Page 1 of 6

FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Sun Jul 19, 2009 8:52 pm
by Francois Marais
Hi Almal

Jacque het gevra ek moet van Foxpro se callers plaas met pryse. hierdie is die pryse soos op Foxpro se website, jy kan dalk n bietjie goedkoper wegkom by allpredators of Cabelas, maar ek werk met Foxpro self en kan hulle klientediens net goedpraat.

Ander kostes om mee rekening te hou is ongeveer US$ 150.00 posgeld per roeper, dis nouin die FX3 klas, jy gaan nie dit op n fluit betaal nie, en dan nog n adisionele 16.5% invoer belasting op die waarde van jou pakkie bv.  Roeper US$ 500.00 Posgeld US$ 150.00 Invoere 16.5% op US$ 500.00= US$ 82.50 Totaal=US$ 732.50 *8.2 = R6006.50 vir jou roeper hier geland. Hulle stuur alle roepers per UPS diens en kry ek my roepers binne 5 werksdae.

Ek gebruik slegs FX3 roepers en is dit dan ook die roepers wat ek die meeste aanbeveel. Roeper vat 32 klanke, wat meer as genoeg is, afstandbeheer het drie kanale en kan jy 3 roepers met selle remote werk, en roeper is baie eenvoudig om klanke te laai en te operate.

Ek het sommer alle roepers wat op die forum sou byval vind aangeheg met hulle pryse

Image
US$ 19.95
Image
US$ 3.50
Image
US$ 519.95
Image
US$ 419.95
Image
US$ 709.95
Image
US$ 419.95
Image
US$ 699.95
Image
US$ 899.95
Image
US$ 34.95
Image
US$ 489.00
Image
US$ 599.95

Indien daar enige vrae rondom enige van die ropers is, besoek gerus ; http://www.gofoxpro.com/  alle roepers word volledig bespreek en alle detail word gegee. Indien jy nie da raaklees wat jy soek nie, vra maar en ek sal probeer antwoord sover moontlik, as ek nie weet nie vind ek uit en laat weet weer, maar behoort ons op die einde vanni dag alles te kan opklaar.

Mooi loop

Francois

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Sun Jul 19, 2009 10:57 pm
by Francois Marais
Ja3

NEE MAN, die prys onder die prentjie is die prys van die prentjie BO die prys, of, die prentjie se prys is onderaan hom, het jy hom nou???  Sien, dis eintlik maklik, die wat daar prentjies by is.  ;) ;D ;D ;D

Mooi loop
Francois

Die een wat jy wil koop vi 3.50 is die swart fluitjie se prys, se jou wat, as jy die blou fluit koop, vi 19.95 kry jy soma daai een gratis by.

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Mon Jul 20, 2009 7:51 am
by Ja3
Francois

Ag ok man, ek sal nou maar een bestel net omdat ek my naam tjollie gemaak het.
Ek is opsoek na 'n distresserige fluitjie wat maklik blaas sonder hande, daai swarte lyk reg..

Waar kan ek bataal.

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Mon Jul 20, 2009 8:09 am
by Janjak
Ja3
praat jy van daai sleutelring enetjie?

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Mon Jul 20, 2009 8:16 am
by Ja3
JJ
Ja, ken jy hom?

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Thu Jul 23, 2009 8:02 pm
by Francois Marais
Ja3

Daai sleutelring fluitjie is meer n coaxer, fyn fluit geluid, maar jy sal hom sonder hande kan blaas, sal laat saamkom as ek weer n pakkie moet laat kom, en jou laat weet.

Mooi loop

Francois

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Fri Jul 24, 2009 2:53 pm
by Ja3
Hello FM
Hoop dit gaan goed. Jy moet my nog antwoord op daai pm.

Ek het een xr6. As ek nog 'n fx3 koop kan ek hulle altwee werk van een remote?
Ja3

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Fri Jul 24, 2009 4:01 pm
by Francois Marais
Ja3

Jou pm geantw.

Ek glo jy kan beide FX3 en XR6 van een remote ( FX3 s'n) af werk, maak net seker dat jou eerste 16 klanke op beide roepers dieselle is (xr6 vat mos net 16) anders gaan jy baie deurmekaar raak.

Mooi loop

Francois

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Sat Aug 08, 2009 10:46 pm
by Louis102
Francois

Het jy enige idee hoekom die FX5 baie duurder as die Fury is?  Wat is die rede daarvoor?

Louis

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Sat Aug 08, 2009 11:32 pm
by Francois Marais
Louis
Altwee is relatiewe nuwe roepers, ek het al met die FX5 te doene gehad maar gladnie met die Fury nie. Het gou op Foxpro se site gaan kyk, maar kan jou nie se nie, lyk amper of die Fury meer funksies kan he. Ek het gou vir my kontak by foxpro n e-mail gestuur en sal laat weet sodra ek weet.

Mooi loop
Francois

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Sun Aug 09, 2009 8:54 am
by Louis102
Dankie Francois

Die Fury is baie meer gevorderd, daarom sou ek verwag dat dit die duurder een moes wees.  Laat weet as jy iets hoor asb.

Louis

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Sun Aug 09, 2009 10:28 am
by Ja3
Ek wonder of hulle nie die fx-5 oorprys het nie. Om hulle intergriteit te beskerm kan hulle nie die prys laat val,
en die ouens wat dit ten duurste gekoop het omkrap nie.
Hy (fx-5) sal waarskynlik uitgefaseer word met die fury.
Dis my beste raaiskoot.

Ja3

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Sun Aug 09, 2009 10:46 pm
by Francois Marais
Ja3

Ek dink jy is baie reg, ek het al redelik probleme met die fx5 se remote gehad, weet nie of die Fury se remote n verbetering is nie!!

Behoort more antwoord van hulle te kry.
Mooi loop
Francois

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Mon Aug 10, 2009 11:31 pm
by Francois Marais
Louis/Ja3

Hiermee my skrywe en ook Foxpro se antwoord, soos ons bespiegel het, Ja3, jy was inni kol.

Hi
> Why is the FX5 so much more expensive than the Fury??? Looks to me that the
> Fury is the one with more features??
> Awaiting your reply.

Francois,

You are correct in that the FURY offers your more features at a lower cost.
The FURY is a better caller than the FX5 and it's cheaper as well.  This is
why we are going to discontinue the FX5.  We can't offer something with less
features at a higher cost.

The reasoning behind this is to benefit the consumer.  By offering more for
less, you are going to keep your customers happy and coming back.  We also
would like to draw in more customers at the same time.  This is the reasoning
behind it.  If you have any more questions just let us know.  Thanks and have
a great day.

So, die FX5 se dae is getel.
Mooi loop
Francois

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Mon Aug 10, 2009 11:49 pm
by Louis102
Francois Marais wrote: By offering more for less, you are going to keep your customers happy and coming back.
Francois

As jy weer met die man praat, sal jy nie asb. vra of hulle nie die FX5 sal inruil op 'n Fury nie.  Dit is nou as hulle regtig erns het om hulle "customer" wat 'n FX5 ten duurste gekoop het, wil "Happy" hou.

Groete
Louis

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Tue Aug 11, 2009 6:34 am
by Ja3
Oom Louis

Eish, ek wonder of hulle dit gaan doen. Dit is reeds wat hulle wil vermy ek dink. As hulle in beginsel dit begin toelaat, dan moet hulle dit seker
met almal doen. Ek dink nie ons moet Francois onder sulke groot druk sit nie...
Die man is verbasend eerlik n?? Destyds toe ek die xr6 koop, toe is die fx3 heelwat duurder, nou's hulle altwee dieselfde prys >:(


Francois
Dink jy 'n xr6 sal met die fury se remote werk? Is die fury se remote so dat mens hom kan monteer en so opereer, of is die ergonomie
van so 'n aard dat mens hom verkieslik moet vashou?

Ja3

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Tue Aug 11, 2009 2:22 pm
by Louis102
Ja3 wrote: ...Eish, ek wonder of hulle dit gaan doen. Dit is reeds wat hulle wil vermy ek dink. As hulle in beginsel dit begin toelaat, dan moet hulle dit seker
met almal doen. Ek dink nie ons moet Francois onder sulke groot druk sit nie...
Skerpioen

Niks druk op Francois nie....vra is vry, ou gif angel,... en weier natuurlik daarby.  Wie nie waag nie wen nie!  As jy nie vra nie sal jy nooit weet nie!  Probeer is die beste geweer!  Dis nie wat ek en jy dink wat belangrik is nie, miskien verras hulle manier van dink jou nog!  Francois moet die vraag net mooi formuleer en hulle goeie kliente diens so bietjie invryf, dan is daar dalk 'n 0,00001% kans.

Louis

Hoe loop daai Scorpio.  Die skerpioene is vir my te stil.

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Tue Aug 11, 2009 7:58 pm
by Ja3
Oom

Ek geniet die bakkie baie, meer as enigiets wat ek nog gery het, glo dit of nie. So nou en dan 'n "oogrol" van die jan publiek en die cruiser manne met die 20duim rims en 400mm dik bande op, mar dan voel ek weereens soos 'n miljoen?r.
Daai skerpioen het stealth tegnologie met radar scramble toerusting..so ek moet hom bekruip met die kamera.
Pos een van die dae 'n foto van die hele katoetie.

Toe ek vir Mahindra Westrand s? die bakkie is verkeerde kleur, toe s? hulle my ma is 'n verkeerde kleur...
Soos Meerkat s?, gaan ek nou eers 'n paar goggas afknou, en laat dit nou vir hulle 'n les wees.
Ek het ook gedink dis nou vir hulle 'n gulde geleendheid om onkonvensioneel te dink, en verby die getekende kontrak te kyk. Maar dis seker my eie skuld dat ek die verkoopsman so maklik vertrou het nie...
So ja oom, daar is wel 'n 0.0001% kans. 

Groete
Ja3

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Wed Aug 12, 2009 12:31 am
by Albe
  Hi Almal.
 
  Het lank n plaaslike swart kasie stelsel gebruik,
  Gebruik nou die Fury, die verskil soos ek dit sien is soos tussen n 4x40 en n 4.5-14 x50 scope.
  Batterye hou my meer as n week, maar herlaai maar na elke week.
  Die remote werk baie goed en met sy back light wat jy kan stel is sag op die oog.
  As jy bang is vir baie klanke kan jy maklik afhaal wat jy nie gebruik nie,
  maar die remote werk so maklik dat ek nie n probleem het met die 215 klanke wat ek tans op het nie.
 
  Prys is wel n groot vaktor, maar soos ek dit sien is dit minder as die skade wat 1 jak kan aanrig,
  nie om eers te praat van n geleerde een nie.
  Wel ek sal die Fury vir almal aanbeveel.

  Groete
  Jakata

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Wed Aug 12, 2009 5:36 am
by Calldo
Welkom Terug Jakata!

Gewonner wanneer jy weer op lyn sal kom. Gee Foxpro hul eie sagteware waarmee jy die klanke op en aflaai?

Groete
Calldo

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Wed Aug 12, 2009 11:15 am
by Francois Marais
Louis/Ja3

Ek sal hom vra, maar ek dink jou kans is nul. As ek mag weet, wat het jy betaal vi daai roeper(FX5), of eerder wat sal jy wil he vi hom, ek kan hom dalk vi jou smous vi genoeg om n Fury te koop, ek glo nie jy gaan al jou geld terugkry op hom nie.

Ja3
Ek het nog nie met n Fury gewerk nie, maar ek glo nie die Fury (TX500 remote) remote sal die XR6 (TX5-LR remote) kan werk nie. Ek het wel gelees dat die Fury se remote 16 units gelyktydig kan werk.

Ja3, moenni worry oor die druk, my skouers is breed, kan BAIE vat ;) ;) ;) Ek het mos gese ek help graag, en wat ek nie weet nie sal ek uitvind.

Jakata
Dankie vir goeie terugvoer op die Fury, jy weet nie dalk of die remote verskillende kanale kan stel vir verskillende units nie, ou remotes (TX5-LR) het n blink toggle switch bo-op gehad wat tussen kanale A,B en C kon stel, enige so n tipe van funksie oppi Fury???

Calldo
Ja, op hul site, www.gofoxpro.com , is n klein program wat jy verniet kan aflaai, wat jy klanke mee kan chip en change, en ook vir die ouer roepers kan labels print vir die agterkant van jou remote.

Laat weet maar as daar nog vrae is, ek doen my bes om te antwoord.

Mooi loop
Francois

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Wed Aug 12, 2009 2:10 pm
by Louis102
Francois Marais wrote: Ek sal hom vra, maar ek dink jou kans is nul. As ek mag weet, wat het jy betaal vi daai roeper(FX5), of eerder wat sal jy wil he vi hom, ek kan hom dalk vi jou smous vi genoeg om n Fury te koop, ek glo nie jy gaan al jou geld terugkry op hom nie.
Francois

Ek wil geen geld op die FX5 terug h? nie, maar soek die Fury met 'n seer hart.  As ek hom kan ruil is ek in my noppies.  Die FX5 is briljant en makeer niks  (nog baie nuut), maar daar is funksies op die Fury/TX500 wat ek graag sou wou benut.

Louis

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Wed Aug 12, 2009 9:09 pm
by Francois Marais
Louis

Goed genoeg, sal kyk wat ek vi jou kan doen, sal met jou praat sodra ek n plan het.

Mooi loop
Francois

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Fri Aug 14, 2009 3:05 pm
by Albe
    Calldo

  Om van jou rekenaar klanke op en af te laai het jy nie aparte sagtewaarde nodig nie, jy koppel net jou rekenaar met die Fury deur n   
  usb kabel, en werk  dieselfde as soos met n mp3.

  Francois
 
  Die TX 500 remote het 16 verskullende kanale asook die fury, so jy kan 16 fury's van 1 remote werk. Ek wil net nie die operateer wees
  as daar gelyktydig na elk van die fury's n jak kom nie.
  Maar ja hy het so n funksie.

  My modum het gegroet, maar is darm nou weer op die lig. nie gedink mens kan so gou so ver agter raak nie.

  Groete

  Jakata.

Re: FOXPRO Digital Game Calls

Posted: Wed Aug 19, 2009 11:38 am
by Francois Marais
Louis

Joe van Foxpro se reply:

Electronic game calls, not unlike computers, is an evolving technology. I can buy a new computer this year with more features than last years model for a lot less. As technology progresses, more advanced features begin to cost less. The Fury is a result of that process where you get more features for less money. The FX5 was once at the top of our product line, but now it is replaced by the Fury for less money.

Unfortunately, we do not upgrade or trade-in from any existing model up to the Fury.

So, daar het jy dit.

Bel my dan maak ons n plan.

Mooi loop
Francois