Page 1 of 1

Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Wed Aug 17, 2016 12:56 pm
by Stephan van Eeden
Kan iemand dalk inligting verskaf of daar nou al meer handelaars is wat die magnetospeed cronys verkoop.

Re: Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Wed Aug 17, 2016 1:10 pm
by JacquesT (Stompe)
Fishers in Lichtenburg as ek dit nie mis het nie, maar met die huidige rand kyk wat dit jou sal kos om self in te bring van Brownells af.

Groete

Re: Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Wed Aug 17, 2016 1:10 pm
by Basjan123
Ek weet van Fisher Shooters en die Humansdorp Koop. Ken jy ander plekke?

Re: Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Wed Aug 17, 2016 1:23 pm
by Stephan van Eeden
Nee, ek vra maar net. As een ou die menopoly het kan hy seker vra wat hy wil. Oorweeg dit sterk om een aan te skaf. Sal hulle 'n lui gee vir pryse.

Re: Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Thu Aug 18, 2016 2:56 pm
by Stephan van Eeden
Maar die Sporter by Fisher Shooter bestel.

Re: Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Thu Aug 18, 2016 3:32 pm
by Apie
Jy sal tevrede wees!

Wat kos hulle nou?

Re: Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Thu Aug 18, 2016 7:45 pm
by alecjohnson
Was baie lekker om met die mense by fishers te gesels, het baie lekker in hul tonnel geskiet met die pistool, al was die ligte af. baie lekker gewees om in donker met flits te skiet.

Jy mag hulle gerus ondersteun! weet egter nie wat die huidige prys is nie...

Re: Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Fri Aug 19, 2016 12:34 pm
by Stephan van Eeden
R4600.00

Re: Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Fri Aug 19, 2016 1:03 pm
by JacquesT (Stompe)
Jy gaan R1000 spaar as jy hom van Brownells in bring. Aankoop prys $180, +-$50 vir pos en 14% belasting op Aankoop prys en pos geld. Dit is $262,20, met die wissel koers op die oomblik is dit R3539...
Dis maar hoe ek myne gekoop het.

Re: Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Fri Aug 19, 2016 1:36 pm
by Apie
JacquesT (Stompe) wrote:Jy gaan R1000 spaar as jy hom van Brownells in bring. Aankoop prys $180, +-$50 vir pos en 14% belasting op Aankoop prys en pos geld. Dit is $262,20, met die wissel koers op die oomblik is dit R3539...
Dis maar hoe ek myne gekoop het.
Ek het dit ook oorweeg....
SĂȘ nou hy breek?

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Handelaars wat Magnetospeed Cronys verkoop ?

Posted: Mon Aug 22, 2016 9:48 am
by Stephan van Eeden
Vanoggend gekry, nogals 'n klein en gemaklike bedryf.