Page 1 of 1

My nuwe skietstoel

Posted: Sat Aug 27, 2016 6:58 pm
by Jackalsniper
Ek werk al die laaste paar maande aan hierdie bulletjie,maar nou kom die projek vinnig aan en hy is amper reg vir aksie..

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Aug 27, 2016 7:02 pm
by Jackalsniper
Ek sal nog foto's oplaai soos ek vorder. Ek het n vise gebou met n klamp wat enige breedte kolf kan vat, hy het n post in die middel en klamp van weerskante af. Twee gas shocks, een stabiliseer die geweer op en af, en die ander een is ingebou onder die hele geweer klamp sodat jy jou geweer kan lig as jy n hoe skoot moet inkry. Kry verstelbare armleunings en stoel is op spore so jy kan redelik maklik gemaklik raak..

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Aug 27, 2016 7:32 pm
by mossie
Netjies!!!

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Aug 27, 2016 10:43 pm
by ruaanb
Is daai racing seat vir die gforce van die vinnige koele......spit sommer baie netjies gedoen!

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sun Aug 28, 2016 6:44 am
by Plaashaas
Ek dink dis die eerste skiet stoel wat ek sien met die Gas Shocks! Dis n baie goeie idee. Netjies.

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sun Aug 28, 2016 9:29 am
by Jackalsniper
Julle manne sien en wonder seker oor die oop stukke sq tubing in die frame, die hele arm trek vorentoe uit om die vise aan die linkerkant te sit vir manne wat linksom skiet. mens stel ook die afstand van die geweer tov. jou lyf deur hom vorentoe of agter toe vas te bout

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Tue Aug 30, 2016 5:46 am
by willemakou
Baie netjies!! Hou baie van die racing seat...'n man kan nou gemaklik sit as die drywer begin spoed vang!!

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Tue Aug 30, 2016 8:31 am
by Supacow
Die manne met die stutfiguurtjies se eiers gaan uitbroei in daai stoel ;)
Baie smart

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Sep 10, 2016 2:27 pm
by Jackalsniper
Darm my stoel die week terug gekry na hy ge powdercoat is

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Sep 10, 2016 2:29 pm
by Jackalsniper
Vanoggend gou nog n stukkie aanmekaar gesit

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Sep 10, 2016 2:41 pm
by Tertius Steyn
Jackalsniper wrote:Vanoggend gou nog n stukkie aanmekaar gesit
Yster! Lyk baie kwaai ;D :)

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Sep 10, 2016 6:11 pm
by koos 2
NETJIES

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Sep 10, 2016 8:39 pm
by James Wilson
J/Sniper, dit is nou n oulike stoel wat sommer windgat lyk. Ek kannie lekker op die fotos sien nie, maar waar op die raam kom jou dimmer en waar plaas jy die remote?

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sun Sep 11, 2016 12:11 am
by Jackalsniper
Op die foto net links van die geweer kolf sit n vertikale pyp, met n boksie agter hom. ek hou met my linker hand om die pyp vas,( kom nog n rubber grip op) en die dimmer sit met velcro binne die metaal boksie vas. so ek kan die dimmer draai terwyl ek om di pyp vashou, en die remote sit net agter my hand langs die vise, so als is naby mekaar. Ek sal more gou my toerusting opsit en afneem

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sun Sep 11, 2016 9:24 am
by LongWolf
Baie nice.

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Mon Sep 12, 2016 10:18 am
by JuanVE
Baie netjie, jy moet nou net vir jou 'n verwarmer inbou in daardie sitplek vir die koue winter nagte.

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Tue Sep 13, 2016 3:39 am
by Jackalsniper
Juan dit was my plan gewees,maar ek sukkel om daai heat pads in di hande te kry. het n plek opgespoor,maar hulle kon dit invoer vir my,maar teen n belaglike duur prys. Ek het oorsponglik met dubbel borsels begin om n tweede battery te mount net vir die heated seat pads,maar toe sien ek die roete gan my n extra R3500 kos.Maar ek het baie gedink daaroor, as mens lekker warm sit en bietjie meer geduld kry daardeur, gaan jy n paar ekstra jakke skiet..

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Tue Sep 13, 2016 6:04 am
by dehacked
Kyk bietjie by van die groter diere winkels. Ek het jare terug toe ek voels geboer het by hulle gekry.

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Sep 17, 2016 8:38 am
by Jackalsniper
Verskoon maar die dowwe foto's my foon neem maar sleg. hier is my lig en dimmer opgesit. Ek moet nog net bietjie matblack verf op al die blink boutjies en vastrek goeters sit dan is ek heeltemal klaar.

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Sep 17, 2016 12:58 pm
by Gernie
Baie netjies. Watse dimmers sal reen of vog beste kan hanteer?

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: My nuwe skietstoel

Posted: Sat Sep 17, 2016 2:12 pm
by Jackalsniper
Ek weet nie of hulle verskil in water digtheid nie,maar ek dink hoe minder skakelaars hoe beter bestand sal hy wees. Ek glo egter net in Henk Ellis se dimmer wat net n draai knop het en geen ander skakelaars ens nie. Ek moes eintlik my boksie so bokant n over hang gegee het sodat hy uit die reen is,maar ja teen daai tyd het ek al opgepak