Page 1 of 1

Toyota Duiker skiet kompetisie

Posted: Wed Aug 10, 2016 7:23 am
by WSM
Goeiemore skiet vriende

Hiermee nooi Duiker tak (Balfour) almal uit om deel te neem aan ons jaarlikse Toyota Duiker uitdaag skiet kompetisie wat aangebied word op die Charles Krugel skietbaan buite Grootvlei Saterdag 20 Augustus 2016.

Hierdie kompetisie is vir die manne wat spog met kopskote vanaf n bakkie..

5 Skote per R100 inskrywing op n Duiker teiken vanaf n Toyota bakkie op 300m, 12 x teleskoop vergroting beperking. Geen beperking op die hoeveelheid kere wat n skut wil inskryf nie.

Kom geniet die dag saam, dalk stap jy met n splinternuwe Howa jaggeweer of n Zeiss geweer teleskoop weg.

Groete!