Page 1 of 1

Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Tue Aug 09, 2016 6:47 pm
by JOHANNIC
Kan enige iemand help
Soek ook anchutz sights
082 666023een
Johan du plooy
Vir my dogter skole skiet
johan.nicolene@gmail.com

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Tue Aug 09, 2016 7:39 pm
by JPS
Johan,

Maak net seker die Anshutz sights wat jy kry kan NIE roteer nie.

My seun is geweier om die Noord Gauteng ope te skiet met Anshutz sights wat hy opgehad het. Al sê die eerste sin van die reelboek enige gaaitjie visier mag genruik word se dit verder ondertoe. Geen werwel of roteerende visiere mag gebruik word nie.

Jy mag dalk net geld mors as jy die verkeerde Anshutz in die hande kry.

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Tue Aug 09, 2016 7:49 pm
by JOHANNIC
Dankie
Ek sal seker maak die besigheid is reg
Goed jy praat!

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Tue Aug 09, 2016 7:55 pm
by JPS
Hi Johan,
Nou die advertensie op SAARA (South African Air rifle association) se website gekry. Die website is wwe.saara.org.za dan gaan jy na die clasifieds gedeelte toe. Ek copy en paste soveel ek kan hier.


Top: Sporter
Nuwe Cz 200 teen spesiale prys
ID#: 58 Date posted: August 4, 2016; Expire date: November 12, 2016; 16 visits
Province: North West
City: --
Type: Offered
Brief Description: Die invoerders het vir ons nuwe CZ gewere beskikbaar gestel teen n baie spesiale prys van R8300 stuk . Sal jul dit asb deergee aan jul klublede indien daar iemand is wat belangstel . Laat weet my asb
More Details: --
Price: R8300
Contact Name: Frans Botha
Contact Phone: 082 948 2559
Contact e-mail: Privacy Mail

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Tue Aug 09, 2016 8:08 pm
by JOHANNIC
Jip
Ek het my naam opgesit daar!
Soek maar solank nog een sussie sal seker
Ook wil skiet.... En dalk pa ook! Sien daar is n F klas vir ons oor die muur manne

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Tue Aug 09, 2016 8:10 pm
by JOHANNIC
Ek het n mpr vandag gemis vir R6000

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Tue Aug 09, 2016 10:08 pm
by JPS
JOHANNIC wrote:Ek het n mpr vandag gemis vir R6000
Genugtig,

Dit is 'n jammerte, nuut is hulle seker nou hier by die 17K. Laas jaar 15.5K gewees toe ek my seun sin gekoop het.

MPR's is bitter min te koop en wanneer hulle is gaan hulle vinnig.

Sterkte en geniet.

Jan

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Wed Aug 10, 2016 7:57 am
by Capt. Yoda
JOHANNIC wrote:Ek het n mpr vandag gemis vir R6000

Vir R6000 vir n MPR begin ek ook weer pellet skiet!

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Wed Aug 10, 2016 10:33 am
by JOHANNIC
Kyk olx hy daar opgesit
Ek kan my gat skop
Met geweer tas by

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Wed Aug 10, 2016 8:09 pm
by Jaco V
JPS wrote:My seun is geweier om die Noord Gauteng ope te skiet met Anshutz sights wat hy opgehad het. Al sê die eerste sin van die reelboek enige gaaitjie visier mag genruik word se dit verder ondertoe. Geen werwel of roteerende visiere mag gebruik word nie.
Ek weet nie hoe die reels deesdae toegepas word nie maar in my dae in wapeninspeksie het ons wel uitgewys dat die roterende sights ontoelaatbaar is vir Sporter en 'n waarskuwing aangeteken, dan het ons "tippex" gebruik om die sight te seel en die skut laat skiet. In 'n sport waar ons deelname en nuwe skuts wil lok kan mens nie bekostig om sommer net so skut weg te wys nie. Jy verloor hom vir altyd....

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Wed Aug 10, 2016 9:33 pm
by JPS
Hi Jaco,

Ek het selfs aangebied om die visier vas te gom ( vir SA's ook in Oktober) aangesien hy glad nie gebruik word on te roteer nie sy voorste visier kan nie kantel nie so dit is nie slim om die sight te roteer nie maar nou ja. Die ooms was baie baie spesifiek dat hy nie kan skiet nie en maar sommer weer agter in die ry in te val vir inspeksie as ons 'n ander sight gekry het. Dit na so Twee ure in die ry vir inspeksie. Presies soos jy sê ek het toe maar gesê kom pak jou goed ons gaan maar huis toe aangesien hy nog heeltyd met die visier deelneem sonder probleme voorheen (wel by SAARA) 'N dame het toe haar visier aangebied maar sit het sy vrydag se skiet heeltemal omver gegooi met heel onbekende sight wat ook andersom stel as syne...
Ek verstaan ook dat die visier gemerk was in die verlede en indien hy dan geskuif is is die persoon gesdiskwalifiseer. Maar dit is blykbaar op " bosberaad" bespreek einde laasjaar en word nou glad nie toegelaat nie. Die skut word gediskwalifiseer voor hy begin.

Ag maar so leer ons kos my nou net weer paar duisend rand ander sight in te bring.

Groete
Jan

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Fri Aug 12, 2016 7:16 am
by JPS
Johan,

Het vir jou PM gestuur met details van MPR te koop. Eugene hier op die forum het hom aangestuur vir my, hy kon nie die post kry nie.

Groete

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Fri Aug 12, 2016 7:21 am
by JOHANNIC
Dankie manne Ek kon toe gister een kry vir R 6000
Sal die inligting deurgee vir ons klub
Groete

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Fri Aug 12, 2016 7:44 am
by Eugene
Dankie Jan!

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Fri Aug 12, 2016 8:34 am
by vossie1
More meneere ek is ook in die mark vir bogenoemde geweere as daar nog opduik as Johannic klaar regekom het.

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Fri Aug 12, 2016 8:58 am
by JOHANNIC
Vossie
Ek is uitgesort
Op olx is daar nou ook as jy daar gaan loer

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Fri Aug 12, 2016 9:02 am
by vossie1
Thanks Johan ek sal gaan loer

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Tue Sep 06, 2016 10:44 pm
by Johnnie De Wet
JPS wrote:Johan,

Maak net seker die Anshutz sights wat jy kry kan NIE roteer nie.
Naand manne, wat gebeur waneer die visiere roteer? Hoe roteer hul en watse voordeel hou dit in?

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Wed Sep 07, 2016 7:15 am
by JPS
Johnnie,

Kyk op web vir Anshutz 7020 rear sight. Die maklikste manier om te verduidelik is soos ringe op teleskoop op jag geweer jy kan die ringe bietjie losmaak en dan die scope cant / tilt. Jy wil nie dit doen nie want jy wil die scope loodreg gemount hê op die geweer. Rear sights wat kan tilt is in 'n clamp soos ringe en kan dan los gemaak word en tilt.

Die voordeel by 'n sporter geweer met die agterste visier wat kan tilt is nie regtig voorddel in my opienine nie omrede jy in alle geval nie die voorste korrel,kan tilt nie.

Jy sal ook slegs die sight wil tilt (in presiesie) as jy die geweer cant in jou natuurlike skiet posiesie. Deur die rear sight en die korrel te cant om loodreg te wys al word die geweer skeef gehou het die voordeel in dat wanneer jy opstel dat die sight net op stel en nie op en regs bv met klik op as die sight nie loodreg lê nie.

Bietjie moeilik vir my om in woorde te verduidelik, hoop dit maak enigsins sin.

Groete
Jan

Re: Soek cz 200 t of s400 mpr target

Posted: Thu Sep 08, 2016 1:13 pm
by Johnnie De Wet
Dankie JPS,

Ek verstaan jou verduideliking presies!

Groete