute, laat afkoel, haal blare af en sny met skerp messie teen stronk af. Soek mooi heel pitjies uit, en geur(ek gebruik moirs amandel saam tartrazine poeier, yellow activator(garlic). Daai twee geure in pitte sal jou vêr vat.

Pit of float voor aan die hoek net verby weerhakie, met stukkie deeg(ryskorrel) agter op die steel.

PS:Skies die Yellow Activator is 'n dip van Trucella

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 10:19 am
by Geno
Thanks Lourens!
Dip kombinasies vir sekere damme? Of is dit 'n staatsgeheim soos sekere klank sequences vir jakkalse?

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 11:24 am
by Lourens Potgieter
Hang af watter dam toe gaan jy. Harties is maklik en gee nou mooi vis, Komandonek.

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 11:53 am
by Geno
Ek sal meestal Harties (op my ou privaat spot), Roodekoppies en Klein paradys besoek.

As iemand 'n social trip wil reel, laat weet my asb. Sal lekker wees.

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 12:36 pm
by Lourens Potgieter
Ek en Roodekoppies is nie maats nie. Daai dam haat my, beste ding vir Roodekoppies is 500 sement trokke in die middel van die nag.....

Jy moet my so IDEE gee waar by Harties is jou spot, nie presies nie, naby watter oewer. Sodat ek kan weet of dit diep(Kosmos se kant) of vlak( De Rust se kant) is. Vlak water gooi ek pitte met 'n LANG deeg, van die pit af tot op die hoeklyn. Hoe vêr kan jy gooi?Nog so 20 meter by. Dit maak groot verskil in daai vlak water. Pos en los.

By die dieper dele van Harties Sal ek op elke stok boonste hoek pit en deeg hengel, onderste hoek float en deeg. Hier kan jy so rondom 100m hengel.

Dips sal ek Devilsfork, Rooi GP(bunspice) en skoon duiwelsdrek(lennons) op die bol sit(Beste grondvoer is Boulyn, groen sak). Ander stok stuttafordts, Bass(sterk groen garlic) en fx.

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 20, 2016 1:06 pm
by Geno
Dis op dieselfde gronde as wat Hier Gaan Ons Alweer altyd gehengel het op daardie eiland. Wes van die lang brug.
Die water is tussen 4m en 7m diep daar.

Combos wat altyd vir my daar gewerk het was FX/Fruitmix, FX/ Devils Fork, FX/Dynamite, TCP, FX/Perdeby.
Ek hengel as 'n reel altyd met 'n pit op my boonste hoek.
Onder sal ek afwissel met 'n degie en floatie of net 'n degie. So die ouens hengel darm nog so? Ek het gedink dat die tegnieke al verander het, maar lyk darm nie so nie.

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 27, 2016 9:05 am
by Geno
More Manne.

Ek het Vrydag-oggend so bietjie langs die viswaters gaan sit en wag vir die swelling op my gesig om te sak na my verstand tande Donderdag uitgehaal is.

My jakkalsjag appy, Christo, is met skoolvakansie, toe gaan hy saam.

Ek het 4 karpe en 'n baber gevang, en hy het 2 karpe gevang.
My swaarste vis was 4.3kg.
Christo s'n was 6.7kg.

Die vis was traag om aan die byt te kom, maar het eventueel mooi gebyt met anys en sweetcorn sprays van BFA op die voerbol.
Supercast "Pampoenpitte" floats was die aas van voorkeur.

Christo se 6.7kg vis.
IMG-20160624-WA0009.jpg.jpeg
My swaarste vis vir die oggend.
IMG-20160624-WA0010.jpg.jpeg
Groete

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 27, 2016 9:18 am
by Lourens Potgieter
Daai vis lyk mooi gesond, goed gedoen.

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 27, 2016 9:20 am
by Frederik
Netjies lyk lekker sonnig en nie koud.

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Mon Jun 27, 2016 6:39 pm
by ruaanb
netjies maar eish daai wange lyk seer.

Re: Papgooi: Wat gebruik die manne deesdae?

Posted: Wed Jun 29, 2016 12:24 pm
by vossie1
Mooi vis daai,jy lyk soos n chipmunk. ;D