Page 1 of 1

BASA 24 September 2016 Bronkhorstspruit

Posted: Wed Sep 07, 2016 7:43 am
by Frederik
Manne en dames ons volgende skietdag is die 24ste in Bronkhorstspruit op die Fred Everett skietbaan. Die September shoot is gewoonlik nie so besig nie jy kan pre register op www.bigbore.org of die oggend in skryf as jy wil.

Almal is welkom en dit is nie nodig om die baan te doen met groot kaliber nie goeie oefening vir vinnig en raakskiet op kort afstand. Juniors onder toesig kan ook deelneem en ons het 'n hele paar groeinde big bore manne.

Bring kampstoel en natverversingtjie vir na die tyd daar is koeldrank en worsrolle te koop deur die dag.

Re: BASA 24 September 2016 Bronkhorstspruit

Posted: Wed Sep 07, 2016 8:04 am
by DWB
My plek is reeds geboek.

Dis regtig vet pret en jy leer jou roer goed ken!

Re: BASA 24 September 2016 Bronkhorstspruit

Posted: Fri Sep 16, 2016 9:13 am
by Frederik
Is daar nog enige Jaracal lede wat gaan kom vir die shoot? Dit gaan weer lekker uitdagend wees ek is seker.

Re: BASA 24 September 2016 Bronkhorstspruit

Posted: Wed Sep 21, 2016 6:56 am
by Frederik
Saterdag se shoot is oor 3 bane en vereis 14 skote.

Re: BASA 24 September 2016 Bronkhorstspruit

Posted: Thu Sep 22, 2016 2:51 pm
by Frederik
Eks nou net ingelig geen koeldranke of worsrolle gaan verkoop word nie so bring eie snacks en iets om te drink voor die tyd.

Re: BASA 24 September 2016 Bronkhorstspruit

Posted: Mon Sep 26, 2016 1:13 pm
by Frederik
Die dag het weer mooi afgeloop 75 skuts deur die baan.
Sien uit na die volgende een.

Re: BASA 24 September 2016 Bronkhorstspruit

Posted: Mon Sep 26, 2016 2:04 pm
by DWB
So 2 videos van die een baan.

Jy moes na elke skoot "Top up"

Re: BASA 24 September 2016 Bronkhorstspruit

Posted: Mon Sep 26, 2016 4:29 pm
by Edu
Jis ou Deon, lyk of dit vet pret was.

Re: BASA 24 September 2016 Bronkhorstspruit

Posted: Mon Sep 26, 2016 4:33 pm
by DWB
Altyd baie lekker!

Daar is baie ouens wat nie groot kalibers het nie en ook saam skiet en hulle geniet dit net so baie!

Re: BASA 24 September 2016 Bronkhorstspruit

Posted: Mon Sep 26, 2016 6:02 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ou Deon

Daar mis ek die een, werksverpligting en n opkomende mannejag het my bietjie besig gehou....Next time