Page 1 of 1
Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 07, 2016 9:17 am
by marno
Hallo het iemand nou dalk al 'n update van wanneer dit waar beskikbaar gaan wees?
Ek weet hulle moes verpakking verander maar dis wat ek laaste gehoor het.
Jis ek brand om te begin skiet man!
Groetnis
Marno
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 07, 2016 10:10 am
by Askari
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 07, 2016 10:29 am
by marno
Thanks maat!
Sjoe ek hoop ons kry gou van dit.
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 07, 2016 10:37 am
by Dirkonius
Marno, my swaer was gister by Blunderbuss om op te volg oor wanneer ons nou Obatex kan kry.
Craig het nog nie in voorraad nie en hy, nie seker van ander handelaars nie, het 'n paar probleme:
1. Die eienaar(s) wat Obatex vervaardig wil minimum 15kg verskaf; Craig het net permit vir vervoer en stoor van 10kg;
2. Die Obatex mense kan bleikbaar nie self vervoer nie, handelaars moet self reel vir vervoer en permitte.
In kort, dit neuk sovêr die Blunderbuss betref.
Ons gaan nou maar kyk of ons nie êrens naby aan Johannesburg kan aankoop nie.
Sou gaaf wees om die Obatex mense se opinie direk te kry op hierdie of 'n ander forum.
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 07, 2016 10:38 am
by Dirkonius
Laaste gedagte, as mens die mense van Obatex kon kontak, kan ons uitvind of ons direk by hulle kan koop, maar dit is in Rustenburg.
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 07, 2016 10:57 am
by marno
Thanks man!
Ja jong ek het al daaraan gedink maar sover ek nou gelees het op Whitesmoke se hulle die ou wil nie direk met enige publiek deal nie.
Ek hoop maar hulle kry 'n manier om dit.
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 07, 2016 2:28 pm
by Dirkonius
Marno, ek gaan vir Craig vra of hy dir kruit in Rustenburg sal gaan haal as ons genoeg kopers bymekaar kan kry vir die 10kg wat sy permit toelaat. Weet nie of hy sal byt nie, maar vra is vry.
Sal jou laat weet.
Alternatiewelik het ek 'n vermoede dar is 'n plek in vaaldriehoek wat kruit mag verkoop. Sal gaan soek op die interweb.
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 07, 2016 2:39 pm
by marno
Kwaai!
Ek het vir Camdix ook gevra. Hulle kan dalk moontlik ook binnekort kry.
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 14, 2016 5:10 pm
by michris
Ek het gister aand by ons SAJWV vergadering gehoor iemand in Kroondal maak die kruit en is nou beskikbaar by Byleveld in Rustenburg en Classic arms in Witbank. Mens kan nie by hom koop nie, hy lewer net aan wapen winkels. Hoop julle kom reg. Byleveld No:0145923235
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 14, 2016 5:12 pm
by Dirkonius
Baie dankie vir die inligting. Ek gaan dalk binnekort Witbank toe en sal môre vir Classic Arms ook bel.
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 14, 2016 7:33 pm
by Dirkonius
Ek verstaan dat Craig van Blunderbuss sy permitte uitgesorteer kry en hulle behoort teen die einde van Julie voorraad te hê.
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Thu Jul 14, 2016 7:39 pm
by marno
Jis man ek kan regtig nie meer wag nie.
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Fri Jul 15, 2016 7:19 am
by Klein Chris
Waar in Pretoria kan ek van die kruit koop?
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Fri Jul 15, 2016 8:05 am
by Dirkonius
Chris, ek vermoed jy gaan moet kyk wie die naaste aan jou is tussen Byleveld in Rustenburg of Classic Arms in Witbank. Bel eers om te bevestig dat hulle voorraad het.
Re: Nuwe Obatex kruit
Posted: Fri Jul 15, 2016 8:27 am
by marno
Hopelik kry Camdix ook een van die dae