Page 1 of 1

Vrydag grappe

Posted: Fri Aug 12, 2016 12:51 pm
by FHM
BOER SE GEBED

Die Boer baklei en gaan aan die skel met sy werkers.
Sy vrou vat hom simpatiek aan die hand en lei hom kamer toe.
“Nou gaan jy op jou knieë,” sê sy, “en praat jou hart uit teenoor die Here.”

“Heer”, begin die boer
“Johannes het weer die ploeg gebreek.
Jonas het die koeie in die gat laat val en
Karolis was alweer dronk.
Vader ek wil net graag weet of U hulle gaan kom haal of moet ek hulle vir U stuur.”
Amen

***

Charlize Theron is nie die enigste Hollywood-ster met familie in Suid-Afrika nie. Na jare in die geheim het dit nou bekend geword dat die akteur Brad Pitt nog vier ander broers het. Hulle bly almal in Suid-Afrika. Die oudste broer is n boer in die Vrystaat en sy naam is Mielie Pitt. Die tweede oudste broer werk in Brakpan as 'mechanic' en sy naam is Tap Pitt. Die derde oudste broer is n vlieënier en sy naam is Kock Pitt. Die vierde boet is heeltemal van koers af en skreeu blykbaar vir die Sharks en sy naam is Stu Pitt.

***

Man bel sy vrou vanuit die ongevalle..

"Liefie, ek's omgery nadat ek my kantoor verlaat het. Santie het my hospitaal toe gebring. Hulle het 'n hele paar toetse gedoen en X-Strale geneem. Die trauma aan my kop is pynlik, maar gelukkig het ek nie ernstige beserings nie. Ek het wel 3 gekraakte ribbes en 'n oop fraktuur op linker been, dalk gaan hulle my regter voet amputeer."
Vrou antwoord terug: "En wie de f$%^ is Santie?"

***

‘n Man kom op die plaas aan waar hy net ‘n opgeskote seun by die stal aantref..”Is jou pa hier ?” Vra die man “Nee oom my pa is in die dorp”. “is jou broer gert hier ?” Vra die man.. “Nee oom, my broer Gert is in die koshuis en kom net elke 2 de naweek huistoe”. “Is daar iets waarmee ek oom dalk kan help ?”
“Jou broer gert het my dogter swanger gemaak” se die man.

“Oom sal maar met my pa daaroor moet praat…ek weet hy vra R 5,000 as ander mense sy bul gebruik om hul koeie te dek. Ek weet ook hy vra R 2,000 as iemand sy ram gebruik om hul ooie te dek…ek het egter g e e n idee wat hy oom gaan vra vir die werk wat Gert gedoen het nie !!!

***

Juffrou vra vir Jannie. "Wie het die gloeilamp uitgevind?"
Jannie sê: "Ek weet nie juffrou."
Juffrou sê vir Jannie: "Jy sal meer op jou studies moet fokus."
Jannie: "Juffrou, kan ek juffrou asseblief 'n vraag vra?"
Juffrou sê toe:" Ja."
Jannie: "Juffrou, weet juffrou wie is Karin?"
Juffrou antwoord:" Nee Jannie, hoekom?"
Jannie: "Juffrou sal meer op juffrou se huwelik moet fokus!"

***

Die verskil tussen Jag en karfoefel

1. Maak nie saak hoeveel wyn jy gedrink het nie, jy bly lus vir Jag.
2. Mens kan heel dag en heel naweek Jag.
3. Jy hoef nie jou jagtydskrifte weg te steek nie.
4. Die Tien Gebooie verbied nie jag met verskillende jagmaats nie.
5. Jou jagmaat is nie gepla oor jou vorige jagmaats nie.
6. Dis heel aanvaarbaar om saam met ‘n totale vreemdeling te jag.
7. Jy sal nie blind word as jy alleen Jag nie.
8. Daar is geen Jagverwante aansteeklike siektes nie.
9. Jy hoef nie Jag op te gee wanneer jou Jagmaat belangstelling verloor nie.
10. Jy sal nooit jou Jagmaat hoor sê nie: “Wat? wil jy alweer Jag? Ons het Dan net laas week gejag. Is Jag AL waaraan jy kan dink?”
11. Om SAFE te jag sit jy net die Gun op safe.
12. Jy kan foto’s van jou Jag op Facebook sit.
13. Jy kan met verskillende gewere Jag.
14. Jy kan jou werksvriende saamnooi op ‘n Jag.
15. Jou Jagmaat raak self lus vir Jag.
16. Oupa kan ook nog Jag.

***

Dit is oorlog en die oom en tannie hardloop uit die huis om elders skuiling te soek. Die tannie stop skielik in haar spore en haar man vra: "En wat nou vrou?" Sy antwoord: "Ek het my valstande in die huis vergeet.!"
Die oom sê: "KOM magtig vrou, hulle gooi donnrse bomme nie toebroodjies nie!"
Moenie misskiet nie.jpg
Brakpan Meermin.jpg
ABS aan-af verduidelik.jpg

Lekker naweek manne! ;)

Re: Vrydag grappe

Posted: Fri Aug 12, 2016 2:46 pm
by Chevvy SS
;D ;D ;D

Re: Vrydag grappe

Posted: Fri Feb 03, 2017 12:51 pm
by FHM
Brakpan.jpg

Re: Vrydag grappe

Posted: Fri Feb 03, 2017 1:21 pm
by Flip Nel
;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Vrydag grappe

Posted: Fri Feb 03, 2017 4:36 pm
by koos 2
FHM wrote:
Brakpan.jpg
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Vrydag grappe

Posted: Fri Feb 03, 2017 6:46 pm
by Roxette
;D :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Vrydag grappe

Posted: Sun Feb 05, 2017 6:07 am
by neef
hahah lekker man

Re: Vrydag grappe

Posted: Tue Oct 31, 2017 12:46 pm
by CJNaude
LOL!!

En hier loop arme Brakpan weer deur....

Gelukkig werk ek net daar.

Vrydag loop ons vroeg want hulle rol die strate op en pak die verkeersligte weg voor die dronk ouens dit steel en verpant....

Re: Vrydag grappe

Posted: Tue Oct 31, 2017 9:23 pm
by Pieter_Brink
brakpan padteken.jpg
Groetnis
Pieter

Re: Vrydag grappe

Posted: Wed Nov 01, 2017 9:12 am
by CJNaude
Dogmatix....

Ek kies elke middag "Soontoe"

Lekker dag!

Re: Vrydag grappe

Posted: Wed Nov 01, 2017 8:40 pm
by Pieter_Brink
In plaas van Brakpan kon daar netsowel VEREENIGING gestaan het. Hulle maak dieselfde grappies oor my hometown.

Groetnis
Pieter

Re: Vrydag grappe

Posted: Thu Nov 02, 2017 12:34 am
by gbvl
Daar was nou die dag ‘n berig in die koerant dat die polisie ‘n groot misdaad sindikaat wat betrokke is by dwelms en protitiese in ‘n perseel net agter die Brakpan biblioteek oopgevlek het. Wat die locals die meeste verbaas het is dat Brakpan ‘n biblioteek het....


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Vrydag grappe

Posted: Thu Nov 02, 2017 1:54 pm
by CJNaude
Het julle geweet..

In Brakpan as 'n girl se sy is 'n virgin word haar broer/s aangerant want dan is hulle gay :)

Hannes

Re: Vrydag grappe

Posted: Fri Oct 12, 2018 8:20 am
by Ashley
;)

Re: Vrydag grappe

Posted: Fri Oct 12, 2018 10:29 am
by Omnia
Meeste seker al die 1 gehoor maar hiers hy weer :
As Miley Cyrus op 'n hamer rond swing en dit lek is dit musicale kuns .... as ek dit doen is ek f@#$% gesuip en word uit Builders warehouse gejaag !!!!