Konsep Wetgewing vir Beheer van Probleemdiere - Insette

Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 709
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Location: Pretoria/Vaalwater

Re: Konsep Wetgewing vir Beheer van Probleemdiere - Insette

Post by Dawie Malan » Fri Oct 28, 2016 7:54 am

More oom Johan,

Nog geen e-pos of kennisgewing van die Departement nie.

Sodra ek inligting het, plaas ek dit hier.

Groete

Dawie

User avatar
Prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Konsep Wetgewing vir Beheer van Probleemdiere - Insette

Post by Prohunt » Fri Oct 28, 2016 11:18 am

Dankie Dawie, waardeer. Seën

User avatar
Prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Konsep Wetgewing vir Beheer van Probleemdiere - Insette

Post by Prohunt » Thu Nov 10, 2016 1:58 pm

Die vootstelle is nou weer in die Staatskoerant gepubliseer. Stuur asseblief weer julle kommentare in aangesien die voriges nie in aanmerking geneem gaan word nie. Kyk hieronder:

Dear All

On 10 November 2016 the Minister of Environmental Affairs, Ms Bomo Edith Edna Molewa , published General Correction Notice No. 749, in terms of the National Environmental Management: Biodiversity Act, 2004 (Act No. 10 of 2004), in the Gazette, No. 40412, to correct the publication of the unsigned General Notice No. 512 in the Gazette No. 40236 published on 30 August 2016 for the Norms and Standards for the Management of Damage-causing Animals in South Africa for public participation.

Any person who wishes to submit written representations and/or objects to the proposed draft Norms and Standards for the Management of Damage-causing Animals in South Africa is invited to do so within 30 days of the publication of Gazette No. 40412.

NB: those that submitted their comments before may re-submit their comments as the document content has not changed.

For a copy of the published Norms and Standards for the management of Damage-causing animals in South Africa, visit: https://www.environment.gov.za/sites/de ... n40412.pdf

Regards
Makganthe Maleka
012 399 8865

Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 709
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Location: Pretoria/Vaalwater

Re: Konsep Wetgewing vir Beheer van Probleemdiere - Insette

Post by Dawie Malan » Thu Nov 10, 2016 2:19 pm

Baie dankie oom Johan,

Ek het ook nou net die kennisgewing ontvang. Wat vir my teleurstellend is, is dat daar so min jakkalsjagters op die adreslys is, wat die moeite gedoen het om kommentaar in te dien. En dit terwyl al die groenes soos SPCA, Landmark, Canned Lions ens in hulle volle glorie daar pryk.

Komaan manne, help asseblief!


Dawie

User avatar
Prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Konsep Wetgewing vir Beheer van Probleemdiere - Insette

Post by Prohunt » Thu Nov 10, 2016 5:48 pm

Jy is ongelukkig reg Dawie. Dit lyk of daar bitter min insette van ons belanghebbendes se kant gekom het. Die groenetjies is egter duidelik te bespeur.

User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Location: Ladysmith KZN

Re: Konsep Wetgewing vir Beheer van Probleemdiere - Insette

Post by musgrave270 » Wed Nov 23, 2016 4:07 pm

Prohunt wrote:Hallo Ruan,
In die provinsies waar ek tans die meeste jag (Weskaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap) is dit lankal reeds 'n vereiste dat jy bewys van geskikte opleiding moet lewer wanneer jy aansoek doen om 'n permit. Dan moet jy ook nog jou toerusting wat jy het stipuleer sodat hulle kan bepaal of jy voldoende toegerus is vir die taak.
Heinrich en Taffie se kursusse word sover erken as voldoende kwalifikasie, daar kan dalk nog ander aanbieders wees wie se kursusse ook erken word.
Ek dink dit is 'n gegewe dat daardie voorskrifte mettertyd landswyd sal geld.
Groete
Johan


ekt nou onlangs gehoor dat die kursusse wat jy reeds geloop het nie meer geldig gaan wees nie en dat jy nou die nuwe kursus sal moet loop om 'n wettige probleemdierbeheer jagter te wees. Voel vir my of dit my meer gaan affekteer as wat die nuwe wetgewing my gaan raak

User avatar
Prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Konsep Wetgewing vir Beheer van Probleemdiere - Insette

Post by Prohunt » Wed Nov 23, 2016 7:06 pm

Hallo Musgrave,

Ek weet van die provinsies is nou besig om die kursus inhoud en standaarde te probeer bepaal. Ek wil egter van jou verskil dat die konsep wetgewing jou minder gaan raak.......as dit deurgaan soos dit nou geskryf staan gaan jy moet foto's van die jakkals, van die skade wat hy veroorsaak het en vele meer vereistes moet nakom om 'n permit te bekom om 'n enkel probleemjakkals te dood, maw jy gaan dieselfde proses moet deurgaan vir elke jag. Daar gaan nie jaarpermitte wees soos dit nou die geval is nie.

Soos die konsep nou geskryf staan is daar geen onderskeid gemaak tussen bv 'n luiperd wat skade veroorsaak of 'n jakkals of 'n rooikat wat skade veroorsaak nie, die permitprosedures bly dieselfde.

Groete
Johan

Post Reply

Return to “DCA- Norms and Standards/Norme en Standaarde”