Page 1 of 1

SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Aug 16, 2016 7:21 pm
by SakoTrippel2
Gauteng .222/.223 Ope Veldskiet. Sal plaasvind op Saterdag 3 September op die plaas by Delmas.

Standaard SAJSV reels sal geld.

4 Papier bane en 2 gong bane. 5 Skote per baan.

Maak seker jou standaard geweer voldoen aan die spesiefikasies soos op die webblad.

Bring jou eie verversings, braaivleis of iets om te drink en eet. Ons sal n vuur kan verskaf in die lapa na die skiet en kuier tydens die prysuitdeling. Ons sal dalk n paar drankies kan verskaf.

Ons gaan net lekker skiet en geniet.

Kontak Barries op 082 9nul8 46dubbel vier vir meer inligting.

Inskrywings op die webblad is R180 per skut en sluit Dinsdag 30 AUG 2016. Laat inskrywings op die dag van die skiet sal R200 per skut wees. Skiet begin om 09h00 en n 100m inskietbaan sal beskikbaar wees van 07h00 tot 10h00

Padaanwysings na die skietbaan.

Vanaf Pretoria, neem die R50 na Delmas (50km). Draai links op N12 (Oos). Neem die volgende afrit “R42, Bronkhosrtspruit/Delmas” en draai links na Bronkhorstspruit. Ry ongeveer 2.4km en draai regs op eerste grondpad “Rondevly”, en volg aanwysers vir 2,6km tot op plaas.

Vanaf Johannesburg, ry op N12 tot by die afrit “R42, Bronkhosrtspruit /Delmas” en draai links na Bronkhorstspruit Ry ongeveer 2.4km en draai regs op eerste grondpad “Rondevly”, en volg aanwysers vir 2,6km tot op plaas.

Vanaf Witbank, ry rigting Johannesburg op N12 tot by die afrit “R42, Bronkhosrtspruit /Delmas” en draai regs na Bronkhorstspruit Ry ongeveer 2.4km en draai regs op eerste grondpad “Rondevly”, en volg aanwysers vir 2,6km tot op plaas.
Skryf hier in
http://www.sahuntingrifle.co.za/events/56

Groete
Frans

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Aug 16, 2016 9:04 pm
by Johann Marais
Dit klink lekker, wat is die maksimum afstand?

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Aug 16, 2016 10:08 pm
by SakoTrippel2
Johann Die normale Ope se max afstand is ongeveer 350m.... As ek moes raai sou ek sê nie sommer verder as 300m vir die 223 klas nie

Groete
Frans

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Aug 16, 2016 10:37 pm
by Johann Marais
Dankie Frans, is dit net vir 223 Rem of 223 Ackley's ook ?

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Aug 16, 2016 10:39 pm
by Johann Marais
Is daar ñ beperkng op scope grootte?

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Aug 16, 2016 10:54 pm
by Scrappies
As ek reg onthou was dit net standaard 222 en 223. Scope word vas gemaak op x14.

Sent from my SM-N920C using Tapatalk

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Aug 16, 2016 11:02 pm
by ruaanb

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Aug 16, 2016 11:14 pm
by SakoTrippel2
Dankie Ruan! Sou dalk slim wees om daai ook by te sit van die begin af.

Groete
Frans

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Aug 16, 2016 11:20 pm
by SakoTrippel2

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Sep 06, 2016 6:43 am
by SakoTrippel2
Ek (Frans) het maar lekker klippe gekou maar dit was steeds n baie lekker skiet gewees.

Hier is die verslag van die naweek se skiet. (gekopieer vanaf Facebook blad)

Dankie aan al die manne wat Saterdag kom deelneem het aan die Gauteng 222/223 Klas Ope en baie geluk aan Christie Marais wat die skiet gewen het. Sy telling was 671/900. Die weer was goed en die windjie het n klein bietjie gespeel.
Ek dink my baan was effens moeilik vir die klein geweertjies maar gelukkig was dit vir almal so. Volgende keer sal dit bietjie makliker wees.
Die baan was soos volg.
Baan 1 Skiet oor boom gonge 145m (klein gong), 201m(klein gong), 216m,231m,173m
Baan 2 Le oor rots 192m(klein gong),232m(klein gong),302m,275m,187m
Alby gong bane was van die kop af in die vlak in.
Baan 3 Jakkals le oor klippe - 216m
Baan 4 Blesbok le oor kontoer wal - 228m
Baan 5 Rooibok sit by dropper - 148m
Baan 6 Springbok vryehand staan - 72m
Dankie aan al die manne wat my so fliks help afbreek het.
Dankie aan Safari and Outdoor vir die R5000 se pryse.
Elke skut het n prys gekry ter waarde van sy inskrywing en meer. Onder ander Gongs,messe en SO geskenkbewyse.

Die braai en gesels was ook baie lekker

Tot volgende keer dan. Hou die spasie dop.
(Geskryf deur oom Barries Barnard)

Groete
Frans

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Sep 06, 2016 8:11 am
by Arnold
Dankie dat jy ons so bietjie op datum hou Frans.

Toe ek nog 'n 223 gehad het was in die wind skiet, anderkant 150m, maar moeilik. Ek gaan maar sukkel om 'n gong op 302m raak te bewe.

Hoe groot is die "klein gonge"?

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Sep 06, 2016 8:31 am
by SakoTrippel2
Plesier Arnold. Ek geniet nogal die uitdaging. Hulle is 4" . Wat ek van die klas hou is dat die speelveld baie gelyk is. Dié wat kan afstand skat en wind lees asook 'n posisie kan baasraak is dié wat mooi tellings oplewer.

Groete
Frans

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Sep 06, 2016 8:37 am
by Scrappies
Sako,

Net gewonder hoeveel manne het deelgeneem en hoeveel van hulle het daai 4" gong op 302m raak geskiet?

Was die klein gongs met die skiet in Bloem ook 4" of was hulle 6"?

Sent from my SM-N920C using Tapatalk

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Sep 06, 2016 9:22 am
by SakoTrippel2
Ek sien die skrif is verwarrend. Slegs die eerste 2 wat ook naaste Gongs was 4". Die res was 8 duim. In Bloem was die afstande baie korter as ek reg onthou... Hulle was 4" naby Gong en 6" vir die wat verder was maar op Bloem sou ek skat die verste Gong was 250m. Maar mag dalk verkeerd wees met die "sizes" en afstande..... Dis maar soos ek dit onthou.

Ons was maar yl gesaai die naweek 20 skuts het deelgeneem maar net soos Bloem. Ek glo die getalle sal optel.

KZN 222/223 is op 3 Februarie by Verkykerskop op Johannes Schoeman se plaas. (inligting vanaf SA jaggeweer webblad)

Groete
Frans

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Sep 06, 2016 9:28 am
by SakoTrippel2
FB_IMG_1473137045803.jpg
Groete
Frans

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Sep 06, 2016 6:47 pm
by Johannes Schoeman
En daar sal net GROOT gongs wees.

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Tue Sep 06, 2016 8:08 pm
by geelslang
Watter een van die 222/223 seevier tans? Die 100 tot 200fps wat die 223 meer bied maak seker darm 'n beduidende verskil. Sal ons 'n update kan kry van watter toerusting die manne gebruik?

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Mon Oct 10, 2016 9:49 am
by Heinds
Is die skiet nie in die weskaap beskikbaar nie? En indien nie hoekom nie. Ek luister graag.

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Mon Oct 10, 2016 10:20 am
by SakoTrippel2
http://www.sahuntingrifle.co.za/program ... ogramme/16

Daar is al die voorlopige datums vir SA jaggeweer skietdae. Die 222/223 klas het hier en daar ook 'n skiet. Die idee is om in die elke provinsie 'n skiet te hou. Om so doende die hele land te probeer dek. Maar baie manne lê maar die kilometers af om by skietdae uit te kom.

Om jou vraag te beantwoord.....ek dínk daar is slegs 'n paar geleenthede vir 'n 222/223 dag dus sal dit slegs in 'n paar provinsie plaas vind en nie almal nie.

Ek is geensins deel van die organisering nie en die bogenoemde is maar net 'n opinie. Maar ek is wel 'n kranige deelnemer Image

Groete
Frans

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Mon Oct 10, 2016 12:40 pm
by ruaanb
Sal ook nogal daarvan hou om hier by ons met die meerkat deel te neem

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Mon Oct 10, 2016 12:47 pm
by SakoTrippel2
ruaanb wrote:Sal ook nogal daarvan hou om hier by ons met die meerkat deel te neem
Ek gooi ook met my Sako Rihimaki 222
Op die oomblik is die probleem meer by die skut as die geweer Image

Groete
Frans

Re: SA Jaggeweer Gauteng 222/223

Posted: Mon Oct 10, 2016 6:00 pm
by ruaanb
geniet die geweertjie so baie my vrou dink ek het n skelmpie lol