Page 1 of 1

Vlermuise

Posted: Tue Jul 12, 2011 9:52 pm
by Skolla
Het enige iemand dalk raad hoe om vlermuise uit n dak te kry en weg te hou?
Iemand het my vandag gevra maar ek het geen idee nie.

Skolla

Re: Vlermuise

Posted: Tue Jul 12, 2011 9:58 pm
by Cobus(Cobb)
gammo cfx...maar jy moet blitsig vinnig wees...

Re: Vlermuise

Posted: Wed Jul 13, 2011 4:56 am
by tripodmvr
Het die raad lank gelede gekry. Vat gewone rooipeper en strooi dit waar jy die vlermuise se beweegroetes kan sien of waar hulle in die dak ingaan. Soos hulle rondfladder versteur hulle die peper en dit irriteer hulle blykbaar baie. Vat 'n kans en probeer dit en om hul ingangsroete toe te maak as hulle weg is.

Die peper roete kan ook hulle lewend laat padgee - die' diertjies word al hoe skaarser en vervul 'n baie belangrike rol in die natuur.

Re: Vlermuise

Posted: Wed Jul 13, 2011 8:43 am
by bullseye
SKOLLA

VAT KAKIEBOS SIT DIT WAAR DIE VLERMUISE BLY ,HULLE SAL DADELIK TREK.

GROETE
BEN.

Re: Vlermuise

Posted: Wed Jul 13, 2011 8:58 am
by Skolla
Dankie manne, ek sal die raad so deur gee.

Skolla

Re: Vlermuise

Posted: Wed Jul 13, 2011 9:30 am
by Jeagermeister
Al gehoor 'n paar platgeslaande knoffel huisie in die dak of in 'n uie sakkie waar hulle hang werk ook...

My stuiwer in die armbeurs..

JM

Re: Vlermuise

Posted: Wed Jul 13, 2011 11:41 am
by Wielie Waps
Baie boere wil die vlermuise uit hul dakke he , maar nie van die plaas af nie. Ek is tans besig met so bewaring inisiatief in die Vrystaat om "bat boxes" te bou wat buite die huise opgesit word sodat hulle nie totaal van die plaas wegtrek nie.
Kyk na die website: www.ecosolutions.co.za/about-bats/bat-box-design

Re: Vlermuise

Posted: Wed Jul 13, 2011 8:56 pm
by Johan04
Ek het gehoor dat 'n lig (neon) wat permanent in die dak hang hule verdryf. Vlermuisse wil donkerte he,so die lig pla hule en hulle trek blykbaar. Ek weet nie wat efkom hiervan sal se nie?

Groete

Johan

Re: Vlermuise

Posted: Thu Jul 14, 2011 11:00 pm
by Vaalboer
Ek het gehoor jy maak n bad of 'n skottel water vas onder die nok waar hulle ingaan. Glo wanneer hulle uitkom val hulle die eerste meter of so en dan val hulle in die water en versuip.

Re: Vlermuise

Posted: Fri Jul 15, 2011 7:11 am
by spekieries
Manne

Asseblief eerder laat trek as vrekmaak. Hierdie diertjies vang letterlik miljoene insekte in 'n jaar. Miskien kan hulle die slenkdal muskiete bietjie gas gee. Daardie "batboxes" soos in Berg en Dal ruskamp in die Kruger Wildtuin lyk 'n wenner na kakiebos hulle laat vlug het.

Re: Vlermuise

Posted: Fri Jul 15, 2011 9:37 am
by Dawid
Manne , ekt al sukses gehad deur bye uit n dak met motbolle te verdryf so ek glo vas dit sal vir vlermuise ook werk want hulle reuksintuig is uiters skerp en die reuk van die motbolle gaan hulle geweldig irriteer dan trek hulle.

Re: Vlermuise

Posted: Mon Nov 14, 2011 5:45 pm
by cois@wam.co.za
Een of twee deurskynende dakplate lyk my help. Vlermuise wil donkerte h

Re: Vlermuise

Posted: Mon Nov 14, 2011 7:38 pm
by G-force
Ouens my familie het n vakansie huis Ponta De Oura en ons sit me net so n probleem.Die urine van die muise ruik verskriklik.Ons het al daai sonic goed probeer,dit werk nie.Ons wil nie vrek maak nie maar weet nie hoe anders nie.

Re: Vlermuise

Posted: Mon Nov 14, 2011 7:49 pm
by Dawid
Gooi motbolle, sommer n hele pak......die reuk pis hulle lelik af, glo my dit werk

Re: Vlermuise

Posted: Mon Nov 14, 2011 9:53 pm
by molopohunter
Die probleem in die laeveld gehad.
Ek het in die laat miggag as hulle uitvlieg "expandable foam" by hulle gate gespuit. Dit werk, en dit gee tyd as jy n bat box wil opsit tot al die gate toe is.
Insoleer ook die dak sommer beter ;D

Re: Vlermuise

Posted: Sun Jan 29, 2012 1:12 am
by Fanie
Genade !  Klink of sommige van julle met wampaaiers te doen het :-D

As jy vlermuise het is jy gelukkig, hulle doen meer goed as kwaad !
As jy nou rerig so' bygelowig is, laat hulle eerder net trek.

Oor die in die hare in vliegery, dis nie rerig waar nie, maar ek moet erken as ek so na party van die poppe se boste hare kyk dan kry ek self lus om daar in te vlieg !

Re: Vlermuise

Posted: Sun Jan 29, 2012 8:33 am
by Frederik
molopohunter wrote: Die probleem in die laeveld gehad.
Ek het in die laat miggag as hulle uitvlieg "expandable foam" by hulle gate gespuit. Dit werk, en dit gee tyd as jy n bat box wil opsit tot al die gate toe is.
Insoleer ook die dak sommer beter ;D
Dit werk ek het sommer net koerante in die gate gedruk sodat hulle nie kan inklim nie. Maar jy moet dit doen na dat hulle uitgevlieg het die vorige aand gesit en tel hoeveel van hulle daar was en die volgende dag net gewag tot alaml uit is en die gatte toegestop.

Re: Vlermuise

Posted: Sun Jan 29, 2012 10:13 am
by Freddie101
Wielie Waps wrote: Baie boere wil die vlermuise uit hul dakke he , maar nie van die plaas af nie. Ek is tans besig met so bewaring inisiatief in die Vrystaat om "bat boxes" te bou wat buite die huise opgesit word sodat hulle nie totaal van die plaas wegtrek nie.
Kyk na die website: www.ecosolutions.co.za/about-bats/bat-box-design
Wiele
Ek gaan jou kontak as ek in Bloem weer kom vir so n box. Klink goed om die muskiete bietjie in toom te hou.

Re: Vlermuise

Posted: Sun Jan 29, 2012 11:01 am
by Fanie
Frddie, dit lyk nogal na 'n oulike idee !

As die boxe werk sal ek ook een hier wil opsit op 'n stadium.

Re: Vlermuise

Posted: Sun Jan 29, 2012 8:09 pm
by Wielie Waps
100% Freddie
Die projek het laasjaar biejie stil gele , maar sal nou weer volstoom aan die gang kom. Sal jou op hoogte hou.

Re: Vlermuise

Posted: Sat Feb 04, 2012 4:43 pm
by Jakkalsgat
Ek hou van daai skuim in sy gat spuit idee maar dan moet jy seker vinnig wees!

Re: Vlermuise

Posted: Sat Feb 04, 2012 5:54 pm
by GERT vd M
jakkalsgat wrote: Ek hou van daai skuim in sy gat spuit idee maar dan moet jy seker vinnig wees!

    JAKKALSGAT,!!....... Jy moet hardloop my maat, daai is nie gewone skuim nie,, dit set na so nrukkie.....

                          GROETNIS
                          GERT