Roovoels en Valkenierskap

Avibus

Roovoels en Valkenierskap

Post by Avibus »

Enige navrae oor roofvo?ls  en valkenierskap, julle is welkom
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Louis102 »

Avibus wrote: Enige navrae oor roofvo?ls  en valkenierskap, julle is welkom
Oom Takoeza vra of jy 'n GROTE kry wat jy kan leer om 'n jakkals uit te haal?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by JACQUES BOTHA »

OOM LEEU
AL GROOT ENE WAT BESKIKBAAR IS , IS DIE EEN WAT DEUR N MENS GEVLIEG WORD...EN AS OOM TAKOEZA SOO EFFENS OMINENT OM DIE MIDDEL IS  EN AAN TROMBOSE LEI  SAL HY NIE KAN SAAMVLIEG NIE. MAAR ONS HET MOS KLA OOR DIE KOSTES VAN DAAI VLIEGMASJIEN GEPRAAT --DOELTREFFEND ---SOMS..
MA TOMMA WEET HOE VOEL DIT AS DAAI VLIEGMASJIEN N GRONDMASJIEN WORD......KLINK MY GELUKKIG NIE TE VER GEVAL NIE...
TOMMA PRAAT MAAR UIT .......   
Shoot straight and tell the truth!
Avibus

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Avibus »

As jy na you tube gaan en jy soek onder "hunting wolves with eagles in Mongolia" is daar baie 'clips' wat wys hoe wolwe gejag word met arende. Steeds vandag word wolwe in Kazakstan gejag vir hul pelse wat veruil of verkoop word op markte in Mongolie. As jy na al die "clips" kyk wonder ek hoe lank dit nog gaan neem voordat die groenes hulle gaan begin bykom.

Ek het al dit oorweeg om 'n proeflopie te doen om 'n witkruisarend  wat die eweknie van die goue arend in Afrika is op te lei om jakkalse te vang. Ek glo dit kan gedoen word, maar ek bly op hoewe van 4 hektaar en vir die arende het jy ruimte nodig. Dikwels met die studie van arende veral onder witkruise en breekoparende vind jy by hul neste reste van jong jakkalse en jong rooikatte.

Indien 'n witkruis 'n rooikat in die dag gewaar naby sy nesgebied sal hy hom bom, so die boere in die karoo gebiede moet op die uitkyk wees van die tekens.

Om terug te kom - ja ek glo jaakalse kan suksesvol gejag word met arende in Suid Afrika.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Freddie101 »

Avibus
Welkom op die forum. Diekundigheid word net meer.
Kyk na die foto hieronder. Nadat ons n hele paar boerbokkies verloor het en die witkruise in die omgewing opgemerk het, het ekdie foto onder eskompale geneem wat vir my lyk net soos die hare van die klein boerbokkies. Wat sou jy se. Ek weet dat n uil so haarbal opbring maar weet nie of n witkruis dit ook doen nie.
Groete Freddie
Image
yol bolsun
Avibus

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Avibus »

Hi Freddie

Ons verwys na die haarbol as 'n "cast". Binne 24 uur nadat 'n roofvoel gevreet het bring hy 'n cast op wat uit krop opkom wat bestaan uit onverteerbare beentjies, hare vere ens. Interessant uile het nie 'n krop nie daarom sterf hulle so maklik aan vergiftiging. Verder gereeld eet roofvoels ronde klippies wat tot in die gaan en deur die vorming van die cast die krop wand skoon skuur, waarna dit weer opgebring word.

Op 'n ander noot, hoe plaas een 'n foto in jou post?

Groete
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Louis102 »

Avibus wrote: ... ja ek glo jaakalse kan suksesvol gejag word met arende in Suid Afrika....
Avibus

Ek is 'n totale leek op die gebied, maar jy klink vir my na die man wat ons nodig het!  Ek soek een van daai grotes ("Marchell Eagle"????? - weet nie hoe spel jy dit nie, maar hy het sulke wit bene en hy is BAIE groot).  Sal so 'n grote nie beter doen nie?  Die witkruis en breekop lyk vir my 'n bietjie lig in die broek, of is ek verkeerd?  Hier is heelparty van hulle by my op die plaas, maar die jakkalse is steeds vollop.

Dit sal darem lekker wees om so 'n groot arend uit te stuur om die jakkies te loop vang terwyl ek lekker sit en rugby kyk Saterdag.  Hy kan dalk vir Tafjak & Kie uit besigheid uithaal ;)  Of is dit nie heeltemal hoe dit werk nie?  Sal hy die verskil tussen 'n dorperlam en 'n jakkals ken?  Sal hy in die nag ook kan opereer, want dit is wanneer my jakkalse, lyk my, bedrywig is?

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Avibus

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Avibus »

Hi Louis

Die grootste arend in SA is die bre?koparend (Martial Eagle). Arende ken die verskil tussen 'n dorper lam en 'n jakkals. As jy 'n roofvoel oplei vir jagdoeleinds 'enter" jy hom op die prooi wat jy sou verkies om te jag. As dit sou jakklase wees sou jy hom leer op jakkalse en in 'n jag situasie as jy hom bloot stel aan jakkalse sal hy gou die assosiasie maak om jaakalse as voorkeur prooi te vang.

Destyds het ek voels beheer op die lughawens met valke. Op een staduim het dikkoppe taamlik die ouens grys hare gegee, waarna ons hulle in die nag met "spotlights" gejag het met 'n valk.

As mens is ons geneig om diere binne 'n raamwerk te plaas van vermoens. Gewoonlik word ons onbewustelik gekondisioneer oor inligting oor diere deur dit wat ons waarneem en lees of naslaan. Glo my elke dier het sy eie unieke persoonlikheid ongeag of hy van dieselfde spesie is. Destyds het ek 'n edelvalk in Garies gevang. Sy het so 760gm geweeg. As valkenier weet ons gewoonlik wat die beperking van elke roofvoel is, en gewoonlik stel ons hulle nie bloot aan prooi wat ons weet hulle nie sal jag nie. In die geval met die opleiding van die valk onderskep sy toe per toeval onbepland 'n geelbek eend. Tot op daardie staduim was dit ongehoord dat 'n edelvalk 'n eend sou neem. Hoe meer ons gejag het hoe meer het sy die vermoe ontwikkel om geelbek eende te vang. Dit het my geleer om buite die 'boks" te dink.

Predatore is die diere wat die vermoe het om die vinnigste aan te pas en hulle te orienteer in 'n nuwe omgewing. Onmiddellik pas hulle hul gedrag aan om hulle die beste kans te gee om suksesvol te jag. Byvoorbeeld valke en kraaie was ongehoord in die stad. Oor die laaste vyf jaar het hulle stadigaan in stede begin inkom en so goed aangepas en hulle jag tegnieke gewysig om suksesvol te kan oorleef.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Louis102 »

Avibus

Ek het jou ges? ek is 'n leek op die gebied!  Duidelik het ek ook nie geweet wat 'n bre?kop arend is nie.  Ek het wel 'n paar al in lewende lywe gesien en hulle is ongelooflike skepsels - en strek!  Ek was by waar 'n roofvo?l kenner een probeer vang en "tag" het.  Daardie Arend het die man se hokkie met rotte in opgetel en 'n ent daarmee gevlieg voordat hy losgekom het.  Ek kon dit nie glo nie.  So 'n arend sal 'n jakkals kan optel en vlieg - ongetwyfeld, maar wat sal sy manier van doodmaak wees?  Is dit die kloue wat hy inslaan of pik hy hom dood?  Jammer as die vrae dom is, maar ek weet regtig niks.

Die ander uitdaging wat ek sien is dat 'n jakkals redelik slu is en die tyd wat jy hom fisies sien gewoonlik van korte duur is.  Miskien sal dit werk as jy 'n jakkals inroep en dan vir Mnr Arend op hom loslaat?  Die moeilikheid is dat as die arend mis is dit verby.  'n Jakkals maak nie sommer twee keer die selfde fout nie.  Wat ek probeer s? is dat die opleiding nogal 'n enorme uidaging mag wees - uit 'n leke oogpunt natuurlik.  Vir eers hou ek maar by die .243 - hy is al mooi geleer en is redelik dodelik.  Laat weet hoe dit gaan as jy na so 'n stap oorgaan - en beeldmateriaal van die vo?l se vangste sal 'n enorme treffer op hierdie forum wees!

Sterkte
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Avibus

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Avibus »

Louis

Die doodmaak arsenaal van die arend sal maar hoofsaaklik die kloue wees. Gekyk na die vise van roofvoels sal hulle ongetwyfeld gou 'n jakkals in die veld sien. Die jakkals manne waarmee ek al gesels het s? dat terwyl jy in die veld is l? en kyk die rooikat en jakkals vir jou van v?r af, sonder dat jy dit weet, dus die visie van 'n arend sal 'n groot rol speel in 'n susksesvolle jag.

Om 'n breer prentjie te skep die volgende. As valkeniers noet ons deurlopend ons jag areas wissel want die prooi spesies leer ken later jou voertuig en die gevaar wat jy bring, so hulle gee pad dan vinnig. Gekyk na die toepassing op jakkalse sal die jakkalse gou leer dat daar 'n nuwe gevaar in die omtrek is en en wyk. Nou moet die aanpasbaarheid van jakkals se kind nie vergeet word nie, maar ooreenstemmend moet die valkenier alternatiewe jagmetodes toepas. Ek glo ek kan met sekerheiod s? dat die gereelde teenwoordigheid wat jag in die gebied en veral jaakkals vang 'n groot invloed op jakkalse in daardie betrokke gebied sal h?.

Heinrich het my nou gewys hoe om 'n image te laai, so hier is my eerste probeerslag

Image
Ambessa

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Ambessa »

Hallo Avibus

Mooi foto van die twee vriende.

Ambessa
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Ja3 »

Avibus

Daardie foto is "timeless". Baie mooi.

Ja3
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Freek »

Kan jy nou glo! Avibus, ek is ook soos oom Louis 'n totale leek op die gebied en dit is baie interesant om te sien hoe jy die ding doen... 8)

Oom Louis, wat is oom Takoeza se opinie oor die onderwerp? Is oom Takoeza nie 'n ou valkenier nie? ::)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Louis102 »

Freek wrote: ...Oom Louis, wat is oom Takoeza se opinie oor die onderwerp? Is oom Takoeza nie 'n ou valkenier nie?...
Freek

Sal hom vra as ek hom weer sien.  Hy raak agterdogtig oor al die vrae wat ek hom vra.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Freddie101 »

Avibus
Mooi foto. Jammer was n paar dae af (telkom).Maar ek sien jy het reggekom met foto. Wat se prooi en wat se valk. Sien ek is ook n leek. 
Freddie
yol bolsun
Avibus

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Avibus »

Hi Freddie

Die valk is "hybrid". Ek verwys altyd na hulle as "boeings". Die valk is uit 3 spesies geteel naamlik 'n Scottish Peregrine  (25%), Gyr (50%) en 'n Saker (25%). Kunsmatig deur inseminasie word hulle bevrug en geteel. Die valk het ek ook aangekoop by 'n maatskappy Gyr-Tec, wat spesialiseer in die teel van groot jagvalke om groter prooi te vang. Hulle het 'n oulike webtuiste as jy wil gaan kyk.

Die prooi is 'n patrys.
Ambessa

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Ambessa »

Hallo Avibus
Avibus wrote:...Die valk is "hybrid". Ek verwys altyd na hulle as "boeings". Die valk is uit 3 spesies geteel naamlik 'n Scottish Peregrine  (25%), Gyr (50%) en 'n Saker (25%). Kunsmatig deur inseminasie word hulle bevrug en geteel. Die valk het ek ook aangekoop by 'n maatskappy Gyr-Tec, wat spesialiseer in die teel van groot jagvalke om groter prooi te vang.
...soos meeste uoens is ek ook dom oor die soort vo?ls of gevleuelde gevaartes. Wonder nou net, word permitte ens. benodig om valke (selfs die "hybrids") aan te hou en daarmee te jag?

Laat weet gerus.

Ambessa
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by JACQUES BOTHA »

AM
EK DINK CALLER IS DIE MAN WAT JOU KAN HELP, MAAR DIT SAL VERSKIL VAN PROVINSIE TOT PROVINSIE NA GELANG VAN DIE ORDINANSIE...EK WEET AS JY N VOEL SIEN IS DIE KANS AMPER 80% DAT HY ONDER DIE BESKERMDE WILD AFDELING SAL VAL OF BESKERMDE DIERE , EN AS EK REG ONTHOU IS DIT WAAR DIE PERMIT EN ALLIE WET GOED VAN TOEPASSING KOM.. MAAr as die hybrits nie in die wet of ordonansie beskryf is nie, kan jy dalk by die agterdeur inglip met so  diertjie behalwe as die wet manne die as n eksotiese diertjie kan omskryf , maar ek ken nie die goeters en dinge so by die naam nie, maar ek dink caller sal groot genoee he om ons van die feite te vergewis...hy ken daai goed jong...
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Caller »

Ambessa

Alle roofvoels is beskerm en benodig al die pad permitte om enige aksie met hulle uit te voer.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Beyers »

Hierdie spelletjie is van die die lekkerste sport met klere aan.
Mens moet lid wees van 'n klub, en die het ook vereistes wat gestel word per soort roofvoel. Eers moet jy appie tyd deurmaak, waar jy leer oor opleiding hantering versorging edm. Dan kan jy met hulp van 'n meester 'n rooivalk kry (natuurlik met F&F se permitte). Wanneer jy edelvalke en Swartsperwers wil vlieg moet jy 'n hond, telemetry en duiwe ens. he. Daar is nog baie vereistes warmee avibus ons kan vermaak.

As jy met die sport begin hou jou gewone lewe op. Alles wentel om die valk. Jy gaan nie Desember see toe nie, want die valk verveer en jy moet sorg dat die vere goed uitgroei om in die winter op plekke soos Rhodes, Dordrecht, en die Vrystaat ;) vakansie te hou.
Mammie is gewoonlik ook erg opgewonde oor die feit dat die valk in die voorhuis bly met die gepaardgaande voel uitskeidings. Andersyds is daar aanbouings aan die huis wat vir die voeltjie die lewe gemaklik sal maak.
Die telery van die voels is 'n wetenskap op sy eie. As mens begin kyk na die "custom" voels is dit baie interessant. Krap maar op die net om die inligting te kry. Maar dit behels in kort 'n affair met mans en dames van die die vere aard.

As student in PE het ek met 'n Afgos gejag uit my kar uit. Ons het die valkie onder die vensterbank gehou sodat hy/sy nie kon uitsien uit die kar uit nie. Dan het jy wanneer jy die swart spreeus gewaar die venster oopgedraai en die valk uit die bewegende voertuig laat vlieg, so 30km/u. Dit was net mis en vere as hy die spreeu vang. Die sports was egter as die valk wegvlieg dan is dit mure rotwiellers en moerige ou tannies as jy van blok tot blok sommer kortpad vat oor erwe om die valk te vang. (natuurlik in die stil woonbuurte met bree sypaadjies het dit perfek gewerk) Ek wonder hoekom ek 6jaar aan 'n 4jaar graad geswot het.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by JACQUES BOTHA »

6 JAAR GENEEM AAN 4 JAAR KURSUS.
NR 1. JY WERK AAN N LOOP-BAAN NIE N REN-BAAN.
NR2. MENS MAG NIKS AFRAMMEL NIE ---NIKS---
Shoot straight and tell the truth!
Avibus

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Avibus »

Aan die hand van die kommentaar is valkenierskap 'n leefwyse. Die ambag is lank, maar jou kennis reik verder uit as bloot valke. Om suksesvol te kan werk moet jy die natuur goed kan lees en daarop kan kapitaliseer om suksesvol te kan wees.

Telkemale het ek dit nou al beleef dat waar valkeniers my hulp vra omdat hy/sy sukkel om sy valk te ontwikkel , die valkenier die  die probleem is en nie die valk nie. Herhaaldelik het ek al gesien dat in baie gevalle leer die valk die  valkenier en nie andersom nie.

Jou blootstelling aan die natuur is volkome. Ek was 14 toe ek begin het en die laaste provinsie waar Valkenierskap gewettig is, was die Kaap.

Betreffende "hybrids". In werklikheid het 'n hybrid dieselfde status as 'n African Grey pappegaai,waar dit by permitte (aanhou)kom, behalwe as deel van die kombinasie peregrine (swerfvalk) is, dan verander sy status as gevolg van CITIES. Om 'n hybrid te mag jag moet jy 'n A-gegradeerde valkenier wees.

Gekyk na die konsep van valkenierskap pas dit eintlik 100% by die afrikaanse jag tradisie in. Ongelukkig as jy nie jou toerusting self kan maak nie(wat oorspronklik ook deel van die ambag was) kan dit duur raak, want omtrent alles van die klokkies tot die kappies word ingevoer en met die wisselkoers kan dit duur raak.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Beyers »

Ek het nou nog die blokke waarmee ek my klokkies gemaak het. My hoodblocks het ek vir iemand geleen en die het hulle misplaas.

Ek moet eerlik wees as ek se ek mis die sport. Dit bring jou werklik naby aan die natuur.

'n Engelse pointer op point, 'n valk so hoog bo jou dat hom nie kan sien nie, die wind wat in die klokkie fluit as die valk duik wanneer die patrys opvlieg. Die klap wanneer die valk die patrys stamp. My hart trek sommer 'n punt.

Die moeilikste besluit was om op te hou met die sport, 'n mens se tyd wat jy aan die voels spandeer vereis dat jy 'n werk moet he wat jou tyd gun. Base is nie so bly as jy se dat jy laat gaan wees want jou voel is soek nie. Dis net die eerste keer snaaks.
Ceroo

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by Ceroo »

Avibus, dis nou 'n mooi foto. Laat 'n mens sommer verlang die veld.
WOLFFE

Re: Roovoels en Valkenierskap

Post by WOLFFE »

GREETINGS!!!

FALCONRY IN SA.....HOW ...WHERE WHEN HOW??

PLEASE ADVISE.

THANX.
WOLFFE
Post Reply