Page 1 of 1

Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemeente

Posted: Mon Jul 18, 2016 10:11 am
by Eendegeweer
Goeie More aan al die lede,:
Ek wil graag die volgende onder u aandag bring:

Die Herrvormde Kerk gemeente Kathu bied 'n een in 'n leeftyd kans vir 'n jagpakket wat bestaan uit:
1 Swartwitpens trofee bul , 1 Gemsbok trofee bul, 1 Springbok trofee ram en 1 vlakvark trofee. Trofees word gewaarborg. Hierdie pakket het slegs een wenner. Daarmee saam is daar gratis verblyf vir twee persone vir vyf dae te jagplaas KNAPDAAR in die Noord Kaap in die Deben distrik. Alle kos en koeldrank, jagbakkie, slaggeriewe en koelkamer is gratis. Enigste koste vir die jagter is eie vervoer tot op die plaas en indien enige ander "verversings" gedrink wil word bring u dit saam. Slegs 600 kaartjies is beskikbaar. Prys per kaartjie is R500-00 (vyf honderd rand). Sluitingsdatum van kompetisie is 15 Augustus 2016 en die geouditeerde trekking vind plaas die 19 de Augustus 2016. Die diere aangebied moet voor die 30 November 2016 gejag word anders moet reelings met die eienaar getref word. Kaartjies kan per internet geboek word.

Ek wil asseblief vra dat indien u belangstel u telefonies met my vrou Ina Britz by sel 0603572414 of dan per e-pos by ina.britz@icloud.com te skakel.

Ek dank u vir die geleentheid
Ds. Hans Britz. (sel 0810476325)
Kokerboom straat 16,
Kathu
8446

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Mon Jul 18, 2016 10:57 am
by PWV
Hoop ek wen hierdie een!

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Mon Jul 18, 2016 12:22 pm
by ruaanb
Laat ek maar inskryf!

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Thu Aug 04, 2016 9:34 am
by Eendegeweer
Goeiemore aan al die lede.
Eerstens 'n groot woord van dank aan al die lede. Twaalf van ons lede het kaartjies geneem en ek gebruik die geleentheid om julle te bedank. Van sover as Friedland Ranch Namibie, uit die Paarl en uit die Kaap het reaksie gekom.

Net 'n stukkie terugvoer oor die kompetisie. Ons wou graag 600 kaartjies verkoop. Ons is bewus daarvan dat die ekonomie druk. Ons het 400 gedrukte kaartjies waarvan 140 op hierdie stadium van skrywe verkoop is. Daar is nog enkele beloftes. DIE KOMPETISIE GAAN VOORT EN DIE SLUITINGSDATUM BLY DIE 15 AUGUSTUS EN DIE TREKKING VIND STEEDS PLAAS OP 19 AUGUSTUS 2016.

Dit beteken dat die manne en dames wat kaartjies het, 'n baie goeie kans staan met minder kaartjies wat verkoop is. Daar is min tyd oor....as u wil inskryf doen so asseblief.

Groete
Ds. Hans Britz
Ned. Hervormde Kerk Kathu

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Wed Aug 17, 2016 1:31 pm
by PWV
Wag in spanning!!!

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Wed Aug 17, 2016 2:49 pm
by Bierseun
Jip ek ook !!!

Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Wed Aug 17, 2016 3:06 pm
by Dolf014
Daai plaas is 40km van my af.

Die persoon wat die prys wen; ek sal saamgaan. ;)

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Wed Aug 17, 2016 3:22 pm
by Bierseun

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Thu Aug 18, 2016 6:13 am
by Riebeeker
Ek sal al tevrede wees met derde prys

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Thu Aug 18, 2016 10:19 am
by PWV
Riebeeker wrote:Ek sal al tevrede wees met derde prys
Daar is net een prys, my Vriend. Reg of weg!

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Fri Aug 19, 2016 10:40 am
by Bierseun
Die tyd is hier !!!!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Fri Aug 19, 2016 1:24 pm
by PWV
Bierseun wrote:Die tyd is hier !!!!

Sent from my iPhone using Tapatalk
Bierseun, jy is mos nie 'n jagter nie - jy vang net vis! >:+

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Fri Aug 19, 2016 3:54 pm
by Bierseun
Hahahaha ja Oom PW ek is maar nou weer 'n beginner in die jagveld

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Fri Aug 19, 2016 3:55 pm
by Bierseun
Maar het groot geword in die slaghuis so ek kan wors maak ek sal die resep eendag miskien deel.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Fri Aug 19, 2016 4:06 pm
by Riebeeker
Het ons al nuus?

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Fri Aug 19, 2016 4:38 pm
by Riebeeker
Trekking is 19H00 vanaand - kan nie wag nie.

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Fri Aug 19, 2016 11:36 pm
by snakker
Riebeeker wrote:Trekking is 19H00 vanaand - kan nie wag nie.
En?!

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Sat Aug 20, 2016 5:18 am
by PWV
Niemand weet nie en die wat weet wil nie sĂȘ nie!

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Sat Aug 20, 2016 5:31 am
by Bierseun
Ek dink as jy nie n sms gekry het nie is dit nie jy nie....

Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Sat Aug 20, 2016 6:54 am
by PWV
Eendegeweer is ook so stil soos 'n (kerk)muis!

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Sat Aug 20, 2016 6:56 am
by Bierseun
Hahahaha

Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Jagpakket aangebied deur Ned. Hervormde Kerk Kathu gemee

Posted: Sat Aug 20, 2016 7:58 am
by Bierseun
Jan Hendrik van Tonder baie geluk, ek sal volgende jaar weer probeer .

Sent from my iPhone using Tapatalk