Page 1 of 1
Slaghuis
Posted: Sun Jul 17, 2011 8:53 pm
by grumpy
Wie het n slaghuis wat beter pryse gee as wat ons nou kry by die slaghuise? Sal eerder direk koop as wat daar te veel partye is wat hulle deel wil he. Die regering maak ons almal dood met hulle profyt!
Groete
Johann
Re: Slaghuis
Posted: Mon Jul 18, 2011 8:04 am
by Wielie Waps
Grumpy
Ek is jammer as ek jou post dalk bietjie hijack , maar in die Suid vrystaat weet ek nou al van 'n paar slaghuise wat deur chinese gekoop is. Ek wonder maar net of hulle nou gaan leer om biltong te maak en boerewors te stop of gaan ons nou ook plastic wors met skerpioene kry.

Re: Slaghuis
Posted: Mon Jul 18, 2011 12:00 pm
by herley
Eks darem bietjie gelukkig om nie uit die slag huis te eet/ koop nie maar ek stem 100% saam dat hulle n man bankrot maak ekt so 2 maande gelede uit vleis geraak en moes toe by n slaghuis gaan, ek N$500 betaal net vir 2 blaaie en n rug
Re: Slaghuis
Posted: Mon Jul 18, 2011 12:50 pm
by Christo Els
hi grumpy ek koop sommer direk by die boer
'n Man sny nogals baie onbenulige onkostes uit
Re: Slaghuis
Posted: Mon Jul 18, 2011 4:10 pm
by grumpy
Christo, waar kry ek so boer?????????????????????????????????????? Ek is in gangsters paradise maar sal n entjie ry vir ordentlike vleis en pryse. Ek gaan gewoonlik Klerksdorp toe om vir skoonma te kuier dan koop ons sommer daar vleis. Die ouens hier vra jou hele pay plus jou onderbroek net vir n deposit vir n ou stukkie vleis!
Re: Slaghuis
Posted: Mon Jul 18, 2011 6:17 pm
by Problem Animal Control
Grumpy
Ek is in Klerksdorp en ken een of twee boere waar ek gewoonlik koop,laat weet my wanneer jy weer jou liefde vir jou skoonma kom toon dan kan ek kyk wat ek kan reel. Die ouens het nie altyd beskikbaar nie maar dit is maar selde. Dan kan ek en jy en BLOK sommer blad skud en dalk nog n jakkie of twee net vir die sports plat trek. Bel of pm my dan kan ons gesels.
Groette
PAC
Re: Slaghuis
Posted: Mon Jul 18, 2011 6:22 pm
by grumpy
Dankie PAC. Jy moet net weet ek stem AWB! Arme Wit Blanke!!

Re: Slaghuis
Posted: Mon Jul 18, 2011 6:35 pm
by Problem Animal Control

Grumpy
Eks ook een van daardie. Ek pm jou gou lamprys.
PAC
Re: Slaghuis
Posted: Tue Jul 19, 2011 8:09 am
by BLOK
Klink vir my hier kom weer n ding. Een wat hom sommer so self reel soos ek daarvan hou.
Blok
Re: Slaghuis
Posted: Tue Jul 19, 2011 6:04 pm
by grumpy
Wat kan ek se.

Re: Slaghuis
Posted: Tue Jul 19, 2011 7:52 pm
by Problem Animal Control
Grumpy
Het jy die pm gekry?
Re: Slaghuis
Posted: Tue Jul 19, 2011 8:05 pm
by grumpy
Re: Slaghuis
Posted: Tue Jul 19, 2011 8:11 pm
by Problem Animal Control
Grumpy
Ek sal dan maar my elf jarige seun by die huis moet los,hy skroom nie om sommer pront uit vir die grootste ou te se dis n dertig nul kwes nie,die klein helsim het my al baie in die verleentheid daaroor gebring!!!!
PAC
Re: Slaghuis
Posted: Tue Jul 19, 2011 8:38 pm
by Jaco Swart
Dis darem maar snaaks hoe dinge op die forum werk. Julle begin deur goedkoper vleis te soek, dan kry julle dit en reel dan die braai en die jag daarby. Nee wat julle manne "operate" mooi.
Re: Slaghuis
Posted: Wed Jul 20, 2011 8:06 am
by Christo Els
Jaco S as daar vleis is moet daar gebraai word Hoe dan anders.
Grumpy dit is nou die voordeel hier in die platteland. Alles beter en goedkoper
maar vleis raak nou belaglik duur. van die slagpales hier betaal al R57 tot R58 vir die boer. Ek gin dit vir hulle.
Die probleem is sit 14% btw en 35 % slaghuis markup by en kyk dan. Ja dit is elkeen se reg om geld te maak.
My salaris gaan net nie so vinnig op nie.

Re: Slaghuis
Posted: Sat Sep 17, 2011 5:27 pm
by grumpy
Christo, jy kry n salaris, wat is dit? Ek kry die binnekant van die washer wat uit gedruk word!!!!

Re: Slaghuis
Posted: Tue Sep 20, 2011 12:24 am
by theedge
grumpy wrote:
Christo, jy kry n salaris, wat is dit? Ek kry die binnekant van die washer wat uit gedruk word!!!!
Hoe klink dit dan nou so bekend
Re: Slaghuis
Posted: Tue Sep 20, 2011 7:48 am
by BLOK
Ek hoor en lees net van die vleiskoop en braai, lyk my ek is toe nie genooi nie.

Of moet dit nog kom

Re: Slaghuis
Posted: Tue Sep 20, 2011 9:52 pm
by Problem Animal Control
Nee Blok,daai Grumpy het my gedrop,miskien moet ek en jy dan maar so iets reel
Re: Slaghuis
Posted: Tue Sep 27, 2011 6:05 pm
by grumpy
PAC,
Nee ek het jou nie gedrop nie. Ons gaan binnekort na daai kant toe dan wil ek vir Blok ook sommer n kuier gaan gee want hy se daar is bokke wat graag bakkie wil ry. Moet net die finansies reg kry dan ry ons deur vir n dag. My G-T jeuk om weer in die veld te kom.