Page 1 of 1
Jagdterrier
Posted: Wed Sep 21, 2016 3:50 pm
by Arnold van Wyk
Manne ek soek so hond met n seer hart, ken iemand dalk n teeler.
Re: Jagdterrier
Posted: Wed Sep 21, 2016 6:08 pm
by ruaanb
Arnold ek het navraag gedoen by my honde konneksies. sal laat weet as ek iets hoor
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 12:35 am
by KalahariKlong
Wat is dit? Dis nie Cesky Fousek nie?
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 6:14 am
by LongWolf
The Jagdterrier is a type of working terrier, originating in Germany, that is used for hunting quarry both above and underground. This breed of terrier is also called the German Hunt Terrier. Wikipedia
Scientific name: Canis lupus familiaris
Color: Black & Tan
Origin: Germany
Temperament: Reliable, Strong Willed, Adaptable, Courageous, Intelligent, Sociable
Height: Male: 33–40 cm, Female: 33–40 cm
Weight: Male: 9–10 kg, Female: 7.5–8.5 kg
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 6:30 am
by DWB
As ek dit nie mis het nie sou De Beer hier op die forum op 'n stadium met hulle begin teel het.
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 8:11 am
by Arnold van Wyk
Die hond is my eerste keuse, daarna sal ek kyk na draadborsel terrier. Die hond praat met my.
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 8:29 am
by andre007
Geno?
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 11:23 am
by Thunderhead
Gaan die honde nie sukkel in ons hitte nie?
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 11:32 am
by Bernhardt
Sjo dis wragtig mooi honde!!
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 11:40 am
by tau
Varke gaan hol!!!!!!!
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 12:59 pm
by Marlin
Daai honde lyk lus vir die dinge van jag.
Ek wonder net of hulle ook baie hare verloor soos n Jack Russel? Die hare maak my mal!
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 1:24 pm
by FHM
Marlin wrote:Daai honde lyk lus vir die dinge van jag.
Ek wonder net of hulle ook baie hare verloor soos n Jack Russel?
Die hare maak my mal!
Ek hoor jou - my JR word elke fkn aand geborsel en die volgende oggend is dit net hare waar hy geslaap het.
Het al met die VET gesels hierso - sy se dis maar JR se ding daai - niks wat ons kan doen nie.
Re: Jagdterrier
Posted: Thu Sep 22, 2016 9:22 pm
by Willem Grobler
Skeer jou JR se hare elke 4-6 maande. Dit help geweldig baie vir haarverlies
Re: Jagdterrier
Posted: Fri Sep 23, 2016 6:12 am
by Reggie Gerber
FHM wrote:Marlin wrote:Daai honde lyk lus vir die dinge van jag.
Ek wonder net of hulle ook baie hare verloor soos n Jack Russel?
Die hare maak my mal!
Ek hoor jou - my JR word elke fkn aand geborsel en die volgende oggend is dit net hare waar hy geslaap het.
Het al met die VET gesels hierso - sy se dis maar JR se ding daai - niks wat ons kan doen nie.
Laat hom buite slaap

Re: Jagdterrier
Posted: Sun Sep 25, 2016 12:03 pm
by shanenel
Hallo Arnold, die Jagdts is baie skaars in Suid Afrika.Ek besit n teef wat van duitse bloedlyne afkomstig is.Ek persoonlik weet van drie eienaars is Suid afrika maar hulle honde is almal verwand.Die honde is nie vir almal nie hulle is soos JRT met turbos in.Hulle is hoogs intelligent en het super neuse.As jy van n mooi tuin hou gaan julle kop stamp die jagdts is gebore om te grawe.Ek het baie JR T gehad gladde haar en steekhaar maar as jy eers die Jagdt ontmoet het sal jy nie weer na ander terriers kyk nie.Hulle verg net baie aandag en spasie om energie te brand.
Re: Jagdterrier
Posted: Sun Sep 25, 2016 1:03 pm
by Arnold van Wyk
Baie dankie, ek het nou al alles oor hulle gelees, en wil nog steeds een kry. Een duitse teller het al terug gekom, maar twee jaar oud teef kyk ek na R50 000.00 eina.
Re: Jagdterrier
Posted: Sun Sep 25, 2016 7:06 pm
by Trompie
FHM wrote:Marlin wrote:Daai honde lyk lus vir die dinge van jag.
Ek wonder net of hulle ook baie hare verloor soos n Jack Russel?
Die hare maak my mal!
Ek hoor jou - my JR word elke fkn aand geborsel en die volgende oggend is dit net hare waar hy geslaap het.
Het al met die VET gesels hierso - sy se dis maar JR se ding daai - niks wat ons kan doen nie.
Ek skeer my Jack Russel dan verloor hy nie veel hare nie. Ek het knipper gekoop om honde te skeer en skeer hom sodra hy weer begin baie hare afgooi. Werk al vir baie jare vir my. My Jack is 12 jaar oud nou
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Jagdterrier
Posted: Sun Sep 25, 2016 8:55 pm
by Baasvark
shanenel wrote:Hallo Arnold, die Jagdts is baie skaars in Suid Afrika.Ek besit n teef wat van duitse bloedlyne afkomstig is.Ek persoonlik weet van drie eienaars is Suid afrika maar hulle honde is almal verwand.Die honde is nie vir almal nie hulle is soos JRT met turbos in.Hulle is hoogs intelligent en het super neuse.As jy van n mooi tuin hou gaan julle kop stamp die jagdts is gebore om te grawe.Ek het baie JR T gehad gladde haar en steekhaar maar as jy eers die Jagdt ontmoet het sal jy nie weer na ander terriers kyk nie.Hulle verg net baie aandag en spasie om energie te brand.
Tog moes jy joune van iemand af gekry het?
Vertel bietjie, nou sel nuuskierig oor die eas!
Re: Jagdterrier
Posted: Sun Sep 25, 2016 8:57 pm
by Bernhardt
Ek stel ook belang, maar 50k is net mal. Sal ook graag wil weet wàar het jul gekry?