Page 1 of 1
Merkies op loop
Posted: Sat Jul 09, 2016 1:48 pm
by Rooster1089
Hallo almal,
Ek haal vanoggend my haelgeweer uit die kluis na 'n jaar wat hy nog nie weer gebruik was nie.
Nou is daar sulke klein harde goedjies op en as ek dit afhaal dan sien ek die swart is weg en jy sien die staal?
Wat kan dit wees? Ek maak altyd eers gewere skoon voor ek hul in die kluis bere.
Dankie
Re: Merkies op loop
Posted: Sat Jul 09, 2016 3:21 pm
by THOMAST
Gebruik jy die haelgeweer vir jag? Dit mag dalk bloed druppeltjies wees. Dit vreet die Blou van 'n loop af soos niks.
Re: Merkies op loop
Posted: Sat Jul 09, 2016 8:07 pm
by Rooster1089
Ja ek gebruik hom vir jag. Sal hom seker oor moet blou. Dit is 'n enkel loop baikal, wat sal dit dalk kos om hom oor te blou?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Merkies op loop
Posted: Sun Jul 10, 2016 10:47 am
by THOMAST
As die merkies klein is:
Jy kry 'n pen (lyl soos koki pen) wat chemikalië bevat en metaal weer sal blou verkleur. Hoe meer jy opsit, hoe donkerder word dit.
Ek het een by name G96 Gun Blue Stick en ek gebruik hom op klein "touch up" merkies.
Die risiko is dat die kleure mag miskien nie presies ooreenstem met die oorspronklike blou nie en as jy groot plekke wil regmaak, kan jou geweer soos 'n bontpootbosluis lyk.
Re: Merkies op loop
Posted: Mon Jul 11, 2016 11:15 am
by obasch
'n Enkelloop Baikal is waarskynlik minder werd as wat dit jou gaan kos om dit oor te blou. Doen die touch-up soos Thomas hierbo beskryf en gebruik die geweer net so.
Waar staan jou kluis? Is daar dalk swembadsuur, sterk blykmiddels, soldeer flux of iets dergliks in die omgewing?
Re: Merkies op loop
Posted: Mon Aug 15, 2016 10:53 am
by Rooster1089
Baie Dankie manne, waar gaan ek die G96 Gun Blue Stick kry?
Ek het al myself dood ge"google".
Dankie
Re: Merkies op loop
Posted: Mon Aug 15, 2016 1:07 pm
by Johnnie De Wet
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160815/961c63021ba74430eebba270cefc4d5a.jpg
Birchwood Casey se perma blue is vir my baie beter as G96 se gun blue creme.
Kos ongeveer R130 vir buisie, kan so 2 vol lope doen.
Re: Merkies op loop
Posted: Mon Aug 15, 2016 9:07 pm
by Tiny Hunter
Johnnie waar kry mens van daai Perma Blue??
Sent from my E6853 using Tapatalk
Re: Merkies op loop
Posted: Mon Aug 15, 2016 9:35 pm
by Hein M.
My .22 BRNO se lopie kort ook 'n bietjie blou. Net 'n vragie: Moet ek die hele loop met staalwol afskuur of hoe werk dit? Ek wil darem nie hê die affêre moet slegter lyk as aan die begin nie

Re: Merkies op loop
Posted: Tue Aug 16, 2016 7:38 am
by Rooster1089
Kan mens daai perma blue crème net op die merkies smeer of moet mens die hele loop oor doen?
Re: Merkies op loop
Posted: Tue Aug 16, 2016 7:53 am
by Johnnie De Wet
Die Perma blue werk baie goed op klein merkies en blend totaal, die g96 het streaks gemaak.
Ek het by Gerrie Coetzee in Bloem gekry.
Re: Merkies op loop
Posted: Tue Aug 16, 2016 8:27 am
by Tiny Hunter
Ek weet nie of ek nou hi-jack nie maar ek het n ou windbuks wat ek n nuwe kolf vir maak. Wil graag die loop ook oor blou maar wil dit sommer self doen want ek glo nie die ding is eintlik iets werd nie. Kan ek dit met Perma Blue doen???